Psalms
Vir die musiekleier: Op die wysie van “Moenie vernietig nie”. Van Dawid. Miktam.*
58 Kan julle van regverdigheid praat wanneer julle stilbly?+
Kan julle in geregtigheid oordeel, o mensekinders?+
3 Die goddeloses slaan van geboorte af* ’n verkeerde weg in.
Hulle het afgedwaal en is leuenaars vandat hulle gebore is.
4 Hulle gif is soos die gif van slange.+
Hulle is doof soos die kobra wat sy oor toestop
5 en wat nie na die stem van slangbesweerders luister nie,
ongeag hoe vaardig hulle met hulle towerspreuke is.
6 O God, slaan die tande uit hulle mond!
Breek die kakebene van hierdie leeus,* o Jehovah!
7 Mag hulle verdwyn soos water wat wegloop.
Mag Hy sy boog span en hulle met sy pyle laat val.
8 Mag hulle soos ’n slak wees wat wegsmelt terwyl dit seil.
Soos ’n vrou se doodgebore kind wat nooit die son sien nie.
9 Voordat julle kookpotte die hitte van die doringstruik voel,
sal Hy die groen takkie en die brandende takkie wegvee asof in ’n stormwind.+
10 Die regverdige sal bly wees omdat hy die wraak gesien het.+
Sy voete sal vol van die bloed van die goddeloses wees.+
11 Dan sal mense sê: “Daar is beslis ’n beloning vir die regverdige.+
Daar is wel ’n God wat op die aarde oordeel.”+