Psalms
Vir die musiekleier: Op Mut-Labben.* ’n Melodie van Dawid.
א [Alef]
2 Ek sal bly wees en van vreugde uitroep as gevolg van u.
Ek sal liedere sing* om u naam te loof, o Allerhoogste.+
ב [Bet]
4 Want u verdedig my regsaak met geregtigheid.
U sit op u troon en oordeel met regverdigheid.+
ג [Gimel]
6 Die vyand is vir ewig verwoes.
U het hulle stede weggevee,
en daar sal nooit weer aan hulle gedink word nie.+
ה [He]
8 Hy sal die bewoonde aarde* in regverdigheid oordeel.+
Hy sal regverdige regsbesluite vir die nasies neem.+
ו [Waw]
9 Jehovah sal ’n veilige skuilplek* word vir dié wat onderdruk word,+
’n veilige skuilplek in moeilike tye.+
10 Dié wat u naam ken, sal op u vertrou.+
U sal nooit dié verlaat wat u dien* nie, o Jehovah.+
ז [Zajin]
12 Want die Een wat hulle bloed wreek, onthou hulle.+
Hy sal nie die geroep vergeet van dié wat swaarkry nie.+
ח [Get]
13 Wees genadig teenoor my, o Jehovah, kyk hoe ek swaarkry as gevolg van dié wat my haat,
u wat my oplig uit die poorte van die dood,+
14 sodat ek u lofwaardige dade bekend kan maak in die poorte van die dogter van Sion,+
en sodat ek bly kan wees oor u dade van redding.+
ט [Tet]
15 Die nasies het weggesink in die vanggat wat hulle gegrawe het.
Hulle eie voet is gevang in die net wat hulle weggesteek het.+
16 Jehovah word geken aan die oordeel wat hy voltrek.+
Die goddelose is verstrik in die werk van sy eie hande.+
Higgajon.* (Sela)
י [Jod]
18 Maar die armes sal nie vir altyd vergeet word nie,+
en die hoop van die nederiges sal ook nooit verdwyn nie.+
כ [Kaf ]
19 Staan op, o Jehovah! Moenie toelaat dat die sterflike mens oorwin nie.
Mag die nasies in u teenwoordigheid geoordeel word.+