Romeine
4 Aangesien dit so is, wat sal ons dan sê van Abraham, ons voorvader+ na die vlees? 2 As Abraham byvoorbeeld as gevolg van werke regverdig verklaar is,+ sou hy rede gehad het om te roem; maar nie by God nie. 3 Want wat sê die Skrifgedeelte? “Abraham het geloof in Jehovah beoefen, en dit is hom as regverdigheid toegereken.”+ 4 En aan hom wat werk,+ word die betaling nie as ’n blyk van onverdiende goedhartigheid toegereken nie,+ maar as iets wat aan hom verskuldig is.+ 5 Aan hom daarenteen wat nie werk nie maar geloof stel+ in hom wat die goddelose regverdig verklaar, word sy geloof as regverdigheid toegereken.+ 6 Net soos Dawid ook praat van die geluk van die mens aan wie God regverdigheid toereken sonder werke: 7 “Gelukkig is dié wie se wettelose dade vergewe is+ en wie se sondes bedek is;+ 8 gelukkig is die mens wie se sonde Jehovah hom hoegenaamd nie sal toereken nie.”+
9 Is hierdie geluk dan vir besnedenes of ook vir onbesnedenes?+ Want ons sê: “Abraham se geloof is hom as regverdigheid toegereken.”+ 10 Onder watter omstandighede is dit dan toegereken? Toe hy besnede of onbesnede was?+ Nie toe hy besnede was nie, maar onbesnede. 11 En hy het ’n teken ontvang,+ naamlik die besnydenis, as ’n seël van die regverdigheid deur die geloof wat hy gehad het terwyl hy in sy onbesnede staat was, dat hy die vader sou wees+ van almal wat geloof het+ terwyl hulle onbesnede is, sodat regverdigheid aan hulle toegereken sou word; 12 en ’n vader van besnede nakomelinge, nie net vir dié wat aan die besnydenis vashou nie, maar ook vir dié wat ordelik wandel in die voetstappe van dié geloof wat ons vader+ Abraham in sy onbesnede staat gehad het.
13 Want dit was nie deur middel van die wet dat Abraham of sy saad die belofte gehad het+ dat hy die erfgenaam van ’n wêreld sou wees nie, maar deur middel van die regverdigheid deur geloof.+ 14 Want as dié wat aan die wet vashou, erfgename is, is geloof nutteloos gemaak en is die belofte tot niet gemaak.+ 15 In werklikheid bring die Wet gramskap voort,+ maar waar daar geen wet is nie, is daar ook geen oortreding nie.+
16 Daarom was dit as gevolg van geloof, dat dit ooreenkomstig onverdiende goedhartigheid+ kon wees, sodat die belofte+ seker sou wees vir al sy saad,+ nie net vir dié wat aan die Wet vashou nie, maar ook vir dié wat aan die geloof van Abraham vashou. (Hy is die vader+ van ons almal, 17 net soos daar geskrywe staan: “Ek het jou as ’n vader van baie nasies aangestel.”)+ Dit was voor die aangesig van die Een in wie hy geloof gehad het, ja, van God, wat die dooies lewend maak+ en die dinge wat nie is nie, roep asof hulle is.+ 18 Hoewel daar nie meer hoop was nie, het hy tog op grond van hoop geloof gehad,+ dat hy die vader van baie nasies+ kon word ooreenkomstig wat gesê is: “So sal jou saad wees.”+ 19 En hoewel hy nie swak geword het in geloof nie, het hy gedink aan sy eie liggaam, toe reeds asof dood,+ aangesien hy omtrent honderd jaar oud was,+ ook aan die dooie toestand van die moederskoot van Sara.+ 20 Maar weens die belofte+ van God het hy nie in ’n gebrek aan geloof gewankel nie,+ maar kragtig geword deur sy geloof,+ terwyl hy God die heerlikheid gegee het 21 en heeltemal daarvan oortuig was dat hy ook kon doen wat hy beloof het.+ 22 Daarom ‘is dit hom as regverdigheid toegereken’.+
23 Dat ‘dit hom toegereken is’,+ is egter nie net ter wille van hom geskryf nie,+ 24 maar ook ter wille van ons, aan wie dit bestem is om toegereken te word, omdat ons glo in hom wat Jesus, ons Here, uit die dode opgewek het.+ 25 Hy is oorgelewer ter wille van ons oortredings+ en is opgewek ter wille van ons regverdigverklaring.+