Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • 2 Konings 13
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

Oorsig van 2 Konings

      • Joahas, koning van Israel (1-9)

      • Joas, koning van Israel (10-13)

      • Elisa toets Joas se ywer (14-19)

      • Elisa sterf; sy beendere maak man weer lewend (20, 21)

      • Elisa se laaste profesie vervul (22-25)

2 Konings 13:1

Kruisverwysings

  • +2Kn 10:30, 35
  • +2Kn 11:2, 21
  • +2Kn 8:26; 9:27

2 Konings 13:2

Kruisverwysings

  • +1Kn 12:28-30; 13:33; 14:16

2 Konings 13:3

Kruisverwysings

  • +Heb 12:29
  • +Le 26:14, 17
  • +1Kn 19:17; 2Kn 8:12
  • +2Kn 13:24

2 Konings 13:4

Voetnote

  • *

    Of “se aangesig versag”.

Kruisverwysings

  • +Eks 3:7; Rig 10:16; 2Kn 14:26, 27

2 Konings 13:5

Voetnote

  • *

    D.w.s. in vrede en veiligheid.

Kruisverwysings

  • +Ne 9:27

2 Konings 13:6

Voetnote

  • *

    Lett. “Hy het daarin gewandel”.

  • *

    Sien Woordelys.

Kruisverwysings

  • +2Kn 10:29; 17:21
  • +De 7:5; 1Kn 14:15; 16:33

2 Konings 13:7

Kruisverwysings

  • +2Kn 8:12; 10:32
  • +Am 1:3

2 Konings 13:9

Voetnote

  • *

    Lett. “is by sy vaders neergelê”.

Kruisverwysings

  • +2Kn 10:35

2 Konings 13:10

Kruisverwysings

  • +2Kn 14:1

2 Konings 13:11

Voetnote

  • *

    Lett. “Hy het daarin gewandel”.

Kruisverwysings

  • +2Kn 10:29

2 Konings 13:12

Kruisverwysings

  • +2Kn 14:8, 13

2 Konings 13:13

Voetnote

  • *

    Lett. “is by sy vaders neergelê”.

  • *

    D.w.s. Jerobeam II.

Kruisverwysings

  • +2Kn 14:28
  • +2Kn 10:35; 13:9

2 Konings 13:14

Kruisverwysings

  • +1Kn 19:16
  • +2Kn 2:11, 12

2 Konings 13:17

Voetnote

  • *

    Of “redding”.

  • *

    Of “redding teen”.

Kruisverwysings

  • +1Sa 29:1; 1Kn 20:26

2 Konings 13:19

Kruisverwysings

  • +2Kn 13:25

2 Konings 13:20

Voetnote

  • *

    Lett. “met die ingang van die jaar”, moontlik in die lente.

Kruisverwysings

  • +2Kn 1:1; 24:2

2 Konings 13:21

Kruisverwysings

  • +Joh 11:44; Heb 11:35

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring (Studie-uitgawe),

    2017/12, bl. 5

    Die Wagtoring,

    2005/8/1, bl. 11

    1991/11/15, bl. 5

2 Konings 13:22

Kruisverwysings

  • +1Kn 19:15
  • +2Kn 8:12; 10:32

2 Konings 13:23

Kruisverwysings

  • +2Kn 14:26, 27
  • +Ge 13:14-16
  • +Ge 26:3
  • +Ge 28:13; Ps 105:8; Mi 7:20

2 Konings 13:25

Kruisverwysings

  • +2Kn 13:19

Parallelle vertalings

Kliek op ’n vers om parallelle Bybelverse te vertoon.

Algemeen

2 Kon. 13:12Kn 10:30, 35
2 Kon. 13:12Kn 11:2, 21
2 Kon. 13:12Kn 8:26; 9:27
2 Kon. 13:21Kn 12:28-30; 13:33; 14:16
2 Kon. 13:3Heb 12:29
2 Kon. 13:3Le 26:14, 17
2 Kon. 13:31Kn 19:17; 2Kn 8:12
2 Kon. 13:32Kn 13:24
2 Kon. 13:4Eks 3:7; Rig 10:16; 2Kn 14:26, 27
2 Kon. 13:5Ne 9:27
2 Kon. 13:62Kn 10:29; 17:21
2 Kon. 13:6De 7:5; 1Kn 14:15; 16:33
2 Kon. 13:72Kn 8:12; 10:32
2 Kon. 13:7Am 1:3
2 Kon. 13:92Kn 10:35
2 Kon. 13:102Kn 14:1
2 Kon. 13:112Kn 10:29
2 Kon. 13:122Kn 14:8, 13
2 Kon. 13:132Kn 14:28
2 Kon. 13:132Kn 10:35; 13:9
2 Kon. 13:141Kn 19:16
2 Kon. 13:142Kn 2:11, 12
2 Kon. 13:171Sa 29:1; 1Kn 20:26
2 Kon. 13:192Kn 13:25
2 Kon. 13:202Kn 1:1; 24:2
2 Kon. 13:21Joh 11:44; Heb 11:35
2 Kon. 13:221Kn 19:15
2 Kon. 13:222Kn 8:12; 10:32
2 Kon. 13:232Kn 14:26, 27
2 Kon. 13:23Ge 13:14-16
2 Kon. 13:23Ge 26:3
2 Kon. 13:23Ge 28:13; Ps 105:8; Mi 7:20
2 Kon. 13:252Kn 13:19
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
  • Lees in Nuwe Wêreld-vertaling (bi12-AF)
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
  • 6
  • 7
  • 8
  • 9
  • 10
  • 11
  • 12
  • 13
  • 14
  • 15
  • 16
  • 17
  • 18
  • 19
  • 20
  • 21
  • 22
  • 23
  • 24
  • 25
Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
2 Konings 13:1-25

Die tweede boek van Konings

13 Joʹahas, die seun van Jehu,+ het in Samariʹa koning oor Israel geword in die 23ste jaar van Joas,+ die seun van Ahaʹsia,+ die koning van Juda, en hy het 17 jaar lank regeer. 2 Hy het bly doen wat sleg is in Jehovah se oë en hy het aangehou met die sonde wat Jeroʹbeam, die seun van Nebat, Israel laat pleeg het.+ Hy het nie daarvan afgewyk nie. 3 Daarom het Jehovah baie kwaad geword+ vir Israel,+ en hy het hulle in die hand gegee van koning Haʹsael+ van Sirië en in die hand van Ben-Hadad,+ die seun van Haʹsael, al hulle dae.

4 Ná verloop van tyd het Joʹahas Jehovah om genade gesmeek,* en Jehovah het na hom geluister, want hy het gesien hoe die koning van Sirië Israel onderdruk.+ 5 Jehovah het toe vir Israel ’n redder voorsien+ om hulle uit Sirië se greep te bevry. En die Israeliete kon toe weer in hulle huise woon soos voorheen.* 6 (Maar hulle het nie afgewyk van die sonde wat die huis van Jeroʹbeam Israel laat pleeg het nie.+ Hulle het aangehou om hierdie sondes te pleeg,* en die heilige paal*+ het in Samariʹa bly staan.) 7 Joʹahas het net 50 perderuiters, 10 strydwaens en 10 000 voetsoldate in sy leërmag oorgehad, want die koning van Sirië het hulle vernietig+ en hulle vertrap soos die stof op ’n dorsvloer.+

8 Wat die res van die geskiedenis van Joʹahas betref, alles wat hy gedoen het en sy magtige dade, dit is opgeteken in die boek met die geskiedkundige verslae van die konings van Israel. 9 Joʹahas het gesterf,* en hy is in Samariʹa by sy voorvaders begrawe.+ En sy seun Joas het in sy plek koning geword.

10 In die 37ste jaar van koning Joas van Juda het Joas,+ die seun van Joʹahas, in Samariʹa koning oor Israel geword, en hy het 16 jaar lank regeer. 11 Hy het bly doen wat sleg is in Jehovah se oë en het nie afgewyk van al die sondes wat Jeroʹbeam, die seun van Nebat, Israel laat pleeg het nie.+ Hy het aangehou om hierdie sondes te pleeg.*

12 Wat die res van die geskiedenis van Joas betref, alles wat hy gedoen het en sy magtige dade en hoe hy teen koning Amaʹsia van Juda geveg het,+ dit is opgeteken in die boek met die geskiedkundige verslae van die konings van Israel. 13 Joas het gesterf,* en Jeroʹbeam*+ het op sy troon gaan sit. En Joas is in Samariʹa by die konings van Israel begrawe.+

14 Wat Eliʹsa+ betref, hy het siek geword – ’n siekte waaraan hy uiteindelik gesterf het – en Joas, die koning van Israel, het na hom toe gegaan en oor hom gehuil en gesê: “My vader, my vader! Die strydwa van Israel en sy perderuiters!”+ 15 Eliʹsa het toe vir hom gesê: “Neem ’n boog en pyle.” En hy het ’n boog en pyle geneem. 16 Hy het vir die koning van Israel gesê: “Maak gereed om te skiet.” Toe het hy gereedgemaak om te skiet, en Eliʹsa het sy hande op die koning se hande gesit. 17 Toe het hy gesê: “Maak die venster aan die oostekant oop.” En hy het dit oopgemaak. Eliʹsa het gesê: “Skiet!” En hy het geskiet. Hy het toe gesê: “Jehovah se pyl van oorwinning,* die pyl van oorwinning oor* Sirië! Jy sal Sirië heeltemal verslaan by Afek.”+

18 Hy het verder gesê: “Neem die pyle,” en hy het dit geneem. Toe het hy vir die koning van Israel gesê: “Slaan teen die grond.” En hy het die grond drie keer geslaan en opgehou. 19 Die man van die ware God het toe vir hom kwaad geword en gesê: “Jy moes die grond vyf of ses keer geslaan het! Dan sou jy Sirië heeltemal verslaan het, maar nou sal jy Sirië net drie keer verslaan.”+

20 Daarna het Eliʹsa gesterf en is hy begrawe. En daar was Moabitiese rowerbendes+ wat gereeld aan die begin van die jaar* in die land ingekom het. 21 Op ’n dag was ’n paar manne besig om ’n man te begrawe, en hulle het ’n rowerbende sien aankom. Hulle het die man toe in Eliʹsa se graf gegooi en weggehardloop. Toe die man aan die beendere van Eliʹsa raak, het hy lewend geword+ en op sy voete gaan staan.

22 Koning Haʹsael+ van Sirië het Israel al die dae van Joʹahas onderdruk.+ 23 Maar Jehovah was goed en genadig teenoor hulle+ en het sy besorgdheid oor hulle betoon ter wille van sy verbond met Abraham,+ Isak+ en Jakob.+ Hy wou hulle nie vernietig nie, en hy het hulle tot vandag toe nie verwerp nie. 24 Toe koning Haʹsael van Sirië gesterf het, het sy seun Ben-Hadad in sy plek koning geword. 25 Joas, die seun van Joʹahas, het die stede teruggeneem wat Ben-Hadad, die seun van Haʹsael, in die oorlog van sy pa, Joʹahas, geneem het. Joas het hom drie keer verslaan,+ en hy het die stede van Israel teruggeneem.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel