Psalms
Vir die musiekleier: Op die wysie van “Moenie vernietig nie”. Van Dawid. Miktam.* Toe hy vir Saul gevlug het, in die grot in.+
57 Wees genadig teenoor my, o God, wees genadig teenoor my,
want ek kom soek beskerming by u,+
en in die skaduwee van u vlerke kom soek ek beskerming totdat die rampspoed verbygegaan het.+
2 Ek roep tot God, die Allerhoogste,
tot die ware God, wat ’n einde aan hulle maak vir my.
3 Hy sal hulp uit die hemel stuur en my red.+
Hy sal die een wat my aanval, laat misluk. (Sela)
God sal sy lojale liefde en sy getrouheid stuur.+
Ek moet gaan lê tussen mense wat my wil verslind.
Hulle tande is spiese en pyle,
en hulle tong is ’n skerp swaard.+
5 Mag u hoog bo die hemel wees, o God.
Mag u heerlikheid oor die hele aarde wees.+
6 Hulle het ’n net gespan om my voete te verstrik.+
Ek gaan gebuk onder sorge.+
Hulle het ’n put voor my gegrawe,
maar hulle het self daarin geval.+ (Sela)
Ek sal sing en musiek maak.
8 Word wakker, o my hele wese.*
Word wakker, o snaarinstrument, en jy ook, o harp.
Ek sal die dagbreek wakker maak.+
9 Ek sal u prys onder die volke, o Jehovah.+
Ek sal onder die nasies vir u lofliedere sing.*+
11 Mag u hoog bo die hemel wees, o God.
Mag u heerlikheid oor die hele aarde wees.+