Job
24 “Hoekom stel die Almagtige nie ’n tyd vas wanneer hy mense gaan oordeel nie?+
Hoekom sien dié wat hom ken, nie sy dag nie?
2 Mense verskuif grensbakens.+
Hulle steel kuddes vir hulle eie weiveld.
4 Hulle druk die armes van die pad af.
Die hulpeloses moet vir hulle wegkruip.+
5 Die armes moet na kos soek soos wildedonkies+ in die wildernis.
Hulle soek in die woestyn na kos vir hulle kinders.
6 Hulle moet in iemand anders se landery oes*
en pluk wat in die wingerd van die goddelose oorgebly het.
7 Sonder klere moet hulle die nag deurbring.+
Hulle het niks om hulle mee te bedek wanneer dit koud is nie.
8 Hulle word papnat van die reën in die berge.
Hulle klou aan die rotse vas omdat daar nie skuilplek is nie.
9 Die vaderlose kind word van die bors af weggeruk.+
En die klere van die arme word afgevat as sekuriteit vir ’n lening.+
10 Hulle word dus gedwing om sonder klere rond te loop
en honger te ly terwyl hulle graanbondels dra.
11 In die skroeiende hitte werk hulle hard* op die terrasse.
Hulle trap druiwe in die wynperse, en tog ly hulle dors.+
12 Die sterwendes hou aan kreun in die stad.
Hulle verwerp die weë van die lig
en volg nie die paaie daarvan nie.
14 Die moordenaar staan teen dagbreek op.
Hy maak die hulpeloses en die armes dood+
en in die nag steel hy.
En hy bedek sy gesig.
16 In die donkerte breek hulle by huise in.
In die dag sluit hulle hulleself toe.
Hulle ken nie die lig nie.+
17 Hulle vrees die oggend net soos ander mense die donkerte vrees.
Hulle is gewoond aan die gevare van die donkerte.
18 Maar hulle word vinnig deur die waters weggespoel.*
Hulle stuk grond sal vervloek wees.+
Hulle sal nie na hulle wingerde terugkeer nie.
20 Hulle ma’s* sal hulle vergeet; die wurms sal hulle eet.
Niemand sal hulle onthou nie.+
Die goddeloses sal gebreek word net soos ’n boom.
21 Hulle buit onvrugbare vrouens uit
en mishandel weduwees.
22 God sal sy krag gebruik om ’n einde aan die magtiges te maak.
Al word hulle sterk, het hulle geen versekering dat hulle sal bly lewe nie.
24 Hulle is vir ’n kort rukkie belangrik, en dan verdwyn hulle.+
Hulle word verneder+ en sterf soos al die ander mense.
Hulle word soos koring afgesny.
25 Wie kan teen my stry
of my verkeerd bewys?”