Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Eksodus 30
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

Oorsig van Eksodus

      • Reukwerkaltaar (1-10)

      • Sensus en geld vir versoening (11-16)

      • Koperkom (17-21)

      • Spesiale mengsel vir salfolie (22-33)

      • Resep vir heilige reukwerk (34-38)

Eksodus 30:1

Kruisverwysings

  • +Eks 40:5
  • +Eks 37:25-28

Eksodus 30:2

Voetnote

  • *

    Omtrent 44,5 cm. Sien Aanh. B14.

Kruisverwysings

  • +Eks 27:1, 2; Le 4:7

Eksodus 30:6

Voetnote

  • *

    Of “voorhangsel”.

Kruisverwysings

  • +Eks 26:33; Heb 9:3
  • +Eks 25:22

Eksodus 30:7

Kruisverwysings

  • +1Kr 23:13
  • +Eks 30:34, 35
  • +Nu 16:39, 40; 1Sa 2:27, 28; Lu 1:9
  • +Eks 27:20

Eksodus 30:8

Voetnote

  • *

    Lett. “tussen die twee aande”.

Eksodus 30:9

Kruisverwysings

  • +Le 10:1; 2Kr 26:18; Ese 8:11, 12

Eksodus 30:10

Kruisverwysings

  • +Le 23:27; Heb 9:7
  • +Le 16:5, 6, 18, 19

Eksodus 30:12

Kruisverwysings

  • +Eks 38:25; Nu 1:2; 2Sa 24:10, 15

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2011/11/1, bl. 12

Eksodus 30:13

Voetnote

  • *

    ’n Sikkel was gelyk aan 11,4 g. Sien Aanh. B14.

  • *

    Of “volgens die heilige sikkel”.

  • *

    ’n Gera was gelyk aan 0,57 g. Sien Aanh. B14.

Kruisverwysings

  • +Le 27:25
  • +2Kr 24:9; Mt 17:24

Eksodus 30:14

Kruisverwysings

  • +Eks 38:26; Nu 1:3; 26:1, 2

Eksodus 30:15

Voetnote

  • *

    ’n Sikkel was gelyk aan 11,4 g. Sien Aanh. B14.

  • *

    Of “siel”.

Eksodus 30:16

Voetnote

  • *

    Of “siele”.

Eksodus 30:18

Kruisverwysings

  • +Eks 38:8; Le 8:11; 1Kn 7:38
  • +Eks 40:7

Eksodus 30:19

Kruisverwysings

  • +Eks 40:30, 31; Heb 10:22

Eksodus 30:21

Kruisverwysings

  • +2Kr 4:6

Eksodus 30:24

Voetnote

  • *

    Of “volgens die heilige sikkel”.

  • *

    ’n Hin was gelyk aan 3,67 l. Sien Aanh. B14.

Kruisverwysings

  • +Nu 3:47

Eksodus 30:25

Voetnote

  • *

    Of “Dit moet soos die werk van ’n salfmaker wees”.

Kruisverwysings

  • +Eks 37:29

Eksodus 30:26

Kruisverwysings

  • +Eks 40:9; Nu 7:1

Eksodus 30:29

Kruisverwysings

  • +Le 8:10
  • +Eks 29:37

Eksodus 30:30

Kruisverwysings

  • +Le 8:12
  • +Nu 3:2, 3
  • +Eks 40:15

Eksodus 30:31

Kruisverwysings

  • +Eks 37:29; 1Kn 1:39; Ps 89:20

Eksodus 30:33

Voetnote

  • *

    Lett. “’n vreemdeling”, d.w.s. iemand wat nie deel is van Aäron se familie nie.

Kruisverwysings

  • +Eks 30:37, 38

Eksodus 30:34

Voetnote

  • *

    Die gom van ’n ongeïdentifiseerde soort boom.

  • *

    ’n Ongeïdentifiseerde bestanddeel wat moontlik van ’n geurige plant of ’n soort skulpdier verkry is.

Kruisverwysings

  • +Eks 25:3, 6

Eksodus 30:35

Voetnote

  • *

    Of “moet soos die werk van ’n salfmaker wees”.

Kruisverwysings

  • +Eks 37:29; Ps 141:2; Op 5:8
  • +Le 2:13

Eksodus 30:37

Kruisverwysings

  • +Eks 30:31, 32

Parallelle vertalings

Kliek op ’n vers om parallelle Bybelverse te vertoon.

Algemeen

Eks. 30:1Eks 40:5
Eks. 30:1Eks 37:25-28
Eks. 30:2Eks 27:1, 2; Le 4:7
Eks. 30:6Eks 26:33; Heb 9:3
Eks. 30:6Eks 25:22
Eks. 30:71Kr 23:13
Eks. 30:7Eks 30:34, 35
Eks. 30:7Nu 16:39, 40; 1Sa 2:27, 28; Lu 1:9
Eks. 30:7Eks 27:20
Eks. 30:9Le 10:1; 2Kr 26:18; Ese 8:11, 12
Eks. 30:10Le 23:27; Heb 9:7
Eks. 30:10Le 16:5, 6, 18, 19
Eks. 30:12Eks 38:25; Nu 1:2; 2Sa 24:10, 15
Eks. 30:13Le 27:25
Eks. 30:132Kr 24:9; Mt 17:24
Eks. 30:14Eks 38:26; Nu 1:3; 26:1, 2
Eks. 30:18Eks 38:8; Le 8:11; 1Kn 7:38
Eks. 30:18Eks 40:7
Eks. 30:19Eks 40:30, 31; Heb 10:22
Eks. 30:212Kr 4:6
Eks. 30:24Nu 3:47
Eks. 30:25Eks 37:29
Eks. 30:26Eks 40:9; Nu 7:1
Eks. 30:29Le 8:10
Eks. 30:29Eks 29:37
Eks. 30:30Le 8:12
Eks. 30:30Nu 3:2, 3
Eks. 30:30Eks 40:15
Eks. 30:31Eks 37:29; 1Kn 1:39; Ps 89:20
Eks. 30:33Eks 30:37, 38
Eks. 30:34Eks 25:3, 6
Eks. 30:35Eks 37:29; Ps 141:2; Op 5:8
Eks. 30:35Le 2:13
Eks. 30:37Eks 30:31, 32
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
  • Lees in Nuwe Wêreld-vertaling (bi12-AF)
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
  • 6
  • 7
  • 8
  • 9
  • 10
  • 11
  • 12
  • 13
  • 14
  • 15
  • 16
  • 17
  • 18
  • 19
  • 20
  • 21
  • 22
  • 23
  • 24
  • 25
  • 26
  • 27
  • 28
  • 29
  • 30
  • 31
  • 32
  • 33
  • 34
  • 35
  • 36
  • 37
  • 38
Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
Eksodus 30:1-38

Eksodus

30 “Jy moet ’n altaar maak waarop reukwerk gebrand kan word.+ Jy moet dit van akasiahout maak.+ 2 Dit moet vierkantig wees, een el* lank, een el breed en twee el hoog. Die horings moet deel van die altaar wees.+ 3 Jy moet die altaar met suiwer goud oortrek: die boonste oppervlak, al die kante en die horings. Jy moet ook ’n goue randversiering daarom maak. 4 Jy moet onder die randversiering aan twee teenoorgestelde kante ook twee goue ringe daarvoor maak, en die pale waarmee dit gedra word, moet daardeur gesteek word. 5 Jy moet die pale van akasiahout maak en dit met goud oortrek. 6 Jy moet dit voor die gordyn* sit wat naby die ark van die Getuienis+ is, voor die deksel wat oor die Getuienis is, waar ek aan jou sal verskyn.+

7 “Aäron+ moet geurige reukwerk+ daarop+ brand en dit op die altaar laat rook wanneer hy elke oggend na die lampe+ omsien. 8 En wanneer Aäron die lampe teen skemer* aansteek, moet hy die reukwerk brand. Dit is ’n gereelde reukwerk-offer voor Jehovah in al julle geslagte. 9 Julle mag nie onwettige reukwerk+ of ’n brandoffer of ’n graanoffer daarop offer nie, en julle mag nie ’n drankoffer daarop uitgooi nie. 10 Aäron moet een keer per jaar+ op die horings daarvan versoening doen. Hy moet een keer per jaar van die bloed van die sonde-offer gebruik om vir die altaar versoening te doen.+ Dit moet in al julle geslagte gedoen word. Dit is besonder heilig vir Jehovah.”

11 Toe het Jehovah vir Moses gesê: 12 “Wanneer jy ook al ’n sensus opneem en die seuns van Israel tel,+ moet elkeen tydens die sensus ’n losprys vir sy lewe aan Jehovah gee. Hulle moet dit doen sodat geen plaag hulle tref wanneer hulle geregistreer word nie. 13 Dít is wat almal wat geregistreer is, moet gee: ’n halfsikkel* volgens die standaardsikkel van die heiligdom.*+ Twintig gera* is gelyk aan ’n sikkel. ’n Halfsikkel is die bydrae vir Jehovah.+ 14 Elkeen van 20 jaar en ouer wat geregistreer is, moet Jehovah se bydrae gee.+ 15 Die ryke moenie meer as ’n halfsikkel* gee en die arme moenie minder as ’n halfsikkel gee as ’n bydrae aan Jehovah om vir sy lewe* versoening te doen nie. 16 Jy moet die silwergeld van die versoening by die Israeliete neem en dit vir die diens in verband met die tent van samekoms gee, sodat dit vir die Israeliete as ’n herinnering voor Jehovah kan dien, om vir hulle lewens* versoening te doen.”

17 Jehovah het verder vir Moses gesê: 18 “Maak ’n koperkom met ’n voetstuk.+ Sit dit dan tussen die tent van samekoms en die altaar en gooi water daarin.+ 19 Aäron en sy seuns moet hulle hande en hulle voete daar was.+ 20 Wanneer hulle in die tent van samekoms ingaan of by die altaar kom om te dien en om vuuroffers aan Jehovah te offer en offerrook te laat opgaan, moet hulle hulle met water was sodat hulle nie sterf nie. 21 Hulle moet hulle hande en hulle voete was sodat hulle nie sterf nie. Dit is ’n permanente wetsvoorskrif vir hulle, vir hom en sy nageslag, in al hulle geslagte.”+

22 Jehovah het verder vir Moses gesê: 23 “Neem ook die beste bestanddele: 500 eenhede gestolde mirre en die helfte soveel soet kaneel, met ander woorde 250 eenhede, sowel as 250 eenhede soet kalmoes 24 en 500 eenhede kassia, gemeet volgens die standaardsikkel van die heiligdom,*+ asook ’n hin* olyfolie. 25 Dan moet jy ’n heilige salfolie hiervan maak. Dit moet met vaardigheid gemeng word.*+ Dit moet ’n heilige salfolie wees.

26 “Jy moet die tent van samekoms+ en die ark van die Getuienis daarmee salf, 27 sowel as die tafel en al sy voorwerpe, die lampstaander en sy voorwerpe, die reukwerkaltaar, 28 die brandofferaltaar en al sy voorwerpe en die kom en sy voetstuk. 29 Jy moet hulle heilig sodat hulle besonder heilig sal word.+ Enigiemand wat aan hulle raak, moet heilig wees.+ 30 En jy moet Aäron+ en sy seuns+ salf en hulle heilig sodat hulle my as priesters kan dien.+

31 “Jy moet vir die Israeliete sê: ‘Dit moet in al julle geslagte ’n heilige salfolie vir my bly.+ 32 Dit mag nie op iemand se liggaam gebruik word nie, en julle mag nie ’n soortgelyke mengsel maak nie. Dit is iets heiligs. Dit moet vir julle iets heiligs bly. 33 Enigiemand wat ’n soortgelyke salf maak en wat van die salf op ’n gewone mens* sit, moet doodgemaak word en so uit sy volk verwyder word.’”+

34 Toe het Jehovah vir Moses gesê: “Neem gelyke hoeveelhede van die volgende bestanddele:+ staktedruppels,* onika,* geurige galbanum en suiwer wierook. 35 Maak reukwerk+ daarvan. Die bestanddele moet met vaardigheid gemeng word* en moet gesout wees.+ Dit moet suiwer en heilig wees. 36 Jy moet ’n deel daarvan tot fyn poeier stamp en ’n deel daarvan voor die Getuienis in die tent van samekoms sit, waar ek aan jou sal verskyn. Dit moet vir julle besonder heilig wees. 37 Julle mag nie hierdie resep volg om reukwerk vir julle eie gebruik te maak nie.+ Julle moet dit as iets heiligs vir Jehovah beskou. 38 Enigiemand wat iets soortgelyks maak om die reuk daarvan te geniet, moet doodgemaak word en so uit sy volk verwyder word.”

Afrikaanse publikasies (1975-2021)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2021 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel