Klaagliedere
א [ʼAʹlef]
2 Hoe oordek Jehovah tog in sy toorn die dogter van Sion met wolke!+
Hy het die prag van Israel+ uit die hemel op die aarde neergewerp.+
En hy het nie aan sy voetbank+ gedink op die dag van sy toorn nie.
ב [Bet]
2 Jehovah het verswelg, hy het geen medelye met enige woonplek+ van Jakob gehad nie.
In sy grimmigheid het hy die vestings+ van die dogter van Juda afgebreek.
Hy het dit met die aarde in aanraking gebring,+ hy het die koninkryk+ en haar vorste+ ontheilig.
ג [Giʹmel]
3 In gloeiende toorn het hy elke horing van Israel afgekap.+
Hy het sy regterhand teruggetrek voor die vyand;+
En in Jakob bly hy brand soos ’n vlammende vuur wat rondom verteer het.+
ד [Daʹlet]
4 Hy het sy boog soos ’n vyand getrap.+ Sy regterhand+ het sy plek ingeneem
Soos ’n teenstander,+ en hy het almal gedood wat begeerlik was vir die oë.+
In die tent+ van die dogter van Sion het hy sy woede uitgestort, soos vuur.+
ה [Heʼ]
5 Jehovah het soos ’n vyand geword.+ Hy het Israel verswelg.+
Hy het al haar woontorings verswelg;+ hy het sy vestings verwoes.+
En in die dogter van Juda laat hy getreur en geweeklaag oorvloedig wees.+
ו [Wau]
6 En hy behandel sy hut+ gewelddadig soos een in ’n tuin.+ Hy het sy fees tot niet gemaak.
Jehovah het in Sion fees+ en sabbat laat vergeet,
En in die toorn van sy veroordeling toon hy geen respek vir koning en priester nie.+
ז [Saʹjin]
7 Jehovah het sy altaar verstoot.+ Hy het sy heiligdom minagtend verwerp.+
In die hand van die vyand het hy die mure van haar woontorings oorgelewer.+
In die huis van Jehovah het hulle hulle stem laat hoor, soos op ’n feesdag.+
ח [Get]
8 Jehovah het daaraan gedink om die muur+ van die dogter van Sion te verwoes.
Hy het die meetsnoer gespan.+ Hy het sy hand nie daarvan weerhou om te verswelg nie.+
En hy laat skans en muur treur.+ Saam het hulle verval.
ט [Tet]
9 Haar poorte+ het in die grond ingesink. Hy het haar grendels vernietig en in stukke gebreek.
Haar koning en haar vorste is onder die nasies.+ Daar is geen wet nie.+
Haar profete het ook geen visioen van Jehovah ontvang nie.+
י [Jod]
10 Die ouer manne van die dogter van Sion gaan sit op die grond, waar hulle die swye bewaar.+
Hulle het stof op hulle kop gegooi.+ Hulle het saklinne aangegord.+
Die maagde van Jerusalem het hulle kop tot op die grond laat hang.+
כ [Kaf]
11 My oë het aan hulle einde gekom in trane.+ My ingewande is in beroering.+
My lewer is op die grond uitgestort,+ weens die ineenstorting van die dogter van my volk,+
Weens die versmagting van kind en suigeling op die openbare pleine van die stad.+
ל [Laʹmed]
12 Vir hulle moeders het hulle bly sê: “Waar is graan en wyn?”+
Omdat hulle versmag soos iemand wat omgebring is op die openbare pleine van die stad,
Omdat hulle siel uitgestort word in die boesem van hulle moeders.
מ [Mem]
13 Waarvan sal ek jou as getuie gebruik? Wat sal ek met jou vergelyk, o dogter van Jerusalem?+
Wat sal ek met jou gelykstel, sodat ek jou kan vertroos, o maagdelike dogter van Sion?+
Want jou breuk+ is so groot soos die see. Wie kan vir jou genesing bring?+
נ [Noen]
14 Jou profete het vir jou waardelose en onbevredigende dinge in visioene gesien,+
En hulle het nie jou oortreding blootgelê om ’n omkeer in jou gevangenskap te bring nie,+
Maar hulle het vir jou waardelose en misleidende uitsprake in visioene bly sien.+
ס [Saʹmek]
15 Almal wat met die pad verbygaan, het hulle hande geklap+ oor jou.
Hulle het gefluit+ en hulle kop bly skud+ oor die dogter van Jerusalem en gesê:
“Is dit die stad waarvan hulle gesê het: ‘Dit is die vervolmaking van skoonheid, ’n vreugde vir die hele aarde’?”+
פ [Peʼ]
16 Oor jou het al jou vyande hulle mond oopgemaak.+
Hulle het gefluit en op die tande bly kners.+ Hulle het gesê: “Ons sal dit verswelg.+
Dit is inderdaad die dag waarop ons gehoop het.+ Ons het gevind! Ons het gesien!”+
ע [ʽAʹjin]
17 Jehovah het gedoen wat hy in gedagte gehad het.+ Hy het volbring wat hy gesê het,+
Wat hy sedert die dae van lank gelede beveel het.+ Hy het afgebreek en geen medelye betoon nie.+
En oor jou maak hy die vyand bly.+ Hy het die horing van jou teenstanders verhoog.+
צ [Sa·deʹ]
18 Hulle hart het na Jehovah geroep,+ o muur van die dogter van Sion.+
Laat trane soos ’n stroom afvloei, dag en nag.+
Moet jou nie gevoelloos laat word nie. Laat die appel van jou oog nie stil wees nie.
ק [Kof]
19 Staan op! Kerm gedurende die nag aan die begin van die môrewake.+
Stort jou hart uit+ soos water voor die aangesig+ van Jehovah.
Hef jou palms na hom op+ weens die siel van jou kinders,
Wat weens die hongersnood aan die bopunt van al die strate versmag.+
ר [Resj]
20 Kyk, o Jehovah, en aanskou tog+ die een teen wie u so streng opgetree het.
Moet die vroue hulle eie vrug bly eet, die kinders wat ten volle gevormd gebore is,+
Of moet priester en profeet in die heiligdom van Jehovah doodgemaak word?+
ש [Sjin]
21 Seun en ou man+ het op die grond in die strate gelê.+
My maagde en my jong manne het deur die swaard geval.+
U het doodgemaak op die dag van u toorn.+ U het ’n slagting aangerig;+ u het geen medelye gehad nie.+
ת [Tau]