Jesaja
35 Die wildernis en die waterlose streek sal jubel,+ en die woestynvlakte sal bly wees en bloei soos die saffraan.+ 2 Dit sal vir seker bloei,+ en dit sal werklik bly wees met blydskap en met vreugdegeroep.+ Die heerlikheid van die Liʹbanon sal daaraan gegee word,+ die prag van Karmel+ en van Saron.+ Daar sal dié wees wat die heerlikheid van Jehovah sal sien,+ die prag van ons God.+
3 VERSTERK die swak hande en maak die wankelende knieë sterk.+ 4 Sê vir dié wat angstig van hart is:+ “Wees sterk.+ Moenie bang wees nie.+ Kyk! Julle God sal kom met wraak,+ ja, God met vergelding.+ Hy sal kom en julle red.”+
5 Dan sal die oë van die blindes geopen word,+ en die ore van die dowes sal ontsluit word.+ 6 Dan sal die kreupele net soos ’n takbok klim+, en die tong van die stomme sal van vreugde uitroep.+ Want in die wildernis sal waters uitbreek, en strome in die woestynvlakte. 7 En die verskroeide grond sal soos ’n rietpoel word, en die dorsland soos waterfonteine.+ In die woonplek van jakkalse,+ ’n rusplek vir hulle, sal daar groen gras met riete en papirusplante+ wees.
8 En daar sal beslis ’n grootpad+ wees, ja, ’n weg; en dit sal die Weg van Heiligheid genoem word.+ Die onreine sal nie daarop trek nie.+ En dit sal wees vir die een wat op die weg wandel, en geen dwase sal daarop ronddwaal nie. 9 Daar sal geen leeu wees nie, en die wrede wilde diere sal nie daarop kom nie.+ Nie een sal daarop aangetref word nie;+ en die teruggekooptes sal daarop wandel.+ 10 En dié wat deur Jehovah losgekoop is, sal terugkeer+ en beslis met vreugdegeroep na Sion kom;+ en blydskap tot onbepaalde tyd sal op hulle hoof wees.+ Verheuging en blydskap sal hulle verkry, en droefheid en gesug sal wegvlug.+