Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Eksodus 13
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

Oorsig van Eksodus

      • Elke manlike eersgeborene behoort aan Jehovah (1, 2)

      • Fees van Ongesuurde Brode (3-10)

      • Elke manlike eersgeborene aan God gewy (11-16)

      • Israel na Rooisee gelei (17-20)

      • Wolkkolom en vuurkolom (21, 22)

Eksodus 13:2

Voetnote

  • *

    Lett. “Sonder vir my elke eersgeborene af wat elke baarmoeder open”.

Kantlynverwysings

  • +Nu 3:13; 18:15; De 15:19; Lu 2:22, 23

Eksodus 13:3

Kantlynverwysings

  • +Eks 12:42; De 16:3
  • +De 4:34; Ne 9:10

Eksodus 13:4

Voetnote

  • *

    Sien Aanh. B15.

Kantlynverwysings

  • +De 16:1

Eksodus 13:5

Kantlynverwysings

  • +Eks 3:8; 34:11
  • +Ge 15:18; Eks 6:5, 8
  • +Eks 3:17; De 8:7-9

Eksodus 13:6

Kantlynverwysings

  • +Eks 12:15; 34:18

Eksodus 13:7

Kantlynverwysings

  • +Eks 23:15
  • +De 16:3

Eksodus 13:8

Kantlynverwysings

  • +Eks 12:26, 27

Eksodus 13:9

Voetnote

  • *

    Of “gedenkteken”.

  • *

    Lett. “tussen jou oë”.

Kantlynverwysings

  • +Eks 12:14; De 11:18

Eksodus 13:10

Kantlynverwysings

  • +Eks 12:24, 25

Eksodus 13:11

Kantlynverwysings

  • +Ge 15:18

Eksodus 13:12

Voetnote

  • *

    Lett. “elkeen wat die baarmoeder open”.

  • *

    Of “elke manlike eersteling”.

Kantlynverwysings

  • +Eks 22:29; 34:19, 20; Le 27:26; Nu 3:13; Lu 2:22, 23

Eksodus 13:13

Voetnote

  • *

    Of “eersteling van ’n”.

Kantlynverwysings

  • +Nu 18:15

Eksodus 13:14

Kantlynverwysings

  • +De 7:7, 8

Eksodus 13:15

Voetnote

  • *

    Lett. “alles wat die baarmoeder open”.

Kantlynverwysings

  • +Eks 5:2
  • +Eks 12:29; Ps 78:51

Eksodus 13:16

Voetnote

  • *

    Lett. “tussen jou oë”.

Kantlynverwysings

  • +De 11:18

Eksodus 13:18

Kantlynverwysings

  • +Eks 14:2, 3; Nu 33:5

Eksodus 13:19

Voetnote

  • *

    Lett. “beendere”.

  • *

    Lett. “beendere”.

Kantlynverwysings

  • +Ge 50:24, 25; Jos 24:32; Heb 11:22

Eksodus 13:21

Kantlynverwysings

  • +Eks 14:19
  • +Nu 9:15; Ps 78:14

Eksodus 13:22

Kantlynverwysings

  • +Ps 105:39; 1Kor 10:1

Parallelle vertalings

Klik op ’n vers om parallelle Bybelverse te vertoon.

Algemeen

Eks. 13:2Nu 3:13; 18:15; De 15:19; Lu 2:22, 23
Eks. 13:3Eks 12:42; De 16:3
Eks. 13:3De 4:34; Ne 9:10
Eks. 13:4De 16:1
Eks. 13:5Eks 3:8; 34:11
Eks. 13:5Ge 15:18; Eks 6:5, 8
Eks. 13:5Eks 3:17; De 8:7-9
Eks. 13:6Eks 12:15; 34:18
Eks. 13:7Eks 23:15
Eks. 13:7De 16:3
Eks. 13:8Eks 12:26, 27
Eks. 13:9Eks 12:14; De 11:18
Eks. 13:10Eks 12:24, 25
Eks. 13:11Ge 15:18
Eks. 13:12Eks 22:29; 34:19, 20; Le 27:26; Nu 3:13; Lu 2:22, 23
Eks. 13:13Nu 18:15
Eks. 13:14De 7:7, 8
Eks. 13:15Eks 5:2
Eks. 13:15Eks 12:29; Ps 78:51
Eks. 13:16De 11:18
Eks. 13:18Eks 14:2, 3; Nu 33:5
Eks. 13:19Ge 50:24, 25; Jos 24:32; Heb 11:22
Eks. 13:21Eks 14:19
Eks. 13:21Nu 9:15; Ps 78:14
Eks. 13:22Ps 105:39; 1Kor 10:1
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
  • Lees in Nuwe Wêreld-vertaling (bi12-AF)
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
  • 6
  • 7
  • 8
  • 9
  • 10
  • 11
  • 12
  • 13
  • 14
  • 15
  • 16
  • 17
  • 18
  • 19
  • 20
  • 21
  • 22
Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
Eksodus 13:1-22

Eksodus

13 Jehovah het verder met Moses gepraat en gesê: 2 “Heilig vir my elke manlike eersgeborene* onder die Israeliete. Elke manlike eersgeborene behoort aan my, of dit nou ’n mens of ’n dier is.”+

3 Toe het Moses vir die volk gesê: “Onthou hierdie dag waarop julle uit Egipte,+ uit die huis van slawerny, uitgegaan het, want Jehovah het julle met ’n magtige hand hiervandaan uitgelei.+ Daarom mag niks geëet word wat met suurdeeg gemaak is nie. 4 Julle vertrek op hierdie dag, in die maand Abib.*+ 5 Wanneer Jehovah julle in die land van die Kanaäniete, die Hetiete, die Amoriete, die Hewiete en die Jebusiete+ gebring het, wat hy aan julle voorvaders met ’n eed belowe het om aan julle te gee,+ ’n land wat oorloop van melk en heuning,+ dan moet julle hierdie fees in hierdie maand vier. 6 Julle moet sewe dae lank ongesuurde brood eet,+ en op die sewende dag sal daar ’n fees vir Jehovah wees. 7 Ongesuurde brood moet gedurende die sewe dae geëet word,+ en niks wat met suurdeeg gemaak is, mag by julle gevind word nie,+ en geen suurdeeg mag in julle hele gebied by julle gevind word nie. 8 En julle moet vir julle seuns op daardie dag sê: ‘Dit is as gevolg van wat Jehovah vir ons gedoen het toe ons uit Egipte getrek het.’+ 9 Hierdie fees sal vir julle dien as ’n teken op julle hand en as ’n herinnering* op julle voorkop,*+ sodat Jehovah se wet op julle lippe sal wees, want Jehovah het julle met ’n magtige hand uit Egipte uitgelei. 10 Julle moet hierdie wetsbepaling jaar ná jaar op die vasgestelde tyd nakom.+

11 “Wanneer Jehovah julle in die land van die Kanaäniete inbring, wat hy met ’n eed aan julle en julle voorvaders belowe het om aan julle te gee,+ 12 dan moet julle elke eersgebore seun,* sowel as elke eersgebore manlike dier* wat julle bykry, aan Jehovah wy. Hulle behoort aan Jehovah.+ 13 Elke eersgebore* donkie moet julle met ’n skaap loskoop, en as julle dit nie loskoop nie, moet julle sy nek breek. En elke eersgebore seun moet julle loskoop.+

14 “As julle seuns julle later vra: ‘Wat beteken dit?’ dan moet julle vir hulle sê: ‘Jehovah het ons met ’n magtige hand uit Egipte, uit die huis van slawerny, gebring.+ 15 Toe Farao hardkoppig geweier het om ons weg te stuur,+ het Jehovah elke eersgeborene in Egipte doodgemaak, die eersgeborene van die mense sowel as die eersgeborene van die diere.+ Daarom bring ek al die eersgebore mannetjies* as ’n offerande aan Jehovah en koop ek elke eersgebore seun los.’ 16 Dit moet dien as ’n teken op julle hand en as ’n band op julle voorkop,*+ want Jehovah het ons met ’n magtige hand uit Egipte uitgelei.”

17 Toe Farao die volk weggestuur het, het God hulle nie deur die land van die Filistyne gelei nie, al was dit ’n korter pad. Want God het gesê: “Die volk sal dalk van gedagte verander as hulle sien dat hulle oorlog moet voer, en dan sal hulle na Egipte terugkeer.” 18 God het die volk dus met ’n ompad laat gaan, op die weg deur die wildernis by die Rooisee.+ Die Israeliete het nietemin ordelik, soos groepe soldate, uit Egipte vertrek. 19 Moses het ook Josef se liggaam* saam met hom geneem, want Josef het die seuns van Israel laat sweer: “God sal vir seker aan julle dink, en julle moet my liggaam* saam met julle hiervandaan neem.”+ 20 Hulle het van Sukkot af vertrek en by Etam, aan die rand van die wildernis, kamp opgeslaan.

21 Jehovah het voor hulle uit gegaan, in die dag in ’n wolkkolom om hulle op die pad te lei+ en in die nag in ’n vuurkolom om vir hulle lig te gee, sodat hulle in die dag en in die nag kon reis.+ 22 Die wolkkolom het nie gedurende die dag van die volk af wegbeweeg nie, en ook nie die vuurkolom in die nag nie.+

Afrikaanse publikasies (1975-2021)
Teken af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2021 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel