Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • 2 Kronieke 21
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

Oorsig van 2 Kronieke

      • Joram, koning van Juda (1-11)

      • Brief van Elia (12-15)

      • Joram se lyding en dood (16-20)

2 Kronieke 21:1

Voetnote

  • *

    Lett. “is by sy vaders neergelê”.

Kruisverwysings

  • +1Kn 22:50

2 Kronieke 21:3

Kruisverwysings

  • +2Kr 11:5, 23
  • +2Kn 8:16

2 Kronieke 21:4

Kruisverwysings

  • +Rig 9:5, 6

2 Kronieke 21:5

Kruisverwysings

  • +2Kn 8:17-19

2 Kronieke 21:6

Kruisverwysings

  • +1Kn 14:7, 9; Ho 4:1
  • +2Kr 22:2; Ne 13:26

2 Kronieke 21:7

Voetnote

  • *

    D.w.s. ’n nakomeling.

Kruisverwysings

  • +2Sa 23:5; Ps 89:20, 28; Jer 33:20, 21
  • +2Sa 7:12, 16; 1Kn 11:36; Ps 132:11

2 Kronieke 21:8

Kruisverwysings

  • +Ge 27:40
  • +1Kn 22:47; 2Kn 8:20-22

2 Kronieke 21:10

Kruisverwysings

  • +Jos 21:13; 2Kn 19:8
  • +2Kr 15:2; Jer 2:13

2 Kronieke 21:11

Voetnote

  • *

    Of “om geestelike prostitusie te pleeg”.

Kruisverwysings

  • +De 12:2

2 Kronieke 21:12

Kruisverwysings

  • +2Kn 2:1, 11
  • +2Kr 17:3
  • +1Kn 15:11; 2Kr 14:2, 5

2 Kronieke 21:13

Voetnote

  • *

    Of “geestelike prostitusie pleeg”.

Kruisverwysings

  • +1Kn 16:25, 33
  • +Eks 34:15; Jer 3:8
  • +2Kn 9:22
  • +2Kr 21:4

2 Kronieke 21:16

Kruisverwysings

  • +1Kn 11:14; 2Kr 33:11; Jes 10:5
  • +Jos 13:1, 2; 2Sa 8:1
  • +2Kr 17:11

2 Kronieke 21:17

Voetnote

  • *

    Ook Ahasia genoem.

Kruisverwysings

  • +1Kn 14:25, 26
  • +2Kr 22:1

2 Kronieke 21:18

Kruisverwysings

  • +Han 12:21-23

2 Kronieke 21:19

Kruisverwysings

  • +2Kr 16:13, 14; Jer 34:4, 5

2 Kronieke 21:20

Kruisverwysings

  • +1Kn 2:10
  • +2Kr 24:24, 25; 28:27

Parallelle vertalings

Kliek op ’n vers om parallelle Bybelverse te vertoon.

Algemeen

2 Kron. 21:11Kn 22:50
2 Kron. 21:32Kr 11:5, 23
2 Kron. 21:32Kn 8:16
2 Kron. 21:4Rig 9:5, 6
2 Kron. 21:52Kn 8:17-19
2 Kron. 21:61Kn 14:7, 9; Ho 4:1
2 Kron. 21:62Kr 22:2; Ne 13:26
2 Kron. 21:72Sa 23:5; Ps 89:20, 28; Jer 33:20, 21
2 Kron. 21:72Sa 7:12, 16; 1Kn 11:36; Ps 132:11
2 Kron. 21:8Ge 27:40
2 Kron. 21:81Kn 22:47; 2Kn 8:20-22
2 Kron. 21:10Jos 21:13; 2Kn 19:8
2 Kron. 21:102Kr 15:2; Jer 2:13
2 Kron. 21:11De 12:2
2 Kron. 21:122Kn 2:1, 11
2 Kron. 21:122Kr 17:3
2 Kron. 21:121Kn 15:11; 2Kr 14:2, 5
2 Kron. 21:131Kn 16:25, 33
2 Kron. 21:13Eks 34:15; Jer 3:8
2 Kron. 21:132Kn 9:22
2 Kron. 21:132Kr 21:4
2 Kron. 21:161Kn 11:14; 2Kr 33:11; Jes 10:5
2 Kron. 21:16Jos 13:1, 2; 2Sa 8:1
2 Kron. 21:162Kr 17:11
2 Kron. 21:171Kn 14:25, 26
2 Kron. 21:172Kr 22:1
2 Kron. 21:18Han 12:21-23
2 Kron. 21:192Kr 16:13, 14; Jer 34:4, 5
2 Kron. 21:201Kn 2:10
2 Kron. 21:202Kr 24:24, 25; 28:27
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
  • Lees in Nuwe Wêreld-vertaling (bi12-AF)
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
  • 6
  • 7
  • 8
  • 9
  • 10
  • 11
  • 12
  • 13
  • 14
  • 15
  • 16
  • 17
  • 18
  • 19
  • 20
Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
2 Kronieke 21:1-20

Die tweede boek van Kronieke

21 Joʹsafat het gesterf,* en hy is by sy voorvaders in die Stad van Dawid begrawe. En sy seun Joram het in sy plek koning geword.+ 2 Sy broers, die seuns van Joʹsafat, was Asarʹja, Jehiʹël, Sagariʹa, Asarʹja, Miʹgael en Sefatʹja. Hulle almal was die seuns van koning Joʹsafat van Israel. 3 En hulle pa het vir hulle baie geskenke gegee: silwer, goud en kosbare dinge, asook versterkte stede in Juda.+ Maar hy het die koninkryk aan Joram gegee,+ want hy was die eersgeborene.

4 Toe Joram die koninkryk by sy pa oorgeneem het, het hy al sy broers en party van die leiers van Israel met die swaard doodgemaak+ om te verseker dat hy sy posisie as koning behou. 5 Joram was 32 jaar oud toe hy koning geword het, en hy het agt jaar lank in Jerusalem regeer.+ 6 Hy het dieselfde weg gevolg as die konings van Israel,+ net soos die huis van Agab gedoen het, want hy het met Agab se dogter getrou.+ En hy het bly doen wat sleg is in Jehovah se oë. 7 Maar Jehovah wou nie die huis van Dawid uitroei nie ter wille van die verbond wat hy met Dawid gemaak het,+ want hy het belowe dat hy vir hom en sy seuns altyd ’n lamp* sou gee.+

8 In sy dae het Edom teen Juda in opstand gekom+ en hulle eie koning aangestel.+ 9 Daarom het Joram met sy bevelvoerders en al sy strydwaens teen hulle opgetrek. En in die nag het hy die Edomiete wat hom en die bevelvoerders van die strydwaens omsingel het, aangeval en verslaan. 10 Maar die Edomiete het volgehou met hulle opstand teen Juda tot vandag toe. In daardie tyd het Libna+ ook teen Joram in opstand gekom omdat hy Jehovah, die God van sy voorvaders, verlaat het.+ 11 Hy het ook offerhoogtes+ op die berge van Juda gemaak om die inwoners van Jerusalem te kry om ander gode te aanbid,* en hy het Juda laat afdwaal.

12 Hy het uiteindelik ’n brief van die profeet Eliʹa gekry,+ wat gesê het: “Dít is wat Jehovah, die God van u voorvader Dawid, sê: ‘Jy het nie die voorbeeld gevolg van Joʹsafat,+ jou pa, of van koning Asa+ van Juda nie. 13 Maar jy volg die voorbeeld van die konings van Israel+ en jy laat die inwoners van Juda en Jerusalem ander gode aanbid,*+ net soos die huis van Agab.+ En jy het selfs jou eie broers, die seuns van jou pa, wat beter as jy was, doodgemaak.+ 14 Daarom gaan Jehovah jou volk, jou seuns en jou vrouens swaar straf, en jy sal jou besittings verloor. 15 Jy sal aan baie siektes ly, insluitende ’n siekte wat jou ingewande aantas, en dit sal elke dag erger word totdat jou ingewande uitkom.’”

16 Toe het Jehovah veroorsaak+ dat die Filistyne+ en die Arabiere+ wat naby die Etiopiërs gewoon het, vyande van Joram word. 17 Hulle het Juda binnegedring en dit aangeval. Hulle het alles wat in die koning se paleis was,+ en ook sy seuns en sy vrouens, geneem. Die enigste seun wat oorgebly het, was Joʹahas,*+ sy jongste seun. 18 En daarna het Jehovah hom ’n ongeneeslike siekte laat kry wat sy ingewande aangetas het.+ 19 Ná twee volle jare het sy ingewande uitgekom as gevolg van sy siekte, en hy het tot sy dood toe verskriklik gely. Sy volk het nie ’n begrafnisvuur vir hom gemaak soos hulle vir sy voorvaders gemaak het nie.+ 20 Hy was 32 jaar oud toe hy koning geword het, en hy het agt jaar lank in Jerusalem regeer. Niemand was spyt toe hy gesterf het nie. En hulle het hom in die Stad van Dawid+ begrawe, maar nie in die grafte van die konings nie.+

Afrikaanse publikasies (1975-2022)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2022 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel