Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • 2 Kronieke 33
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

Oorsig van 2 Kronieke

      • Manasse, koning van Juda (1-9)

      • Manasse toon berou (10-17)

      • Manasse sterf (18-20)

      • Amon, koning van Juda (21-25)

2 Kronieke 33:1

Kruisverwysings

  • +Mt 1:10
  • +2Kn 21:1

2 Kronieke 33:2

Kruisverwysings

  • +2Kn 21:2-6

2 Kronieke 33:3

Voetnote

  • *

    Sien Woordelys.

Kruisverwysings

  • +2Kn 18:1, 4
  • +De 4:19; 2Kn 23:5

2 Kronieke 33:4

Kruisverwysings

  • +2Kn 16:10, 11
  • +De 12:11; 2Kr 6:6

2 Kronieke 33:5

Kruisverwysings

  • +1Kn 6:36; 7:12

2 Kronieke 33:6

Voetnote

  • *

    Of “deur die vuur laat gaan”.

  • *

    Of “spiritistiese mediums aangestel”.

Kruisverwysings

  • +2Kn 16:1, 3
  • +Jos 15:8, 12; 2Kn 23:10
  • +Le 19:26
  • +Le 20:6; De 18:10, 11

2 Kronieke 33:7

Kruisverwysings

  • +2Kn 23:6
  • +2Kn 21:7-9; 23:27; 2Kr 7:16

2 Kronieke 33:9

Kruisverwysings

  • +Le 18:24; Jos 24:8; 2Kn 21:11, 16

2 Kronieke 33:10

Kruisverwysings

  • +2Kr 36:15, 16

2 Kronieke 33:11

Voetnote

  • *

    Of moontlik “in die gate”.

2 Kronieke 33:12

Voetnote

  • *

    Of “die aangesig van Jehovah sy God versag”.

2 Kronieke 33:13

Kruisverwysings

  • +Jes 1:18
  • +Da 4:25

2 Kronieke 33:14

Voetnote

  • *

    Of “wadi”. Sien Woordelys.

Kruisverwysings

  • +2Sa 5:9; 2Kr 32:2, 5
  • +2Kr 32:30
  • +Ne 3:3
  • +2Kr 27:1, 3

2 Kronieke 33:15

Kruisverwysings

  • +2Kn 21:1, 7
  • +2Kn 21:1, 4, 5

2 Kronieke 33:16

Voetnote

  • *

    Of “gemeenskapsoffers”.

Kruisverwysings

  • +2Kr 29:18
  • +Le 3:1
  • +Le 7:12

2 Kronieke 33:19

Voetnote

  • *

    Sien Woordelys.

Kruisverwysings

  • +2Kr 33:12, 13
  • +2Kn 21:2, 9
  • +2Kn 21:3, 7

2 Kronieke 33:20

Voetnote

  • *

    Lett. “is by sy vaders neergelê”.

Kruisverwysings

  • +2Kn 21:18, 19

2 Kronieke 33:21

Kruisverwysings

  • +Mt 1:10
  • +2Kn 21:19-24

2 Kronieke 33:22

Kruisverwysings

  • +2Kr 33:1, 2
  • +2Kn 21:1, 7

2 Kronieke 33:23

Kruisverwysings

  • +Jer 8:12
  • +2Kr 33:12, 13

2 Kronieke 33:24

Kruisverwysings

  • +2Kn 12:20; 2Kr 25:27

2 Kronieke 33:25

Kruisverwysings

  • +2Kr 25:1, 3
  • +2Kn 21:25, 26

Parallelle vertalings

Kliek op ’n vers om parallelle Bybelverse te vertoon.

Algemeen

2 Kron. 33:1Mt 1:10
2 Kron. 33:12Kn 21:1
2 Kron. 33:22Kn 21:2-6
2 Kron. 33:32Kn 18:1, 4
2 Kron. 33:3De 4:19; 2Kn 23:5
2 Kron. 33:42Kn 16:10, 11
2 Kron. 33:4De 12:11; 2Kr 6:6
2 Kron. 33:51Kn 6:36; 7:12
2 Kron. 33:62Kn 16:1, 3
2 Kron. 33:6Jos 15:8, 12; 2Kn 23:10
2 Kron. 33:6Le 19:26
2 Kron. 33:6Le 20:6; De 18:10, 11
2 Kron. 33:72Kn 23:6
2 Kron. 33:72Kn 21:7-9; 23:27; 2Kr 7:16
2 Kron. 33:9Le 18:24; Jos 24:8; 2Kn 21:11, 16
2 Kron. 33:102Kr 36:15, 16
2 Kron. 33:13Jes 1:18
2 Kron. 33:13Da 4:25
2 Kron. 33:142Sa 5:9; 2Kr 32:2, 5
2 Kron. 33:142Kr 32:30
2 Kron. 33:14Ne 3:3
2 Kron. 33:142Kr 27:1, 3
2 Kron. 33:152Kn 21:1, 7
2 Kron. 33:152Kn 21:1, 4, 5
2 Kron. 33:162Kr 29:18
2 Kron. 33:16Le 3:1
2 Kron. 33:16Le 7:12
2 Kron. 33:192Kr 33:12, 13
2 Kron. 33:192Kn 21:2, 9
2 Kron. 33:192Kn 21:3, 7
2 Kron. 33:202Kn 21:18, 19
2 Kron. 33:21Mt 1:10
2 Kron. 33:212Kn 21:19-24
2 Kron. 33:222Kr 33:1, 2
2 Kron. 33:222Kn 21:1, 7
2 Kron. 33:23Jer 8:12
2 Kron. 33:232Kr 33:12, 13
2 Kron. 33:242Kn 12:20; 2Kr 25:27
2 Kron. 33:252Kr 25:1, 3
2 Kron. 33:252Kn 21:25, 26
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
  • Lees in Nuwe Wêreld-vertaling (bi12-AF)
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
  • 6
  • 7
  • 8
  • 9
  • 10
  • 11
  • 12
  • 13
  • 14
  • 15
  • 16
  • 17
  • 18
  • 19
  • 20
  • 21
  • 22
  • 23
  • 24
  • 25
Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
2 Kronieke 33:1-25

Die tweede boek van Kronieke

33 Manasʹse+ was 12 jaar oud toe hy koning geword het, en hy het 55 jaar lank in Jerusalem regeer.+

2 Hy het gedoen wat sleg is in Jehovah se oë en het die afskuwelike gebruike gevolg van die nasies wat Jehovah voor die Israeliete uit verdryf het.+ 3 Hy het die offerhoogtes herbou wat sy pa, Hiskiʹa, afgebreek het,+ en hy het altare vir die Baäls opgerig en heilige pale* gemaak. En hy het die hele leërmag van die hemel aanbid en hulle gedien.+ 4 Hy het ook altare gebou in die huis van Jehovah,+ waarvan Jehovah gesê het: “In Jerusalem sal my naam vir ewig wees.”+ 5 En hy het in twee voorhowe van die huis van Jehovah altare vir die hele leërmag van die hemel gebou.+ 6 Hy het ook sy eie seuns as offerandes in die vuur verbrand*+ in die Vallei van die Seun van Hinnom.+ Hy het toorkuns beoefen,+ van waarsêery gebruik gemaak en mense aangestel wat geeste oproep,* sowel as fortuinvertellers.+ Hy het baie dinge gedoen wat sleg is in Jehovah se oë en hom aanstoot gegee.

7 Hy het die beeld wat hy gemaak het, in die huis van die ware God gesit,+ waarvan God vir Dawid en vir sy seun Salomo gesê het: “In hierdie huis en in Jerusalem, wat ek uit al die stamme van Israel gekies het, sal ek my naam vir altyd vestig.+ 8 Ek sal Israel nooit verwyder uit die land wat ek aan hulle voorvaders gegee het nie, solank hulle streng gehoorsaam is aan alles wat ek hulle beveel het, aan die hele Wet, die wetsvoorskrifte en die regterlike bevele wat deur middel van Moses gegee is.” 9 Manasʹse het Juda en die inwoners van Jerusalem ’n verkeerde weg laat volg en hulle erger dinge laat doen as die nasies wat Jehovah voor die Israeliete vernietig het.+

10 Jehovah het Manasʹse en sy volk bly waarsku, maar hulle het geen aandag geskenk nie.+ 11 Daarom het Jehovah die hoofde van die leërmag van die koning van Assiʹrië teen hulle gestuur, en hulle het Manasʹse met hake* gevange geneem, hom met twee koperboeie gebind en hom na Babilon geneem. 12 Toe dit so sleg met hom gegaan het, het hy Jehovah sy God om genade gesmeek,* en hy het nederig berou getoon voor die God van sy voorvaders. 13 Hy het tot God bly bid, en sy smeekgebed het God diep geraak. God het sy versoek om genade gehoor en hom weer koning in Jerusalem laat word.+ Toe het Manasʹse geweet dat Jehovah die ware God is.+

14 Daarna het hy ’n buitemuur vir die Stad van Dawid+ gebou, wes van die Gihon-fontein+ in die vallei* en tot by die Vispoort.+ Die muur was baie hoog en het om die stad geloop tot by Ofel.+ Verder het hy hoofde van die leërmag in al die versterkte stede in Juda aangestel. 15 Hy het toe die vreemde gode en die afgodsbeeld uit die huis van Jehovah verwyder,+ asook al die altare wat hy op die berg van die huis van Jehovah+ en in Jerusalem gebou het, en hy het dit buite die stad laat gooi. 16 Hy het ook die altaar van Jehovah+ gereedgemaak en vrede-offers*+ en dankoffers+ daarop begin offer en vir Juda gesê dat hulle Jehovah, die God van Israel, moet dien. 17 Tog het die volk nog op die offerhoogtes offerandes gebring, maar net aan Jehovah hulle God.

18 Wat die res van die geskiedenis van Manasʹse betref, sy gebed tot sy God en die woorde van die sieners wat in die naam van Jehovah, die God van Israel, met hom gepraat het, dit is opgeteken in die geskiedkundige verslae van die konings van Israel. 19 En sy smeekgebed+ en hoe dit beantwoord is, al sy sondes en sy ontrouheid,+ die plekke waar hy offerhoogtes gebou en heilige pale* en beelde opgerig het+ voordat hy nederig berou getoon het, dit is opgeteken in die geskrifte van sy sieners. 20 Manasʹse het gesterf,* en hulle het hom by sy huis begrawe. En sy seun Amon het in sy plek koning geword.+

21 Amon+ was 22 jaar oud toe hy koning geword het, en hy het twee jaar lank in Jerusalem regeer.+ 22 Hy het bly doen wat sleg is in Jehovah se oë, net soos sy pa, Manasʹse, gedoen het.+ En Amon het offerandes aan al die beelde geoffer wat sy pa, Manasʹse, gemaak het,+ en hy het hulle bly dien. 23 Maar hy het nie berou getoon voor Jehovah+ soos sy pa, Manasʹse, gedoen het nie.+ Amon het eerder al hoe meer sondes gepleeg. 24 Later het sy knegte teen hom saamgesweer+ en hom in sy eie huis vermoor. 25 Maar die volk van die land het almal doodgemaak wat teen koning Amon saamgesweer het,+ en hulle het sy seun Josiʹa+ in sy plek koning gemaak.

Afrikaanse publikasies (1975-2023)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2023 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel