Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Genesis 21
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

Oorsig van Genesis

      • Geboorte van Isak (1-7)

      • Isak deur Ismael gespot (8, 9)

      • Hagar en Ismael weggestuur (10-21)

      • Abraham se verbond met Abimeleg (22-34)

Genesis 21:1

Kruisverwysings

  • +Ge 18:10

Genesis 21:2

Kruisverwysings

  • +Heb 11:11
  • +Ge 17:21; 18:10, 14; Ro 9:9

Genesis 21:3

Kruisverwysings

  • +Ge 17:19; Jos 24:3; Ro 9:7

Genesis 21:4

Kruisverwysings

  • +Ge 17:12; Le 12:3; Han 7:8

Genesis 21:6

Voetnote

  • *

    Of moontlik “vir my lag”.

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring (Publieke uitgawe),

    nr. 5 2017 bl. 14-15

Genesis 21:9

Kruisverwysings

  • +Ge 16:4, 15
  • +Ge 15:13; Ga 4:22, 29

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2001/8/15, bl. 26

    “Hele Skrif”, bl. 18

Genesis 21:10

Kruisverwysings

  • +Ge 15:2, 4; Ga 4:30

Genesis 21:11

Kruisverwysings

  • +Ge 17:18

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring (Publieke uitgawe),

    nr. 5 2017 bl. 15

Genesis 21:12

Voetnote

  • *

    Lett. “saad”.

Kruisverwysings

  • +Ge 17:19; Ro 9:7; Heb 11:18

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2006/4/15, bl. 6-7

Genesis 21:13

Voetnote

  • *

    Lett. “saad”.

Kruisverwysings

  • +Ga 4:22
  • +Ge 16:9, 10; 17:20; 25:12, 16

Genesis 21:14

Kruisverwysings

  • +Ge 25:5, 6
  • +Ge 22:19

Genesis 21:17

Kruisverwysings

  • +Ge 16:11
  • +Ge 16:7, 8

Genesis 21:18

Voetnote

  • *

    Lett. “en hou hom vas met jou hand”.

Kruisverwysings

  • +1Kr 1:29-31

Genesis 21:20

Kruisverwysings

  • +Ge 16:16

Genesis 21:21

Kruisverwysings

  • +Nu 10:12

Genesis 21:22

Kruisverwysings

  • +Ge 20:17, 18; 26:26, 28

Genesis 21:23

Kruisverwysings

  • +Ge 20:14, 15

Genesis 21:25

Kruisverwysings

  • +Ge 26:15, 20

Genesis 21:31

Voetnote

  • *

    Beteken moontlik “put van die eed; put van sewe”.

Kruisverwysings

  • +Ge 26:32, 33

Genesis 21:32

Kruisverwysings

  • +Ge 26:26, 28
  • +Ge 10:13, 14; 26:1

Genesis 21:33

Kruisverwysings

  • +Ps 90:2; Jes 40:28; 1Ti 1:17
  • +Ge 12:8, 9; 26:25

Genesis 21:34

Voetnote

  • *

    Of “as ’n uitlander gewoon”.

Kruisverwysings

  • +Heb 11:8, 9

Parallelle vertalings

Kliek op ’n vers om parallelle Bybelverse te vertoon.

Algemeen

Gen. 21:1Ge 18:10
Gen. 21:2Heb 11:11
Gen. 21:2Ge 17:21; 18:10, 14; Ro 9:9
Gen. 21:3Ge 17:19; Jos 24:3; Ro 9:7
Gen. 21:4Ge 17:12; Le 12:3; Han 7:8
Gen. 21:9Ge 16:4, 15
Gen. 21:9Ge 15:13; Ga 4:22, 29
Gen. 21:10Ge 15:2, 4; Ga 4:30
Gen. 21:11Ge 17:18
Gen. 21:12Ge 17:19; Ro 9:7; Heb 11:18
Gen. 21:13Ga 4:22
Gen. 21:13Ge 16:9, 10; 17:20; 25:12, 16
Gen. 21:14Ge 25:5, 6
Gen. 21:14Ge 22:19
Gen. 21:17Ge 16:11
Gen. 21:17Ge 16:7, 8
Gen. 21:181Kr 1:29-31
Gen. 21:20Ge 16:16
Gen. 21:21Nu 10:12
Gen. 21:22Ge 20:17, 18; 26:26, 28
Gen. 21:23Ge 20:14, 15
Gen. 21:25Ge 26:15, 20
Gen. 21:31Ge 26:32, 33
Gen. 21:32Ge 26:26, 28
Gen. 21:32Ge 10:13, 14; 26:1
Gen. 21:33Ps 90:2; Jes 40:28; 1Ti 1:17
Gen. 21:33Ge 12:8, 9; 26:25
Gen. 21:34Heb 11:8, 9
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
  • Lees in Nuwe Wêreld-vertaling (bi12-AF)
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
  • 6
  • 7
  • 8
  • 9
  • 10
  • 11
  • 12
  • 13
  • 14
  • 15
  • 16
  • 17
  • 18
  • 19
  • 20
  • 21
  • 22
  • 23
  • 24
  • 25
  • 26
  • 27
  • 28
  • 29
  • 30
  • 31
  • 32
  • 33
  • 34
Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
Genesis 21:1-34

Genesis

21 Jehovah het aan Sara gedink, net soos hy gesê het, en Jehovah het vir Sara gedoen wat hy belowe het.+ 2 Sara het swanger geword+ en vir Abraham op sy oudag ’n seun gegee op die vasgestelde tyd wat God hom belowe het.+ 3 Abraham het sy pasgebore seun, aan wie Sara geboorte gegee het, Isak+ genoem. 4 En Abraham het sy seun Isak besny toe hy agt dae oud was, net soos God hom beveel het.+ 5 Abraham was 100 jaar oud toe sy seun Isak vir hom gebore is. 6 Toe het Sara gesê: “God het my rede gegee om te lag. Almal wat hiervan hoor, sal saam met my lag.”* 7 En sy het bygevoeg: “Wie sou vir Abraham gesê het: ‘Sara sal kinders borsvoed’? En tog het ek vir hom op sy oudag aan ’n seun geboorte gegee.”

8 Isak het grootgeword, en op die dag dat sy ma opgehou het om hom te borsvoed, het Abraham ’n groot feesmaal voorberei. 9 Maar Sara het gesien dat die seun wat Hagar,+ die Egiptiese vrou, by Abraham gehad het, Isak heeltyd spot.+ 10 Toe het sy vir Abraham gesê: “Jaag hierdie slavin en haar seun weg, want die seun van hierdie slavin gaan nie ’n erfgenaam wees saam met my seun, Isak, nie!”+ 11 Maar Abraham was ontsteld oor wat sy oor sy seun gesê het.+ 12 Toe het God vir Abraham gesê: “Moenie ontsteld wees oor wat Sara oor die seun en oor jou slavin sê nie. Luister na haar, want wat jou nageslag* genoem sal word, sal deur Isak wees.+ 13 Wat die seun van die slavin+ betref, ek sal hom ook ’n nasie maak,+ want hy is jou nageslag.”*

14 Toe het Abraham die oggend vroeg opgestaan en brood en ’n leersak vol water geneem en dit vir Hagar gegee. Hy het dit op haar skouer gesit en haar saam met die seun weggestuur.+ Sy het dus weggegaan en in die wildernis van Berseʹba+ rondgedwaal. 15 Uiteindelik het die water in die leersak opgeraak, en sy het die seun onder een van die struike gestoot. 16 Toe het sy verder gegaan en alleen gaan sit, omtrent die afstand van ’n boogskoot daarvandaan, want sy het gesê: “Ek wil nie sien hoe die kind sterf nie.” Sy het dus op ’n afstand gaan sit en hard begin huil.

17 God het toe die stem van die seun gehoor,+ en God se engel het uit die hemel na Hagar geroep en vir haar gesê:+ “Wat is fout, Hagar? Moenie bang wees nie, want God het die stem van die seun gehoor daar waar hy lê. 18 Staan op, tel die seun op en ondersteun hom,* want ek sal hom ’n groot nasie maak.”+ 19 Toe het God haar ’n waterput laat sien, en sy het gegaan en die leersak vol water gemaak en die seun laat drink. 20 En God was met die seun+ terwyl hy grootgeword het. Hy het in die wildernis gewoon en ’n boogskutter geword. 21 Hy het in die wildernis Paran+ gaan woon, en sy ma het vir hom ’n vrou uit Egipte geneem.

22 In daardie tyd het Abimeʹleg en Pikol, die hoof van sy leërmag, vir Abraham gesê: “God is met jou in alles wat jy doen.+ 23 Sweer dan nou hier by God vir my dat jy nie my en my seuns en my nakomelinge sal bedrieg nie, en dat jy aan my en aan die land waarin jy woon, dieselfde lojale liefde sal betoon wat ek aan jou betoon het.”+ 24 Toe het Abraham gesê: “Ek sweer.”

25 Maar Abraham het by Abimeʹleg gekla oor die waterput wat die knegte van Abimeʹleg met geweld afgeneem het.+ 26 Abimeʹleg het geantwoord: “Ek weet nie wie dit gedoen het nie. Jy het my nie daarvan vertel nie, en ek het vandag eers daarvan gehoor.” 27 Toe het Abraham skape en beeste geneem en dit vir Abimeʹleg gegee, en hulle twee het ’n verbond gemaak. 28 Toe Abraham sewe ooilammers van die kleinvee eenkant gesit het, 29 het Abimeʹleg vir Abraham gevra: “Hoekom het jy hierdie sewe ooilammers eenkant gesit?” 30 Toe het hy gesê: “Jy moet die sewe ooilammers uit my hand aanvaar, sodat dit as ’n getuienis kan dien dat ek hierdie put gegrawe het.” 31 Daarom het hy daardie plek Berseʹba*+ genoem, omdat hulle twee daar ’n eed afgelê het. 32 Hulle het dus ’n verbond by Berseʹba gemaak,+ en daarna het Abimeʹleg en Pikol, die hoof van sy leërmag, opgestaan en na die land van die Filistyne+ teruggekeer. 33 Daarna het Abraham ’n tamariskboom by Berseʹba geplant, en daar het hy die naam van Jehovah, die ewige God,+ aangeroep.+ 34 En Abraham het nog lank in die land van die Filistyne gebly.*+

Afrikaanse publikasies (1975-2021)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2021 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel