Amos
6 “Wee dié wat in Sion gerus is+ en dié wat op die berg van Samariʹa vertrou! Hulle is die vooraanstaandes van die vernaamste deel van die nasies, en na hulle het die huis van Israel gekom. 2 Trek oor na Kalne en kyk; en gaan daarvandaan na die volkryke Hamat,+ en gaan af na Gat+ van die Filistyne. Is hulle beter as hierdie koninkryke, of is hulle gebied groter as julle gebied?+ 3 Sit julle die rampspoedige dag uit julle gedagtes,+ en bring julle die setel van geweld nader?+ 4 Julle wat op ivoorslaapbanke+ gaan lê en op julle divans uitgestrek lê en die ramme uit ’n kudde en die jong bulle onder vetgemaakte kalwers eet;+ 5 wat volgens die klank van die snaarinstrument+ liedjies maak; wat, soos Dawid, vir hulle instrumente vir sang+ uitgedink het; 6 wat uit bakke vol wyn drink+ en wat hulle met die keurigste olies+ salf en wat nie weens die katastrofe van Josef+ siek geword het nie.
7 “Daarom sal hulle nou in ballingskap gaan aan die voorpunt van dié wat in ballingskap gaan,+ en die swelgery van dié wat uitgestrek lê, moet verdwyn.
8 “‘Die Soewereine Heer Jehovah het by sy eie siel gesweer’,+ is die woord van Jehovah, die God van die leërs: ‘“Ek verfoei die trots van Jakob,+ en sy woontorings het ek gehaat,+ en ek sal die stad oorlewer met alles wat dit vul.+ 9 En as daar tien manne in een huis oorgebly het, moet hulle ook sterf.+ 10 En sy vader se broer sal hulle een vir een moet uitdra en sal hulle een vir een verbrand, om die beendere uit die huis uit te bring.+ En hy sal vir wie ook al in die binneste vertrekke van die huis is, moet sê: ‘Is daar nog by jou?’ En hy sal beslis sê: ‘Niemand!’ En hy sal moet sê: ‘Bewaar die swye! Want dit is nie die geleentheid om die naam van Jehovah enigsins te vermeld nie.’”+
11 “‘Want kyk, Jehovah gee bevel,+ en hy sal beslis die groot huis tot puin platslaan en die klein huis tot brokstukke.+
12 “‘Sal perde op ’n krans hardloop, of sal iemand met beeste daar ploeg? Want julle het geregtigheid in ’n gifplant verander+ en die vrug van regverdigheid in als, 13 julle wat julle verbly in iets wat nie is nie;+ wat sê: “Het ons nie in ons krag vir ons horings verkry nie?”+ 14 Kyk! Ek verwek ’n nasie teen julle,+ o huis van Israel’, is die woord van Jehovah, die God van die leërs, ‘en hulle sal julle onderdruk van die ingang van Hamat+ af tot by die stroomvallei van die Aʹraba.’”