Efesiërs
2 Verder het God júlle lewend gemaak, hoewel julle dood was in julle oortredings en sondes,+ 2 waarin julle vroeër volgens die stelsel+ van dinge van hierdie wêreld gewandel het, volgens die heerser+ van die gesag van die lug, die gees+ wat nou in die seuns van die ongehoorsaamheid werk.+ 3 Ja, onder hulle het ons almal ons vroeër in ooreenstemming met die begeertes van ons vlees gedra,+ terwyl ons die dinge gedoen het wat volgens die wil van die vlees+ en die gedagtes was, en ons was van nature kinders van die gramskap,+ net soos die res. 4 Maar God, wat ryk is in barmhartigheid,+ het ons weens sy groot liefde waarmee hy ons liefgehad het,+ 5 saam met die Christus lewend gemaak, selfs toe ons dood was in oortredings+—julle is deur onverdiende goedhartigheid gered+— 6 en hy het ons saam opgewek+ en saam laat sit in die hemelse plekke+ in eenheid met Christus Jesus, 7 sodat die allesoortreffende rykdom+ van sy onverdiende goedhartigheid in sy goedgunstigheid teenoor ons wat in eenheid+ met Christus Jesus is, in die komende+ stelsels van dinge getoon kan word.
8 Ja, deur hierdie onverdiende goedhartigheid is julle deur middel van geloof gered;+ en dit is nie aan julle te danke nie,+ dit is God se gawe.+ 9 Nee, dit is nie aan werke te danke nie,+ sodat geen mens rede sou hê om te roem nie.+ 10 Want ons is ’n produk van sy werk+ en is in eenheid+ met Christus Jesus geskep+ vir goeie werke,+ wat God vooruitberei+ het vir ons om in te wandel.
11 Hou dus in gedagte dat julle vroeër ten opsigte van die vlees mense van die nasies was;+ julle is “onbesnedenheid” genoem deur dit wat “besnydenis” genoem word, wat in die vlees met hande verrig word+— 12 dat julle in dié tyd sonder Christus was,+ vervreemd+ van die staat Israel en vreemdelinge ten opsigte van die verbonde van die belofte,+ en julle het geen hoop gehad nie+ en was sonder God in die wêreld.+ 13 Maar julle wat eens ver weg was, het nou in eenheid met Christus Jesus naby gekom deur die bloed+ van die Christus. 14 Want hy is ons vrede,+ hy wat die twee partye+ een gemaak+ en die tussenmuur+ wat hulle geskei het,+ vernietig het. 15 Deur middel van sy vlees+ het hy die vyandskap,+ die Wet van gebooie wat in verordeninge bestaan,+ tot niet gemaak, sodat hy die twee volke+ in eenheid met homself tot een nuwe mens+ kon skep en vrede kon maak; 16 en sodat hy deur die folterpaal+ albei volke in een liggaam+ ten volle met God kon versoen,+ omdat hy die vyandskap+ deur middel van homself gedood het. 17 En hy het gekom en die goeie nuus van vrede+ bekend gemaak aan julle, dié wat ver weg was, en vrede aan dié wat naby was,+ 18 want deur middel van hom het ons, albei volke,+ deur een gees+ die toegang+ tot die Vader.
19 Julle is dus beslis nie meer vreemdelinge+ en inwonende vreemdelinge+ nie, maar julle is medeburgers+ van die heiliges+ en lede van die huisgesin+ van God, 20 en julle is opgebou op die fondament+ van die apostels+ en profete,+ terwyl Christus Jesus self die fondamenthoeksteen+ is. 21 In eenheid met hom groei die hele gebou, wat harmonies saamgevoeg is,+ tot ’n heilige tempel vir Jehovah.+ 22 In eenheid met hom+ word julle ook saam opgebou tot ’n plek vir God om deur gees te bewoon.+