Numeri
5 En Jehovah het verder met Moses gepraat en gesê: 2 “Beveel die kinders van Israel om elke melaatse+ en elkeen wat ’n lopende afskeiding+ het en elkeen wat deur ’n afgestorwe siel onrein is,+ uit die kamp uit te stuur. 3 Hetsy ’n man of ’n vrou, julle moet hulle uitstuur. Julle moet hulle buite die kamp stuur,+ sodat hulle nie die kampe besmet+ van dié in wie se midde ek woon nie.”+ 4 En die kinders van Israel het dit gedoen, ja, hulle het hulle buite die kamp gestuur. Net soos Jehovah vir Moses gesê het, so het die kinders van Israel gedoen.
5 En Jehovah het voortgegaan om met Moses te praat en gesê: 6 “Praat met die kinders van Israel: ‘Wat ’n man of ’n vrou betref, as hulle enige van al die sondes van die mens doen deur ’n daad van ontrouheid teen Jehovah te pleeg, dan het dié siel skuldig geword.+ 7 En hulle moet hulle sonde wat hulle gedoen het, bely,+ en hy moet die volle bedrag van sy skuld teruggee, en ook ’n vyfde daarvan byvoeg,+ en hy moet dit gee aan die een wat hy veronreg het. 8 Maar as laasgenoemde geen naverwant het aan wie die skuldbedrag teruggegee kan word nie, behoort die skuldbedrag wat aan Jehovah teruggegee word, aan die priester, behalwe die versoeningsram waarmee hy vir hom versoening sal doen.+
9 “‘En elke bydrae+ van al die heilige dinge+ van die kinders van Israel, wat hulle vir die priester sal aanbied, moet syne word.+ 10 En elkeen se heilige dinge sal syne bly. Wat elkeen ook al aan die priester gee, dit sal syne word.’”
11 En Jehovah het verder met Moses gepraat en gesê: 12 “Praat met die kinders van Israel, en jy moet vir hulle sê: ‘As iemand se vrou afwyk deurdat sy ’n daad van ontrouheid teen hom pleeg,+ 13 en ’n ander man by haar gaan lê en ’n saadstorting het,+ en dit vir die oë van haar man verborge gebly het+ en dit nie ontdek is nie, en sy haar verontreinig het, maar daar geen getuie teen haar is nie en sy nie betrap is nie; 14 en die gees van jaloesie+ oor hom gekom het en hy agterdogtig geraak het oor sy vrou se getrouheid, en sy haar werklik verontreinig het, of die gees van jaloesie oor hom gekom het en hy agterdogtig geraak het oor sy vrou se getrouheid, maar sy haar in werklikheid nie verontreinig het nie; 15 dan moet die man sy vrou na die priester toe bring+ en haar offer saam met haar bring, ’n tiende van ’n efa garsmeel. Hy mag geen olie daarop gooi of wierook+ daarop sit nie, want dit is ’n graanoffer van jaloesie, ’n graanoffer ter gedagtenis, wat oortreding in herinnering bring.
16 “‘En die priester moet haar na vore bring en haar voor Jehovah stel.+ 17 En die priester moet heilige water in ’n erdehouer neem, en die priester moet van die stof neem wat op die vloer van die tabernakel is, en hy moet dit in die water gooi. 18 En die priester moet die vrou voor Jehovah stel en die hare van die vrou se kop losmaak en die graanoffer ter gedagtenis, dit wil sê die graanoffer van jaloesie,+ op haar palms sit, en in die hand van die priester moet die bitter water wees wat ’n vloek bring.+
19 “‘En die priester moet haar laat sweer, en hy moet vir die vrou sê: “As geen man by jou gelê het nie en as jy, terwyl jy onder jou man was,+ nie afgewyk het in enige onreinheid nie, wees dan vry van die uitwerking van hierdie bitter water wat ’n vloek bring. 20 Maar jy, as jy afgewyk het terwyl jy onder jou man was+ en as jy jou verontreinig het en die een of ander man, behalwe jou man, sy saadstorting in jou gegee het+—” 21 Die priester moet die vrou dan laat sweer met ’n eed van vervloeking,+ en die priester moet vir die vrou sê: “Mag Jehovah jou tot ’n vervloeking en ’n eed stel onder jou volk deurdat Jehovah jou dy+ laat inval en jou buik laat opswel. 22 En hierdie water wat ’n vloek bring, moet in jou ingewande ingaan om jou buik te laat opswel en die dy te laat inval.” Hierop moet die vrou sê: “Amen! Amen!”
23 “‘En die priester moet hierdie vervloekinge in die boek skryf+ en hulle daaruit in die bitter water invee.+ 24 En hy moet die vrou die bitter water wat ’n vloek bring,+ laat drink, en die water wat ’n vloek bring, sal as iets bitters in haar ingaan. 25 En die priester moet die graanoffer+ van jaloesie uit die vrou se hand neem en die graanoffer voor Jehovah heen en weer beweeg, en hy moet dit na die altaar bring. 26 En die priester moet ’n deel van die graanoffer as ’n gedenkdeel+ daarvan neem en dit op die altaar laat rook, en daarna moet hy die vrou die water laat drink. 27 Wanneer hy haar die water laat drink het, dan sal die water wat ’n vloek bring, as sy haar verontreinig het deurdat sy ’n daad van ontrouheid teen haar man gepleeg het,+ as iets bitters in haar ingaan, en haar buik sal opswel en haar dy sal inval, en die vrou sal ’n vervloeking onder haar volk word.+ 28 As die vrou haar egter nie verontreinig het nie, maar sy rein is, dan sal sy vry wees van so ’n straf;+ en sy moet met saad swanger gemaak word.
29 “‘Dit is die wet oor jaloesie,+ wanneer ’n vrou afwyk+ terwyl sy onder haar man is+ en sy haar verontreinig, 30 of in die geval van ’n man wanneer die gees van jaloesie oor hom kom en hy sy vrou van ontrouheid verdink; en hy moet die vrou voor Jehovah stel, en die priester moet hierdie hele wet op haar toepas. 31 En die man sal onskuldig wees aan oortreding, maar dié vrou sal verantwoording doen vir haar oortreding.’”