Galasiërs
4 Nou sê ek dat solank die erfgenaam ’n klein kindjie is, hy glad nie van ’n slaaf verskil nie,+ hoewel hy heer van alles is, 2 maar hy is onder toesighouers+ en onder bestuurders tot die dag wat sy vader vooraf bepaal het. 3 So het ons ook, toe ons klein kindertjies was, slawe gebly van die elementêre+ dinge wat tot die wêreld behoort. 4 Maar toe die voleinding van die tyd aangebreek het,+ het God sy Seun uitgestuur,+ wat uit ’n vrou gebore is+ en onder die wet te staan gekom het,+ 5 om dié onder die wet los te koop,+ sodat ons op ons beurt die aanneming as kinders kon ontvang.+
6 En omdat julle kinders is, het God die gees+ van sy Seun in ons harte gestuur, en dit roep uit: “Abba, Vader!”+ 7 Daarom is jy dan nie meer ’n slaaf nie, maar ’n kind; en indien ’n kind, dan ook ’n erfgenaam deur God.+
8 Maar toe julle God nie geken het nie,+ het julle dié wat van nature nie gode is nie, as slawe gedien.+ 9 Maar hoe is dit dat julle, noudat julle God leer ken het, of liewer, noudat julle deur God geken word,+ weer terugkeer tot die swak+ en armsalige elementêre+ dinge en hulle weer van voor af as slawe wil dien?+ 10 Julle hou nougeset dae+ en maande+ en tye en jare. 11 Ek vrees vir julle, dat ek op die een of ander wyse verniet+ met betrekking tot julle geswoeg het.
12 Broers, ek smeek julle: Word soos ek,+ want ek was ook eens soos julle.+ Julle het my geen onreg aangedoen nie.+ 13 Maar julle weet dat dit as gevolg van ’n siekte van my vlees was dat ek die goeie nuus die eerste keer aan julle bekend gemaak het.+ 14 En julle het wat vir julle ’n beproewing in my vlees was, nie met veragting bejeën of met afkeer daarop gespoeg nie; maar julle het my soos ’n engel+ van God ontvang, soos Christus Jesus.+ 15 Waar is daardie geluk wat julle gesmaak het dan?+ Want ek getuig van julle dat julle, as dit moontlik was, julle oë sou uitgegrawe en hulle vir my sou gegee het.+ 16 Wel, het ek dan julle vyand geword+ omdat ek julle die waarheid vertel?+ 17 Hulle soek julle ywerig,+ nie op ’n goeie manier nie, maar hulle wil julle van my afsluit, sodat julle hulle ywerig kan soek.+ 18 Dit is egter goed as julle te alle tye in ’n goeie saak ywerig gesoek word,+ en nie net wanneer ek by julle teenwoordig is nie,+ 19 my kindertjies,+ met wie ek weer in geboortepyne verkeer totdat Christus in julle gestalte kry.+ 20 Maar ek sou kon wens om nou by julle teenwoordig te wees+ en op ’n ander manier te praat, want ek is dronkgeslaan+ oor julle.
21 Sê vir my, julle wat onder die wet wil wees:+ Hoor julle nie die Wet nie?+ 22 Daar staan byvoorbeeld geskrywe dat Abraham twee seuns gehad het, een by die diensmeisie+ en een by die vry vrou;+ 23 maar die een by die diensmeisie is in werklikheid na die wyse van die vlees gebore,+ die ander by die vry vrou deur ’n belofte.+ 24 Hierdie dinge vorm ’n simboliese drama;+ want hierdie vroue beteken twee verbonde,+ die een afkomstig van die berg Siʹnai,+ wat kinders vir slawerny voortbring, en dit is Hagar. 25 En hierdie Hagar beteken Siʹnai,+ ’n berg in Arabië, en sy kom ooreen met die huidige Jerusalem, want sy is in slawerny+ met haar kinders. 26 Maar die Jerusalem+ daar bo is vry, en sy is ons moeder.+
27 Want daar staan geskrywe: “Wees bly, onvrugbare vrou wat nie geboorte gee nie; breek uit en roep hard uit, vrou wat nie geboortepyne het nie; want die kinders van die verlate vrou is talryker as dié van haar wat die man het.”+ 28 En ons, broers, is kinders wat tot die belofte behoort, net soos Isak was.+ 29 Maar net soos die een wat na die wyse van die vlees gebore is, daarna die een begin vervolg het+ wat na die wyse van die gees gebore is, so ook nou.+ 30 Wat sê die Skrifgedeelte nietemin? “Dryf die diensmeisie en haar seun uit, want die seun van die diensmeisie sal hoegenaamd nie saam met die seun van die vry vrou ’n erfgenaam wees nie.”+ 31 Ons is derhalwe nie kinders van ’n diensmeisie+ nie, broers, maar van die vry vrou.+