’n Lied van die opgange.
126 Toe Jehovah die gevangenes van Sion teruggebring het,+
het dit gevoel asof ons droom.
2 Op daardie tyd is ons mond met gelag gevul
en het ons tong van vreugde uitgeroep.+
Op daardie tyd het hulle onder die nasies gesê:
“Jehovah het groot dinge vir hulle gedoen.”+
3 Jehovah het groot dinge vir ons gedoen,+
en ons is vol vreugde.
4 Bring tog ons gevangenes terug,* o Jehovah,
soos strome* in die Negeb.
5 Dié wat met trane saai,
sal met uitroepe van vreugde oes.
6 Die een wat wel uitgaan, al is dit huilend,
met sy sak vol saad in sy hand,
sal vir seker met uitroepe van vreugde terugkeer,+
met sy graanbondels in sy hand.+