Eksodus
15 Toe het Moses en die kinders van Israel hierdie lied tot Jehovah gesing en die volgende gesê:+
“Laat my tot Jehovah sing, want hy het hoog verhewe geword.+
Die perd en sy ruiter het hy in die see gewerp.+
2 Jah is my sterkte en my mag,+ want hy kom tot my redding.+
Hy is my God, en ek sal hom prys;+ my vader se God,+ en ek sal hom verhef.+
3 Jehovah is ’n krygsman.+ Jehovah is sy naam.+
4 Farao se strydwaens en sy krygsmag het hy in die see gewerp,+
En sy beste krygsmanne het in die Rooi See gesink.+
5 Die bruisende waters het hulle bedek;+ soos ’n klip het hulle in die dieptes afgesak.+
7 En in die volheid van u verhewenheid kan u dié neerwerp wat teen u opstaan;+
U stuur u brandende toorn uit, soos stoppels verteer dit hulle.+
8 En deur die asem van u neusgate+ is waters opgehoop;
Dit het bly staan soos ’n dam van vloedwaters;
Die bruisende waters is in die hart van die see gestol.
9 Die vyand het gesê: ‘Ek sal agtervolg!+ Ek sal inhaal!+
Ek sal buit verdeel!+ My siel sal versadig word van hulle!
Ek sal my swaard trek! My hand sal hulle verdryf!’+
10 U het met u asem geblaas,+ die see het hulle bedek;+
Hulle het soos lood in majestueuse waters gesink.+
11 Wie onder die gode is soos u, o Jehovah?+
Wie is soos u, magtig in heiligheid?+
Die Een wat gevrees moet word+ met lofliedere,+ die Een wat wonders doen.+
12 U het u regterhand uitgesteek,+ die aarde het hulle verswelg.+
13 In u liefderyke goedhartigheid het u die volk gelei wat u verlos het;+
In u krag sal u hulle beslis na u heilige woonplek voer.+
14 Volke sal hoor,+ hulle sal in beroering wees;+
Geboortepyne+ sal die inwoners van Filisteʹa aangryp.
15 In dié tyd sal die sjeiks van Edom inderdaad ontsteld wees;
Wat die despote van Moab betref, bewing sal hulle aangryp.+
Al die inwoners van Kanaän sal inderdaad mismoedig wees.+
16 Skrik en angs sal op hulle val.+
Weens die grootheid van u arm sal hulle bewegingloos wees soos ’n klip,
Totdat u volk+ verbytrek, o Jehovah,
17 U sal hulle bring en hulle plant op die berg van u erfdeel,+
’n Vaste plek wat u gereedgemaak het vir u om in te woon,+ o Jehovah,
’n Heiligdom,+ o Jehovah, wat u hande opgerig het.
18 Jehovah sal as koning heers tot onbepaalde tyd, ja, vir ewig.+
19 Toe Farao se perde+ met sy strydwaens en sy ruiters in die see ingegaan het,+
Het Jehovah die waters van die see oor hulle laat terugvloei,+
Terwyl die kinders van Israel op droë grond deur die see geloop het.”+
20 En die profetes Mirjam, Aäron se suster,+ het ’n tamboeryn in haar hand geneem;+ en al die vroue het saam met haar begin uitgaan met tamboeryne en in danse.+ 21 En Mirjam het die manne in wisselsang bly antwoord:+
“Sing tot Jehovah,+ want hy het hoog verhewe geword.+
Die perd en sy ruiter het hy in die see gewerp.”+
22 Later het Moses Israel van die Rooi See laat wegtrek, en hulle het uitgetrek na die wildernis van Sur,+ en hulle het drie dae lank in die wildernis getrek, maar hulle het geen water gevind nie.+ 23 Na verloop van tyd het hulle by Mara gekom,+ maar hulle kon nie die water van Mara drink nie omdat dit bitter was. Daarom het hy dit Mara genoem.+ 24 En die volk het teen Moses begin murmureer+ en gesê: “Wat moet ons drink?” 25 Toe het hy tot Jehovah geroep.+ En Jehovah het hom ’n boom gewys, en hy het dit in die water gegooi, en die water het soet geword.+
Daar het Hy vir hulle ’n voorskrif en ’n presedent vir oordeel vasgestel en daar het hy hulle op die proef gestel.+ 26 En hy het gesê: “As jy nougeset na die stem van Jehovah jou God luister en doen wat reg is in sy oë en inderdaad na sy gebooie luister en al sy voorskrifte onderhou,+ sal ek geeneen van die kwale op jou lê wat ek op die Egiptenaars gelê het nie;+ want ek is Jehovah wat jou gesond maak.”+
27 Daarna het hulle by Elim gekom, waar twaalf waterfonteine en sewentig palmbome was.+ Toe het hulle daar by die water kamp opgeslaan.