Job
Ek sal kla oor my probleme.
Ek sal praat omdat ek bitterlik ly!
2 Ek sal vir God sê: ‘Moet my nie skuldig verklaar nie.
Sê vir my hoekom u teen my stry.
3 Vind u daarby baat om my te onderdruk,
om die werk van u hande te haat,+
terwyl u die planne van die goddeloses goedkeur?
4 Het u oë soos dié van ’n mens?
Of sien u soos ’n mens sien?
5 Is u dae soos die dae van ’n mens,
of is u jare soos dié van ’n mens+
6 dat u soek na wat ek verkeerd gedoen het
en dat u heeltyd na my sonde soek?+
7 U weet dat ek nie skuldig is nie.+
En niemand kan my uit u hand red nie.+
12 U het my lewe gegee en lojale liefde aan my betoon.
U het my lewe bewaar deur vir my te sorg.+
13 Maar u het in die geheim beplan om hierdie dinge te doen.
Ek weet dat hierdie dinge van u af kom.
15 As ek skuldig is, is daar geen hoop vir my nie!
17 U bring nuwe getuies teen my,
en u woede teen my raak groter,
terwyl die een probleem ná die ander oor my kom.
18 Hoekom het u toegelaat dat ek gebore word?*+
Ek moes gesterf het voordat enigiemand my kon sien.
19 Dit sou gewees het asof ek nooit bestaan het nie.
Ek sou reguit van die baarmoeder na die graf gegaan het.’
20 Het ek nie min dae oor nie?+ As hy my maar net in vrede wou laat
en van my wou wegkyk, sodat ek verligting kan vind*+
21 voordat ek weggaan – en ek sal nie terugkom nie+ –
na die land van diep donkerte,*+
22 na die land van digte duisternis,
’n land van diep skaduwee en wanorde,
waar selfs die lig soos die duisternis is.”