Psalms
Van Dawid.
28 Ek bly tot u roep, o Jehovah my Rots.+
Luister tog na my.
As u my nie antwoord nie,
sal ek word soos dié wat na die graf afgaan.+
2 Hoor my smekinge wanneer ek tot u om hulp roep
en my hande oplig na die binneste vertrek van u heiligdom.+
3 Moenie my wegsleep saam met die goddeloses, saam met dié wat skadelike dinge beoefen nie,+
dié wat op ’n vreedsame manier met hulle medemens praat terwyl daar goddeloosheid in hulle hart is.+
Betaal hulle terug vir die werk van hulle hande,
volgens wat hulle gedoen het.+
Hy sal hulle afbreek en hulle nie opbou nie.
6 Mag Jehovah geloof word,
want hy het my smekinge om hulp gehoor.
7 Jehovah is my sterkte+ en my skild.+
My hart vertrou op hom.+
Ek het sy hulp ontvang, en my hart is baie bly.
Daarom sal ek hom loof met my lied.
8 Jehovah is ’n sterkte vir sy volk.
Hy is ’n vesting wat groot reddingsdade vir sy gesalfde verrig.+
9 Red u volk, en seën u erfdeel.+
Wees vir hulle ’n herder en dra hulle vir ewig in u arms.+