’n Lied van die opgange. Van Dawid.
131 O Jehovah, my hart is nie hoogmoedig nie,
en my oë is nie trots nie.+
Ek streef ook nie na dinge wat te groot is+
of wat vir my onbereikbaar is nie.
2 Nee, maar ek het my siel gekalmeer en tot bedaring gebring,+
soos ’n klein kindjie by sy ma.
Ek is so tevrede soos ’n klein kindjie.
3 Laat Israel op Jehovah wag,+
van nou af en tot in alle ewigheid.