Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Eksodus 39
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

Oorsig van Eksodus

      • Priesterlike klere word gemaak (1)

      • Die efod (2-7)

      • Die borsstuk (8-21)

      • Die moulose oorkleed (22-26)

      • Ander priesterlike klere (27-29)

      • Die goue plaat (30, 31)

      • Moses ondersoek tabernakel (32-43)

Eksodus 39:1

Kruisverwysings

  • +Eks 35:23
  • +Eks 28:4, 5; 29:5; 35:10, 19

Eksodus 39:2

Kruisverwysings

  • +Eks 28:6-8; Le 8:7

Eksodus 39:5

Kruisverwysings

  • +Eks 29:5

Eksodus 39:6

Kruisverwysings

  • +Eks 28:9, 10

Eksodus 39:7

Kruisverwysings

  • +Eks 28:12

Eksodus 39:8

Kruisverwysings

  • +Le 8:8
  • +Eks 28:15-21

Eksodus 39:9

Voetnote

  • *

    Omtrent 22,2 cm. Sien Aanh. B14.

Eksodus 39:12

Voetnote

  • *

    ’n Ongeïdentifiseerde edelsteen wat moontlik na amber, hiasint, opaal of toermalyn verwys.

Eksodus 39:15

Kruisverwysings

  • +Eks 28:22-25

Eksodus 39:19

Kruisverwysings

  • +Eks 28:26-28

Eksodus 39:22

Kruisverwysings

  • +Eks 28:31-35

Eksodus 39:23

Voetnote

  • *

    ’n Beskermende kledingstuk wat deur ’n vegter gedra is.

Eksodus 39:27

Kruisverwysings

  • +Eks 28:39, 40

Eksodus 39:28

Voetnote

  • *

    Of “onderklere”.

Kruisverwysings

  • +Eks 28:4
  • +Eks 29:8, 9
  • +Eks 28:42

Eksodus 39:30

Voetnote

  • *

    Of “die heilige hoofband”.

Kruisverwysings

  • +Eks 28:36, 37; Le 8:9

Eksodus 39:32

Kruisverwysings

  • +Eks 25:40; Heb 8:5

Eksodus 39:33

Kruisverwysings

  • +Eks 36:8
  • +Eks 36:14
  • +Eks 36:18
  • +Eks 36:20
  • +Eks 36:31
  • +Eks 36:24

Eksodus 39:34

Voetnote

  • *

    Of “voorhangsel”.

Kruisverwysings

  • +Eks 36:19
  • +Eks 36:35

Eksodus 39:35

Kruisverwysings

  • +Eks 37:1, 4
  • +Eks 37:6

Eksodus 39:36

Kruisverwysings

  • +Eks 37:10, 16

Eksodus 39:37

Kruisverwysings

  • +Eks 37:17, 23
  • +Eks 25:38
  • +Eks 35:27, 28

Eksodus 39:38

Voetnote

  • *

    Of “gordyn”.

Kruisverwysings

  • +Eks 37:25
  • +Eks 37:29
  • +Eks 30:34, 35
  • +Eks 36:37

Eksodus 39:39

Kruisverwysings

  • +Eks 38:1, 4
  • +Eks 38:6
  • +Eks 38:30
  • +Eks 30:18; 38:8

Eksodus 39:40

Voetnote

  • *

    Of “gordyn”.

Kruisverwysings

  • +Eks 38:9-11
  • +Eks 38:18
  • +Eks 38:20

Eksodus 39:41

Kruisverwysings

  • +Eks 28:3

Eksodus 39:42

Kruisverwysings

  • +Eks 35:10; 36:1

Parallelle vertalings

Kliek op ’n vers om parallelle Bybelverse te vertoon.

Algemeen

Eks. 39:1Eks 35:23
Eks. 39:1Eks 28:4, 5; 29:5; 35:10, 19
Eks. 39:2Eks 28:6-8; Le 8:7
Eks. 39:5Eks 29:5
Eks. 39:6Eks 28:9, 10
Eks. 39:7Eks 28:12
Eks. 39:8Le 8:8
Eks. 39:8Eks 28:15-21
Eks. 39:15Eks 28:22-25
Eks. 39:19Eks 28:26-28
Eks. 39:22Eks 28:31-35
Eks. 39:27Eks 28:39, 40
Eks. 39:28Eks 28:4
Eks. 39:28Eks 29:8, 9
Eks. 39:28Eks 28:42
Eks. 39:30Eks 28:36, 37; Le 8:9
Eks. 39:32Eks 25:40; Heb 8:5
Eks. 39:33Eks 36:8
Eks. 39:33Eks 36:14
Eks. 39:33Eks 36:18
Eks. 39:33Eks 36:20
Eks. 39:33Eks 36:31
Eks. 39:33Eks 36:24
Eks. 39:34Eks 36:19
Eks. 39:34Eks 36:35
Eks. 39:35Eks 37:1, 4
Eks. 39:35Eks 37:6
Eks. 39:36Eks 37:10, 16
Eks. 39:37Eks 37:17, 23
Eks. 39:37Eks 25:38
Eks. 39:37Eks 35:27, 28
Eks. 39:38Eks 37:25
Eks. 39:38Eks 37:29
Eks. 39:38Eks 30:34, 35
Eks. 39:38Eks 36:37
Eks. 39:39Eks 38:1, 4
Eks. 39:39Eks 38:6
Eks. 39:39Eks 38:30
Eks. 39:39Eks 30:18; 38:8
Eks. 39:40Eks 38:9-11
Eks. 39:40Eks 38:18
Eks. 39:40Eks 38:20
Eks. 39:41Eks 28:3
Eks. 39:42Eks 35:10; 36:1
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
  • Lees in Nuwe Wêreld-vertaling (bi12-AF)
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
  • 6
  • 7
  • 8
  • 9
  • 10
  • 11
  • 12
  • 13
  • 14
  • 15
  • 16
  • 17
  • 18
  • 19
  • 20
  • 21
  • 22
  • 23
  • 24
  • 25
  • 26
  • 27
  • 28
  • 29
  • 30
  • 31
  • 32
  • 33
  • 34
  • 35
  • 36
  • 37
  • 38
  • 39
  • 40
  • 41
  • 42
  • 43
Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
Eksodus 39:1-43

Eksodus

39 Van die blou garing, die pers wol en die helderrooi materiaal+ het hulle fyngeweefde klere gemaak vir diens in die heiligdom. Hulle het die heilige klere vir Aäron gemaak,+ net soos Jehovah Moses beveel het.

2 Hy het die efod+ gemaak van goud, blou garing, pers wol, helderrooi materiaal en fyn gedraaide linnedraad. 3 Hulle het goue plate uitgeklop totdat dit dun blaaie was, en Besaʹleël het dit in dun draadjies gesny om saam met die blou garing, die pers wol, die helderrooi materiaal en die fyn linne in te weef, en daar is op die efod geborduur. 4 Hulle het skouerstukke vir die efod gemaak wat die twee bokante daarvan met mekaar verbind het. 5 En die geweefde lyfband, wat aan die efod vasgeheg is om dit in plek te hou,+ is van dieselfde materiale gemaak, naamlik goud, blou garing, pers wol, helderrooi materiaal en fyn gedraaide linnedraad, net soos Jehovah Moses beveel het.

6 Toe het hulle die oniksstene in goue monterings geset, en hulle het die name van die seuns van Israel daarop gegraveer, net soos daar op ’n seël gegraveer word.+ 7 Besaʹleël het die stene op die skouerstukke van die efod gesit as ’n herinnering aan die seuns van Israel,+ net soos Jehovah Moses beveel het. 8 Daarna het hy die borsstuk+ gemaak. Dit was die werk van ’n borduurder, net soos die efod. Dit was van goud, blou garing, pers wol, helderrooi materiaal en fyn gedraaide linnedraad.+ 9 Dit was vierkantig wanneer dit dubbel gevou was. Hulle het die borsstuk gemaak, en wanneer dit dubbel gevou was, was dit so lank en so breed soos die span van ’n hand.* 10 Hulle het vier rye stene daarin geset. In die eerste ry: robyn, topaas en smarag. 11 In die tweede ry: turkoois, saffier en jaspis. 12 In die derde ry: lesjʹem-steen,* agaat en ametis. 13 In die vierde ry: chrisoliet, oniks en jade. Hulle is in goue monterings geset. 14 Die stene het ooreengestem met die name van die 12 seuns van Israel, en die name is gegraveer soos dit op ’n seël gegraveer sou word. Elke naam het een van die 12 stamme verteenwoordig.

15 Toe het hulle gedraaide kettinkies vir die borsstuk gemaak, soos toutjies van suiwer goud.+ 16 En hulle het twee goue monterings en twee goue ringe gemaak en die twee ringe aan die twee hoeke van die borsstuk vasgesit. 17 Daarna het hulle die twee goue toutjies deur die twee ringe aan die hoeke van die borsstuk gesteek. 18 Toe het hulle die twee punte van die twee toutjies deur die twee monterings gesteek en dit aan die skouerstukke aan die voorkant van die efod vasgeheg. 19 Daarna het hulle twee goue ringe gemaak en hulle aan die twee hoeke van die borsstuk vasgesit, aan die agterkant van die borsstuk, wat aan die efod raak.+ 20 Toe het hulle nog twee goue ringe gemaak en hulle aan die voorkant van die efod vasgesit, onder die twee skouerstukke, naby die verbinding en bo die plek waar die geweefde lyfband aan die efod vas was. 21 Uiteindelik het hulle die ringe van die borsstuk met ’n blou toutjie aan die ringe van die efod vasgebind, sodat die borsstuk op die efod in plek gehou sou word, bo die geweefde lyfband, net soos Jehovah Moses beveel het.

22 Toe het hy die moulose oorkleed van die efod geheel en al van blou garing gemaak, die werk van ’n wewer.+ 23 Die opening van die moulose oorkleed was in die middel daarvan, soos die opening van ’n pantser.* Die opening het ’n rand rondom gehad sodat dit nie sou skeur nie. 24 Daarna het hulle aan die soom van die moulose oorkleed granaatjies gemaak van blou garing, pers wol en helderrooi materiaal, wat inmekaargedraai was. 25 En hulle het klokkies van suiwer goud gemaak en die klokkies tussen die granaatjies gesit, reg rondom die soom van die moulose oorkleed. 26 Hulle het die klokkies en die granaatjies afgewissel, ’n klokkie en dan ’n granaatjie, reg rondom die soom van die moulose oorkleed wat vir die diens gebruik is, net soos Jehovah Moses beveel het.

27 En hulle het vir Aäron en sy seuns die klere van fyn linne gemaak, wat deur ’n wewer geweef is,+ 28 sowel as die tulband+ van fyn linne, die hoofbedekkings+ van fyn linne wat as versierings gedien het, die kortbroeke*+ van fyn gedraaide linnedraad 29 en die lyfband van fyn gedraaide linnedraad, blou garing, pers wol en helderrooi materiaal, wat saamgeweef is, net soos Jehovah Moses beveel het.

30 Uiteindelik het hulle die blink plaat, die heilige toewydingsteken,* van suiwer goud gemaak en ’n opskrif daarop gegraveer, net soos daar op ’n seël gegraveer sou word: “Heiligheid behoort aan Jehovah.”+ 31 Hulle het ’n toutjie van blou garing daaraan vasgebind sodat hulle dit op die tulband kon sit, net soos Jehovah Moses beveel het.

32 So is al die werk vir die tabernakel, die tent van samekoms, voltooi, en die Israeliete het alles gedoen wat Jehovah Moses beveel het.+ Hulle het net so gedoen.

33 Toe het hulle die tabernakel+ na Moses toe gebring, die tent+ en al sy toerusting: sy hakies,+ sy paneelrame,+ sy stawe+ en sy pilare en sy voetstukke;+ 34 sy bedekking van rooigekleurde ramsvelle,+ sy bedekking van robbevelle, die gordyn* wat as die skerm sou dien;+ 35 die ark van die Getuienis en sy pale+ en die deksel;+ 36 die tafel, al sy voorwerpe+ en die offerbrode; 37 die lampstaander van suiwer goud, sy lampe,+ dit wil sê die ry lampe, sowel as al sy voorwerpe+ en die olie vir die lampe;+ 38 die goue altaar,+ die salfolie,+ die geurige reukwerk,+ die skerm*+ vir die ingang van die tent; 39 die koperaltaar+ en sy koperrooster, sy pale,+ al sy voorwerpe,+ die kom en sy voetstuk;+ 40 die hangende gordyne van die voorhof, sy pilare en sy voetstukke,+ die skerm*+ vir die ingang van die voorhof, sy tenttoue en sy tentpenne+ en al die voorwerpe vir die diens in verband met die tabernakel, die tent van samekoms; 41 die fyngeweefde klere vir diens in die heiligdom, die heilige klere vir die priester Aäron+ en die klere van sy seuns vir hulle priesterlike diens.

42 Die Israeliete het al die werk gedoen volgens alles wat Jehovah Moses beveel het.+ 43 Toe Moses al hulle werk ondersoek het, het hy gesien dat hulle dit gedoen het net soos Jehovah beveel het. En Moses het hulle geseën.

Afrikaanse publikasies (1975-2021)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2021 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel