Efesiërs
3 Daarom is dit dat ek, Paulus, die gevangene+ van Christus Jesus ten behoewe van julle, die mense van die nasies+— 2 as julle werklik gehoor het van die bestuurderskap+ van die onverdiende goedhartigheid van God wat met die oog op julle aan my gegee is, 3 dat die heilige geheim deur ’n openbaring aan my bekend gemaak is,+ net soos ek vantevore kortliks geskryf het. 4 Met die oog hierop kan julle, wanneer julle hierdie brief lees, ’n begrip kry van die insig+ wat ek in die heilige geheim+ van die Christus het. 5 In ander geslagte is hierdie geheim+ nie aan die mensekinders bekend gemaak soos dit nou deur gees aan sy heilige apostels en profete+ geopenbaar is nie,+ 6 naamlik dat mense van die nasies mede-erfgename moet wees en medelede van die liggaam+ en deelgenote met ons van die belofte+ in eenheid met Christus Jesus deur middel van die goeie nuus. 7 Ek het ’n bedienaar+ hiervan geword ooreenkomstig die vrye gawe van die onverdiende goedhartigheid van God wat aan my gegee is ooreenkomstig die wyse waarop sy krag werk.+
8 Aan my, iemand wat geringer is as die geringste+ van alle heiliges, is hierdie onverdiende goedhartigheid+ gegee, sodat ek die goeie nuus oor die onpeilbare rykdom+ van die Christus aan die nasies+ bekend sou maak 9 en mense sou laat sien hoe die heilige geheim+ uitgevoer word,+ wat van die onbepaalde verlede af verborge was in God, wat alles geskep het.+ 10 Dit het geskied sodat die uiters veelsydige wysheid van God+ nou deur middel van die gemeente+ aan die regerings en die owerhede+ in die hemelse plekke bekend gemaak kan word, 11 volgens die ewige voorneme wat hy gevorm het in verband met die Christus,+ Jesus ons Here, 12 deur middel van wie ons hierdie vrymoedigheid van spraak en toegang+ met vertroue deur ons geloof in hom het. 13 Derhalwe vra ek julle om nie moed op te gee weens hierdie verdrukkinge+ van my ten behoewe van julle nie, want dit beteken heerlikheid vir julle.
14 Om dié rede buig ek my knieë+ voor die Vader,+ 15 aan wie elke familie+ in die hemel en op die aarde sy naam te danke het,+ 16 dat hy ooreenkomstig die rykdom+ van sy heerlikheid aan julle sal gee om met krag deur middel van sy gees+ sterk gemaak te word in die mens wat julle innerlik is,+ 17 sodat die Christus deur julle geloof in julle harte kan woon met liefde;+ dat julle gewortel+ kan wees en gegrond op die fondament,+ 18 sodat julle heeltemal in staat kan wees om saam met al die heiliges verstandelik te begryp+ wat die breedte en lengte en hoogte en diepte+ is, 19 en om die liefde van die Christus+ te ken, wat kennis oortref, sodat julle vervul kan word met al die volheid+ wat God gee.
20 En aan hom wat, ooreenkomstig sy krag wat in ons aan die werk is,+ oneindig meer kan doen as alles wat ons vra of wat ons ons voorstel,+ 21 aan hom die heerlikheid deur middel van die gemeente en deur middel van Christus Jesus tot in alle geslagte, vir ewig en altyd.+ Amen.