1 Samuel
26 Na verloop van tyd het die manne van Sif+ by Saul in Giʹbea+ gekom en gesê: “Versteek Dawid hom nie op die heuwel Hagiʹla+ teenoor Jeʹsimon+ nie?” 2 En Saul het opgestaan+ en na die wildernis van Sif afgegaan, en saam met hom drieduisend man,+ die uitgesoektes van Israel, om Dawid in die wildernis van Sif te soek. 3 En Saul het kamp opgeslaan op die heuwel Hagiʹla, wat teenoor Jeʹsimon lê, by die pad, terwyl Dawid in die wildernis gewoon het. En hy het gesien dat Saul tot in die wildernis agter hom aan gekom het. 4 Toe het Dawid spioene gestuur+ sodat hy kon weet of Saul inderdaad gekom het. 5 Later het Dawid opgestaan en na die plek gegaan waar Saul kamp opgeslaan het, en Dawid het die plek gesien waar Saul gaan lê het, en ook Abner,+ die seun van Ner, sy leërhoof; en Saul het in die kampterrein+ gelê met die manskappe wat rondom hom kamp opgeslaan het. 6 Toe het Dawid geantwoord en vir Ahimeʹleg, die Hetiet,+ en Abiʹsai,+ die seun van Seruʹja,+ die broer van Joab, gesê: “Wie sal saam met my na Saul in die kamp afgaan?” Hierop het Abiʹsai gesê: “Ek sal saam met u afgaan.”+ 7 En Dawid het saam met Abiʹsai in die nag na die manskappe toe gegaan; en kyk! Saul het in die kampterrein gelê en slaap met sy spies by sy kop in die grond gesteek, en Abner en die manskappe het rondom hom gelê.
8 Abiʹsai het toe vir Dawid gesê: “God het vandag u vyand in u hand oorgelewer.+ En laat ek hom dan nou asseblief net een keer met die spies teen die grond vaspen, en ek sal dit nie twee keer aan hom doen nie.” 9 Dawid het egter vir Abiʹsai gesê: “Moet hom nie ombring nie, want wie het sy hand teen die gesalfde van Jehovah+ uitgesteek en onskuldig gebly?”+ 10 En Dawid het verder gesê: “So waar as Jehovah lewe,+ Jehovah sal hom tref;+ of sy dag sal kom+ en hy sal moet sterf, of hy sal in die oorlog+ aftrek en sal beslis weggevee word.+ 11 Dit is vir my ondenkbaar,+ vanuit Jehovah se standpunt,+ om my hand teen die gesalfde van Jehovah+ uit te steek!+ Neem dan nou asseblief die spies wat by sy kop is en die waterkruik, en laat ons weggaan.” 12 Daarop het Dawid die spies en die waterkruik van die plek by Saul se kop weggeneem, en toe het hulle weggegaan; en niemand het gesien+ en niemand het gemerk en niemand het wakker geword nie, want hulle was almal aan die slaap, omdat ’n diep slaap+ van Jehovah af op hulle geval het. 13 Toe het Dawid na die oorkant gegaan en op die top van die berg op ’n afstand gaan staan, sodat die ruimte tussen hulle groot was.
14 En Dawid het na die manskappe en na Abner, die seun van Ner, begin roep en gesê: “Gaan jy nie antwoord nie, Abner?” En Abner+ het begin antwoord en gesê: “Wie is jy wat na die koning geroep het?” 15 En Dawid het vir Abner gesê: “Is jy nie ’n man nie? En wie is soos jy in Israel? Waarom het jy dan nie oor jou heer die koning gewaak nie? Want een uit die volk het ingekom om jou heer die koning om te bring.+ 16 Wat jy gedoen het, is nie goed nie. So waar as Jehovah lewe,+ julle verdien om te sterf,+ omdat julle nie oor julle heer, oor die gesalfde van Jehovah,+ gewaak het nie.+ En kyk dan nou waar die koning se spies en die waterkruik+ is wat by sy kop was.”
17 En Saul het die stem van Dawid begin herken en gesê: “Is dit jou stem, my seun Dawid?”+ Hierop het Dawid gesê: “Dit is my stem, my heer die koning.” 18 En hy het bygevoeg: “Waarom sit my heer sy kneg agterna,+ want wat het ek gedoen, en watter kwaad is daar in my hand?+ 19 En laat my heer die koning asseblief nou na die woorde van sy kneg luister: As dit Jehovah is wat u teen my aangehits het, laat hom ’n graanoffer ruik.+ Maar as dit die mensekinders is,+ is hulle vervloek voor Jehovah,+ omdat hulle my vandag verdryf het sodat ek my nie verbonde voel aan die erfdeel van Jehovah+ nie, want hulle sê: ‘Gaan, dien ander gode!’+ 20 En moet nou nie my bloed voor die aangesig van Jehovah op die aarde laat val nie;+ want die koning van Israel het uitgetrek om ’n enkele vlooi te soek,+ net soos iemand ’n patrys op die berge agternasit.”+
21 Hierop het Saul gesê: “Ek het gesondig.+ Kom terug, my seun Dawid, want ek sal jou nie meer kwaad aandoen nie, omdat my siel vandag in jou oë kosbaar was.+ Kyk! Ek het dwaas opgetree en my grootliks vergis.” 22 Toe het Dawid geantwoord en gesê: “Hier is die spies van die koning, en laat een van die jong manne oorkom en dit kom haal. 23 En Jehovah sal elkeen volgens sy regverdigheid+ en sy getrouheid beloon, deurdat Jehovah u vandag in my hand gegee het en ek my hand nie teen die gesalfde van Jehovah+ wou uitsteek nie. 24 En kyk! net soos u siel vandag in my oë groot was, mag my siel so in die oë van Jehovah groot wees,+ sodat hy my uit alle benoudheid sal verlos.”+ 25 Hierop het Saul vir Dawid gesê: “Mag jy geseënd wees, my seun Dawid. Jy sal nie net vir seker werk nie, maar jy sal ook vir seker oorwin.”+ En Dawid het verder gegaan; en wat Saul betref, hy het na sy plek teruggekeer.+