Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Eksodus 34
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

Oorsig van Eksodus

      • Nuwe kliptablette gemaak (1-4)

      • Moses sien Jehovah se heerlikheid (5-9)

      • Besonderhede van verbond herhaal (10-28)

      • Moses se gesig straal lig uit (29-35)

Eksodus 34:1

Kantlynverwysings

  • +De 10:1
  • +De 9:10
  • +Eks 32:19; De 9:17

Eksodus 34:2

Kantlynverwysings

  • +Eks 19:20; 24:12

Eksodus 34:3

Kantlynverwysings

  • +Eks 19:12, 13

Eksodus 34:5

Kantlynverwysings

  • +Han 7:38
  • +Eks 6:3; 33:19

Eksodus 34:6

Voetnote

  • *

    Sien Woordelys.

  • *

    Of “liefderyke goedhartigheid”.

  • *

    Of “getrouheid”.

Kantlynverwysings

  • +Lu 6:36
  • +Eks 22:27; 2Kr 30:9; Ne 9:17; Ps 86:15; Jl 2:13
  • +Nu 14:18; 2Pe 3:9
  • +Jer 31:3; Klg 3:22; Mi 7:18
  • +Ps 31:5; Ro 2:2

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring (Studie-uitgawe),

    2017/9, bl. 8

    Nader aan Jehovah, bl. 276-278

    Ontwaak!,

    2011/7, bl. 6-7

    Die Wagtoring,

    2009/5/1, bl. 18

    2005/5/15, bl. 23-25

    2002/1/15, bl. 13-15, 17-18

Eksodus 34:7

Kantlynverwysings

  • +Da 9:4
  • +Ps 103:12; Jes 55:7; Ef 4:32; 1Jo 1:9
  • +De 32:35; Jos 24:19; Ro 2:5; 2Pe 2:4; Jud 14, 15
  • +Eks 20:5; De 30:19; 1Sa 15:2

Indekse

  • Navorsingsgids

    Nader aan Jehovah, bl. 114-117

    Die Wagtoring,

    2009/5/1, bl. 18

    2005/5/15, bl. 23-25

    2002/1/15, bl. 13-15, 17-18

Eksodus 34:9

Kantlynverwysings

  • +Eks 33:14
  • +Eks 32:9; 33:3
  • +Nu 14:19

Eksodus 34:10

Voetnote

  • *

    Of “geskep”.

Kantlynverwysings

  • +2Sa 7:23; Ps 147:19, 20
  • +Eks 33:16; De 10:21

Eksodus 34:11

Kantlynverwysings

  • +Eks 19:5, 6; De 12:28
  • +Eks 3:8; 33:2; De 7:1

Eksodus 34:12

Kantlynverwysings

  • +De 7:2
  • +Eks 23:32, 33

Eksodus 34:13

Voetnote

  • *

    Sien Woordelys.

Kantlynverwysings

  • +Eks 23:24; De 12:3

Eksodus 34:14

Voetnote

  • *

    Of “Jehovah, sy naam is Jaloers; Jehovah duld nie mededingers nie”.

Kantlynverwysings

  • +Eks 20:3; 1Kor 10:14; 1Jo 5:21
  • +Jos 24:19

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2002/10/15, bl. 28

Eksodus 34:15

Voetnote

  • *

    Lett. “prostitusie met hulle gode pleeg”.

Kantlynverwysings

  • +1Kor 10:20
  • +Nu 25:2; 2Kor 6:14

Eksodus 34:16

Kantlynverwysings

  • +Esr 9:2
  • +De 7:4; 31:16; Rig 2:17; 8:33; 1Kn 11:2; Ne 13:26; Ps 106:28

Eksodus 34:17

Kantlynverwysings

  • +Eks 32:8; Le 19:4

Eksodus 34:18

Voetnote

  • *

    Sien Aanh. B15.

Kantlynverwysings

  • +Le 23:6
  • +Eks 23:15

Eksodus 34:19

Voetnote

  • *

    Lett. “Alles wat die baarmoeder open”.

Kantlynverwysings

  • +Eks 13:2; Lu 2:23
  • +Eks 22:30

Eksodus 34:20

Voetnote

  • *

    Of “eersteling van ’n”.

Kantlynverwysings

  • +Eks 13:15; Nu 18:15, 16

Eksodus 34:21

Voetnote

  • *

    Of “sabbat hou”.

Kantlynverwysings

  • +De 5:12

Eksodus 34:22

Voetnote

  • *

    Ook die Huttefees genoem.

Kantlynverwysings

  • +Eks 23:16; Le 23:34

Eksodus 34:23

Kantlynverwysings

  • +De 16:16

Eksodus 34:24

Kantlynverwysings

  • +Eks 34:11

Eksodus 34:25

Kantlynverwysings

  • +Eks 23:18
  • +Eks 12:10; Nu 9:12

Eksodus 34:26

Kantlynverwysings

  • +Nu 18:8, 12; De 26:2; Spr 3:9
  • +Eks 23:19; De 14:21

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2004/3/15, bl. 27

Eksodus 34:27

Kantlynverwysings

  • +Eks 24:4; De 31:9, 11
  • +Eks 24:8; De 4:13

Indekse

  • Navorsingsgids

    Nader aan Jehovah, bl. 179-181

    Die Wagtoring,

    2012/6/15, bl. 26

Eksodus 34:28

Voetnote

  • *

    Lett. “die Tien Woorde”. Ook die Dekaloog genoem.

Kantlynverwysings

  • +De 9:18
  • +Eks 31:18; De 10:2

Eksodus 34:29

Kantlynverwysings

  • +Eks 32:15

Eksodus 34:30

Kantlynverwysings

  • +2Kor 3:7

Eksodus 34:32

Kantlynverwysings

  • +Eks 24:3; De 1:3

Eksodus 34:33

Kantlynverwysings

  • +2Kor 3:13

Eksodus 34:34

Kantlynverwysings

  • +2Kor 3:16
  • +De 27:10

Eksodus 34:35

Kantlynverwysings

  • +2Kor 3:7, 13

Parallelle vertalings

Klik op ’n vers om parallelle Bybelverse te vertoon.

Algemeen

Eks. 34:1De 10:1
Eks. 34:1De 9:10
Eks. 34:1Eks 32:19; De 9:17
Eks. 34:2Eks 19:20; 24:12
Eks. 34:3Eks 19:12, 13
Eks. 34:5Han 7:38
Eks. 34:5Eks 6:3; 33:19
Eks. 34:6Lu 6:36
Eks. 34:6Eks 22:27; 2Kr 30:9; Ne 9:17; Ps 86:15; Jl 2:13
Eks. 34:6Nu 14:18; 2Pe 3:9
Eks. 34:6Jer 31:3; Klg 3:22; Mi 7:18
Eks. 34:6Ps 31:5; Ro 2:2
Eks. 34:7Da 9:4
Eks. 34:7Ps 103:12; Jes 55:7; Ef 4:32; 1Jo 1:9
Eks. 34:7De 32:35; Jos 24:19; Ro 2:5; 2Pe 2:4; Jud 14, 15
Eks. 34:7Eks 20:5; De 30:19; 1Sa 15:2
Eks. 34:9Eks 33:14
Eks. 34:9Eks 32:9; 33:3
Eks. 34:9Nu 14:19
Eks. 34:102Sa 7:23; Ps 147:19, 20
Eks. 34:10Eks 33:16; De 10:21
Eks. 34:11Eks 19:5, 6; De 12:28
Eks. 34:11Eks 3:8; 33:2; De 7:1
Eks. 34:12De 7:2
Eks. 34:12Eks 23:32, 33
Eks. 34:13Eks 23:24; De 12:3
Eks. 34:14Eks 20:3; 1Kor 10:14; 1Jo 5:21
Eks. 34:14Jos 24:19
Eks. 34:151Kor 10:20
Eks. 34:15Nu 25:2; 2Kor 6:14
Eks. 34:16Esr 9:2
Eks. 34:16De 7:4; 31:16; Rig 2:17; 8:33; 1Kn 11:2; Ne 13:26; Ps 106:28
Eks. 34:17Eks 32:8; Le 19:4
Eks. 34:18Le 23:6
Eks. 34:18Eks 23:15
Eks. 34:19Eks 13:2; Lu 2:23
Eks. 34:19Eks 22:30
Eks. 34:20Eks 13:15; Nu 18:15, 16
Eks. 34:21De 5:12
Eks. 34:22Eks 23:16; Le 23:34
Eks. 34:23De 16:16
Eks. 34:24Eks 34:11
Eks. 34:25Eks 23:18
Eks. 34:25Eks 12:10; Nu 9:12
Eks. 34:26Nu 18:8, 12; De 26:2; Spr 3:9
Eks. 34:26Eks 23:19; De 14:21
Eks. 34:27Eks 24:4; De 31:9, 11
Eks. 34:27Eks 24:8; De 4:13
Eks. 34:28De 9:18
Eks. 34:28Eks 31:18; De 10:2
Eks. 34:29Eks 32:15
Eks. 34:302Kor 3:7
Eks. 34:32Eks 24:3; De 1:3
Eks. 34:332Kor 3:13
Eks. 34:342Kor 3:16
Eks. 34:34De 27:10
Eks. 34:352Kor 3:7, 13
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
  • Lees in Nuwe Wêreld-vertaling (bi12-AF)
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
  • 6
  • 7
  • 8
  • 9
  • 10
  • 11
  • 12
  • 13
  • 14
  • 15
  • 16
  • 17
  • 18
  • 19
  • 20
  • 21
  • 22
  • 23
  • 24
  • 25
  • 26
  • 27
  • 28
  • 29
  • 30
  • 31
  • 32
  • 33
  • 34
  • 35
Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
Eksodus 34:1-35

Eksodus

34 Toe het Jehovah vir Moses gesê: “Kap vir jou twee kliptablette uit soos die eerstes,+ en ek sal op die tablette die woorde skryf wat op die eerste tablette was,+ wat jy stukkend gegooi het.+ 2 Maak gereed vir die oggend, want in die oggend moet jy teen die berg Siʹnai opklim en daar voor my op die top van die berg gaan staan.+ 3 Maar niemand mag saam met jou opklim nie, en niemand anders moet op enige deel van die berg gesien word nie. Nie eers die kleinvee of die beeste mag voor daardie berg wei nie.”+

4 Toe het Moses twee kliptablette uitgekap soos die eerstes en die oggend vroeg opgestaan en teen die berg Siʹnai opgeklim, net soos Jehovah hom beveel het, en hy het die twee kliptablette in sy hande geneem. 5 Jehovah het toe in die wolk neergedaal+ en daar by hom gaan staan en die naam van Jehovah uitgeroep.+ 6 Jehovah het voor hom verbygegaan en uitgeroep: “Jehovah, Jehovah, ’n God wat genadig is+ en medelye* betoon,+ wat nie gou kwaad word nie+ en vol lojale liefde*+ en waarheid*+ is, 7 wat lojale liefde aan duisende betoon,+ wat ongehoorsaamheid en oortreding en sonde vergewe.+ Maar hy sal beslis nie die skuldiges ongestraf laat bly nie,+ want hy bring straf vir die oortreding van vaders oor kinders en oor kleinkinders, oor die derde geslag en oor die vierde geslag.”+

8 Moses het dadelik op sy knieë gegaan en neergebuig. 9 Toe het hy gesê: “O Jehovah, as ek nou u goedkeuring geniet, gaan saam met ons, asseblief Jehovah, en wees met ons,+ alhoewel ons ’n hardkoppige volk is,+ en vergewe ons oortreding en ons sonde,+ en neem ons as u eie besitting.” 10 Hy het geantwoord: “Kyk, ek maak ’n verbond: Ek sal wonderlike dinge voor jou hele volk doen, dinge wat nog nooit op die hele aarde of onder enige van die nasies gedoen* is nie.+ En die hele volk onder wie jy woon, sal die werk van Jehovah sien, want dit is iets ontsagwekkends wat ek met julle doen.+

11 “Skenk aandag aan wat ek julle vandag beveel.+ Kyk, ek verdryf die Amoriete, die Kanaäniete, die Hetiete, die Perissiete, die Hewiete en die Jebusiete voor julle uit.+ 12 Sorg dat julle nie ’n verbond maak met die inwoners van die land waarheen julle gaan nie,+ anders sal dit dalk vir julle ’n strik word.+ 13 Maar julle moet hulle altare afbreek, hulle heilige pilare stukkend breek en hulle heilige pale* afkap.+ 14 Julle mag nie voor ’n ander god neerbuig nie,+ want Jehovah is daarvoor bekend dat hy uitsluitlike toegewydheid vereis.* Ja, hy is ’n God wat uitsluitlike toegewydheid vereis.+ 15 Sorg dat julle nie ’n verbond met die inwoners van die land maak nie, want wanneer hulle hulle gode aanbid* en aan hulle gode offerandes bring,+ sal julle genooi word, en julle sal van hulle offerandes eet.+ 16 Dan sal julle van hulle dogters vir julle seuns neem,+ en hulle dogters sal hulle gode aanbid en maak dat julle seuns hulle gode aanbid.+

17 “Julle mag nie gode van gegote metaal maak nie.+

18 “Julle moet die Fees van die Ongesuurde Brode+ vier. Julle moet ongesuurde brood eet, net soos ek julle beveel het. Doen dit sewe dae lank op die vasgestelde tyd in die maand Abib,*+ want julle het Egipte in die maand Abib verlaat.

19 “Elke manlike eersgeborene* is myne,+ insluitende al die manlike eersgeborenes van julle vee, hetsy kalf of lam.+ 20 Julle moet elke eersgebore* donkie met ’n skaap loskoop. Maar as julle dit nie loskoop nie, moet julle sy nek breek. Julle moet elke eersgebore seun loskoop.+ Niemand mag met leë hande voor my verskyn nie.

21 “Ses dae lank moet julle werk, maar op die sewende dag moet julle rus.*+ Selfs in die ploegtyd en tydens die oes moet julle rus.

22 “En julle moet julle Fees van die Weke met die eerste opbrengs van die koringoes vier, en julle moet die Fees van die Insameling* aan die einde van die jaar vier.+

23 “Drie keer per jaar moet al die mans onder julle voor die ware Heer, Jehovah, die God van Israel, verskyn.+ 24 Want ek sal die nasies voor julle uit verdryf,+ en ek sal julle gebied vergroot, en niemand sal julle land begeer wanneer julle drie keer per jaar opgaan om voor Jehovah julle God te verskyn nie.

25 “Julle mag nie die bloed van my offerande saam met enigiets offer wat met suurdeeg gemaak is nie.+ Die offerande van die Pasgafees mag nie oornag tot die oggend toe gehou word nie.+

26 “Julle moet die beste van die eerste opbrengs van julle grond na die huis van Jehovah julle God bring.+

“Julle mag nie ’n boklam in sy ma se melk kook nie.”+

27 Jehovah het verder vir Moses gesê: “Jy moet hierdie woorde neerskryf,+ want dit is in ooreenstemming met hierdie woorde dat ek ’n verbond met jou en met Israel maak.”+ 28 En hy het 40 dae en 40 nagte daar by Jehovah gebly. Hy het niks geëet en niks gedrink nie.+ En Hy het die woorde van die verbond, die Tien Gebooie,* op die tablette geskryf.+

29 Moses het toe teen die berg Siʹnai afgeklim, en die twee tablette van die Getuienis was in sy hande.+ Toe hy teen die berg afklim, het Moses nie geweet dat sy gesig lig uitstraal omdat hy met God gepraat het nie. 30 Toe Aäron en al die Israeliete Moses sien, het hulle opgelet dat sy gesig lig uitstraal, en hulle was bang om naby hom te kom.+

31 Maar Moses het hulle geroep. Toe het Aäron en al die hoofmanne van die gemeenskap na hom toe gegaan, en Moses het met hulle gepraat. 32 Daarna het al die Israeliete nader aan hom gekom, en hy het al die bevele wat Jehovah vir hom op die berg Siʹnai gegee het, aan hulle oorgedra.+ 33 Wanneer Moses klaar met hulle gepraat het, het hy ’n sluier oor sy gesig gesit.+ 34 Maar wanneer Moses voor Jehovah ingegaan het om met hom te praat, het hy die sluier afgehaal totdat hy uitgegaan het.+ Dan het hy uitgegaan en die bevele wat hy ontvang het, aan die Israeliete bekend gemaak.+ 35 En wanneer die Israeliete gesien het dat Moses se gesig lig uitstraal, het Moses die sluier weer oor sy gesig gesit totdat hy ingegaan het om met God te praat.+

Afrikaanse publikasies (1975-2021)
Teken af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2021 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel