Jona
2 Toe het Jona uit die ingewande van die vis tot Jehovah sy God gebid+ 2 en gesê:
“Uit my benoudheid het ek tot Jehovah geroep,+ en hy het my geantwoord.+
Uit die buik van Sjeool het ek om hulp geroep.+
U het my stem gehoor.+
3 Toe u my in die dieptes gewerp het, in die hart van die oop see,+
Het ’n rivier my omring.
Al u branders en u golwe—oor my het hulle gegaan.+
4 En wat my betref, ek het gesê: ‘Ek is verdryf, weg van u oë!+
Hoe sal ek u heilige tempel weer aanskou?’+
5 Waters het my tot aan die siel omring;+ die waterdiepte het my bly omsluit.
Seegras was om my kop gedraai.
6 Na die grondveste van die berge het ek afgedaal.
Wat die aarde betref, sy grendels was tot onbepaalde tyd op my.
Maar uit die kuil het u my lewe opgetrek, o Jehovah my God.+
7 Toe my siel in my versmag het,+ was dit aan Jehovah wat ek gedink het.+
Toe het my gebed tot u gekom, in u heilige tempel.+
8 Wat dié betref wat aan die afgode van onwaarheid agting betoon, hulle laat vaar hulle eie liefderyke goedhartigheid.+
9 Maar wat my betref, met die stem van danksegging sal ek offerandes aan u bring.+
Wat ek plegtig belowe het, sal ek betaal.+ Redding behoort aan Jehovah.”+
10 Na ’n ruk het Jehovah die vis bevel gegee, sodat hy Jona op die droë grond uitgebraak het.+