Rigters
5 En op dié dag het Deboʹra+ saam met Barak,+ die seun van Abinoʹam,+ ’n lied aangehef+ en gesê:
2 “Omdat hulle in Israel die hare los laat hang het vir oorlog,
Omdat die volk hulle vrywillig aangebied het,+
LOOF Jehovah.+
4 Jehovah, toe u uit Seïr uitgegaan het,+
Toe u uit die gebied van Edom opgetrek het,+
Het die aarde gebewe;+ ook het die hemel gedrup,+
Ook het die wolke water gedrup.
5 Berge het weggevloei van die aangesig van Jehovah,+
Hierdie Siʹnai+ weg van die aangesig van Jehovah,+ Israel se God.+
6 In die dae van Samgar,+ die seun van Anat,
In die dae van Jael,+ was daar geen verkeer op die paaie nie,
En dié wat langs weë gereis het, het langs ompaaie gereis.+
7 Die bewoners van die oop land het ophou bestaan, in Israel het hulle ophou bestaan,+
Totdat ek, Deboʹra,+ opgestaan het,
Totdat ek as ’n moeder in Israel opgestaan het.+
8 Hulle het nuwe gode gekies.+
Toe was daar oorlog in die poorte.+
’n Skild was daar nie te sien nie, ook nie ’n lans nie,
Onder veertigduisend in Israel.+
10 Julle wat op geelrooi eselinne ry,+
Julle wat op ryk tapyte sit,
En julle wat op die pad loop,
Dink na!+
11 Party van die stemme van die waterverdelers tussen die plekke waar water geskep word,+
Daar het hulle van die regverdige dade van Jehovah begin vertel,+
Die regverdige dade van sy bewoners van die oop land in Israel.
Toe het Jehovah se volk na die poorte afgegaan.
12 Word wakker, word wakker, o Deboʹra;+
Word wakker, word wakker, hef ’n lied aan!+
Staan op, Barak,+ en voer jou gevangenes weg, seun van Abinoʹam!+
13 Toe het die oorlewendes na die vooraanstaandes toe afgekom;
Jehovah se volk het na my toe afgekom teen die magtiges.
14 Uit Eʹfraim was hulle oorsprong in die laagvlakte,+
Saam met jou, o Benjamin, onder jou manskappe.
Uit Magir+ het die aanvoerders afgetrek,
En uit Seʹbulon dié wat die toerusting van ’n skrywer gebruik.+
15 En die vorste in Isʹsaskar+ was saam met Deboʹra,
En soos Isʹsaskar, so was Barak.+
Na die laagvlakte is hy te voet gestuur.+
Onder die afdelings van Ruben was die ondersoekinge van die hart groot.+
16 Waarom het jy tussen die twee saalsakke gaan sit,
Om na die fluitspel vir die kuddes te luister?+
Vir die afdelings van Ruben was daar groot ondersoekinge van die hart.+
17 Giʹlead het by sy woonplek aan die oorkant van die Jordaan gebly;+
En Dan, waarom het hy ’n tyd lank in skepe gewoon?+
Aser het ledig op die seestrand gesit,
En by sy landingsplekke het hy gebly.+
19 Konings het gekom, hulle het geveg;
Toe het die konings van Kanaän geveg+
In Taʹänag+ by die waters van Megidʹdo.+
Geen silwer het hulle as gewin geneem nie.+
21 Die Kisonstroom het hulle weggespoel,+
Die stroom uit die oudheid, die Kisonstroom.+
Jy het sterkte vertrap,+ o my siel.
23 ‘VERVLOEK+ Meros’, het die engel van Jehovah+ gesê,
‘VERVLOEK sy inwoners onophoudelik,
Want hulle het Jehovah nie te hulp gekom nie,
Jehovah nie te hulp gekom met die magtiges nie.’
24 Jael,+ die vrou van Heber, die Keniet,+ sal hoogs geseënd wees onder die vroue,
Onder die vroue in die tent sal sy hoogs geseënd wees.+
25 Water het hy gevra, melk het sy gegee;
In die groot feesbak van vooraanstaandes het sy dikmelk aangebied.+
26 Haar hand het sy toe na die tentpen uitgesteek,
En haar regterhand na die hamer van harde werkers.+
En sy het Siʹsera gehamer, sy het sy kop deurboor,+
En sy het sy slape verpletter en oopgekloof.
27 Tussen haar voete het hy inmekaargesak, het hy geval, het hy gaan lê;
Tussen haar voete het hy inmekaargesak, het hy geval;
Waar hy inmekaargesak het, daar het hy geval, oorwonne.+
28 By die venster het ’n vrou na buite gekyk en na hom op die uitkyk gebly,
Die moeder van Siʹsera by die tralievenster:+
‘Waarom het sy strydwa getalm om te kom?+
Waarom moet die hoefslae van sy waens so laat wees?’+
29 Die wyses van haar edelvroue+ het haar geantwoord,
Ja, ook sy het haarself met haar eie woorde geantwoord:
30 ‘Behoort hulle nie buit te vind en te verdeel nie,+
’n Moederskoot—twee moederskote vir elke man,+
Buit van gekleurde stowwe vir Siʹsera, buit van gekleurde stowwe,
’n Geborduurde kleed, gekleurde stof, twee geborduurde kledingstukke
Vir die nekke van die manne van die buit?’
31 Laat al u vyande so vergaan,+ o Jehovah,
En laat dié wat u liefhet,+ wees soos wanneer die son in sy mag opgaan.”+
En die land het hierna veertig jaar lank rus gehad.+