99 Jehovah het koning geword.+ Laat die volke in beroering wees.+
Hy sit op die gerubs.+ Laat die aarde sidder.+
2 Jehovah is groot in Sion,+
En hy is hoog bo al die volke.+
3 Laat hulle u naam prys.+
Groot en vreesinboesemend, heilig is dit.+
4 En met die sterkte van ’n koning het hy die reg liefgehad.+
U het opregtheid stewig bevestig.+
Reg en regverdigheid in Jakob het u bewerkstellig.+
5 Verhef Jehovah ons God+ en buig julle neer voor sy voetbank;+
Hy is heilig.+
6 Moses en Aäron was onder sy priesters,+
En Samuel was onder dié wat sy naam aangeroep het.+
Hulle het Jehovah aangeroep, en hy het hulle bly antwoord.+
7 In die wolkkolom het hy met hulle bly praat.+
Hulle het sy herinneringe onderhou en die voorskrif wat hy aan hulle gegee het.+
8 O Jehovah ons God, u het hulle geantwoord.+
U was vir hulle ’n God wat vergifnis skenk+
En wat wraak uitoefen oor hulle berugte dade.+
9 Verhef Jehovah ons God+
En buig julle neer voor sy heilige berg.+
Want Jehovah ons God is heilig.+