Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Spreuke 27
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

Oorsig van Spreuke

    • SPREUKE VAN SALOMO WAT KONING HISKIA SE MANNE OPGESKRYF HET (25:1–29:27)

        • Teregwysing van vriend is goed (5, 6)

        • My seun, maak my hart bly (11)

        • Yster slyp yster (17)

        • Weet hoe dit met jou kudde gaan (23)

        • “Rykdom hou nie vir ewig nie” (24)

Spreuke 27:1

Kruisverwysings

  • +Lu 12:19, 20; Jak 4:13, 14

Spreuke 27:2

Kruisverwysings

  • +Spr 25:27; Jer 9:23; 2Kor 10:18

Spreuke 27:3

Kruisverwysings

  • +1Sa 25:25

Spreuke 27:4

Kruisverwysings

  • +Ge 37:9-11; Spr 14:30; Han 17:5

Spreuke 27:5

Kruisverwysings

  • +Le 19:17; Mt 18:15

Spreuke 27:6

Voetnote

  • *

    Of moontlik “’n vyand se soene is vals”.

Kruisverwysings

  • +2Sa 12:7, 9; Ps 141:5; Op 3:19

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2000/12/1, bl. 21

Spreuke 27:8

Voetnote

  • *

    Of “wat van sy nes af vlug”.

Spreuke 27:9

Kruisverwysings

  • +1Sa 23:16; Spr 15:23; 16:24

Spreuke 27:10

Kruisverwysings

  • +Spr 17:17; 18:24

Spreuke 27:11

Kruisverwysings

  • +Spr 10:1; 23:15; 2Jo 4
  • +Job 1:8, 9

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring (Studie-uitgawe),

    2016/12, bl. 30

    Die Wagtoring,

    2012/11/15, bl. 13

    2009/4/15, bl. 7-11

    2006/8/15, bl. 26

    2003/4/15, bl. 14-15

    Onderwyser, bl. 208-211

Spreuke 27:12

Kruisverwysings

  • +Spr 18:10; Jes 26:20; Heb 11:7

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2015/7/1, bl. 8-9

Spreuke 27:13

Voetnote

  • *

    Of “’n uitlander”.

Kruisverwysings

  • +Spr 20:16

Spreuke 27:15

Voetnote

  • *

    Of “Neulerige”.

Kruisverwysings

  • +Spr 21:9, 19

Spreuke 27:17

Voetnote

  • *

    Lett. “slyp”.

Kruisverwysings

  • +1Sa 23:16; Heb 10:24, 25

Spreuke 27:18

Kruisverwysings

  • +Spr 13:4
  • +Ge 39:2; Spr 17:2

Spreuke 27:20

Voetnote

  • *

    Of “Sjeool en Abaddon”.

Kruisverwysings

  • +Spr 30:15, 16

Spreuke 27:21

Kruisverwysings

  • +Spr 17:3

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2011/8/1, bl. 29

    2006/9/15, bl. 19

Spreuke 27:23

Voetnote

  • *

    Of “die voorkoms van jou kudde goed ken”.

  • *

    Of “Rig jou hart op; Skenk aandag aan”.

Kruisverwysings

  • +Kol 3:23

Indekse

  • Navorsingsgids

    Jeremia, bl. 131

Spreuke 27:24

Kruisverwysings

  • +Spr 23:4, 5; 1Ti 6:17

Parallelle vertalings

Kliek op ’n vers om parallelle Bybelverse te vertoon.

Algemeen

Spr. 27:1Lu 12:19, 20; Jak 4:13, 14
Spr. 27:2Spr 25:27; Jer 9:23; 2Kor 10:18
Spr. 27:31Sa 25:25
Spr. 27:4Ge 37:9-11; Spr 14:30; Han 17:5
Spr. 27:5Le 19:17; Mt 18:15
Spr. 27:62Sa 12:7, 9; Ps 141:5; Op 3:19
Spr. 27:91Sa 23:16; Spr 15:23; 16:24
Spr. 27:10Spr 17:17; 18:24
Spr. 27:11Spr 10:1; 23:15; 2Jo 4
Spr. 27:11Job 1:8, 9
Spr. 27:12Spr 18:10; Jes 26:20; Heb 11:7
Spr. 27:13Spr 20:16
Spr. 27:15Spr 21:9, 19
Spr. 27:171Sa 23:16; Heb 10:24, 25
Spr. 27:18Spr 13:4
Spr. 27:18Ge 39:2; Spr 17:2
Spr. 27:20Spr 30:15, 16
Spr. 27:21Spr 17:3
Spr. 27:23Kol 3:23
Spr. 27:24Spr 23:4, 5; 1Ti 6:17
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
  • Lees in Nuwe Wêreld-vertaling (bi12-AF)
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
  • 6
  • 7
  • 8
  • 9
  • 10
  • 11
  • 12
  • 13
  • 14
  • 15
  • 16
  • 17
  • 18
  • 19
  • 20
  • 21
  • 22
  • 23
  • 24
  • 25
  • 26
  • 27
Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
Spreuke 27:1-27

Spreuke

27 Moenie spog oor wat jy môre gaan doen nie,

want jy weet nie wat môre gaan gebeur nie.+

 2 Laat iemand anders jou prys, en nie jou eie mond nie.

Laat ander dit doen, en nie jou eie lippe nie.+

 3 ’n Klip is swaar en sand weeg baie,

maar die irritasie wat ’n dwaas veroorsaak, is swaarder as al twee.+

 4 Woede is wreed, en dit is soos vernietigende vloedwaters,

maar wie kan voor jaloesie staande bly?+

 5 ’n Openlike teregwysing is beter as liefde wat weggesteek word.+

 6 Al maak ’n vriend se teregwysing seer, bewys dit sy getrouheid,+

maar ’n vyand gee baie soene.*

 7 As iemand genoeg geëet het, wil hy nie eers heuning uit ’n heuningkoek hê nie,

maar as ’n mens honger is, smaak selfs wat bitter is, soet.

 8 Soos ’n voël wat ver van sy nes af is,*

so is ’n man wat ver van sy huis af is.

 9 Olie en reukwerk maak die hart bly,

so ook die vriendskap van iemand wat jou opregte raad gee.+

10 Moenie jou rug draai op jou vriend of jou pa se vriend nie,

en moenie na jou broer se huis gaan as rampspoed jou tref nie.

’n Buurman wat naby is, is beter as ’n broer wat ver weg is.+

11 Wees wys, my seun, en maak my hart bly,+

sodat ek hom wat my uittart, ’n antwoord kan gee.+

12 Die verstandige sien die gevaar en vermy dit,+

maar die onervarene gaan voort en moet die gevolge dra.

13 Neem ’n man se kleed as hy

vir ’n vreemdeling borg gestaan het,

en as hy dit vir ’n onsedelike vrou* gedoen het, moet jy van sy besittings as sekuriteit neem.+

14 As iemand sy medemens vroeg in die oggend met ’n harde stem seën,

sal dit as ’n vloek beskou word.

15 ’n Stryerige* vrou is soos ’n dak wat aanhoudend lek op ’n reënerige dag.+

16 Iemand wat haar kan beheer, kan die wind beheer

en kan olie in sy regterhand vashou.

17 Soos yster deur yster geslyp word,

so vorm* vriende mekaar.+

18 Die een wat ’n vyeboom versorg, sal die vrugte daarvan eet,+

en die een wat vir sy meester sorg, sal geëer word.+

19 Soos water ’n mens se gesig weerspieël,

so weerspieël die hart van een mens dié van ’n ander.

20 Die Graf en die plek van vernietiging* raak nooit versadig nie,+

en die oë van ’n mens raak ook nooit versadig nie.

21 Soos die smeltpot vir silwer is en die smeltoond vir goud,+

so word ’n mens getoets deur die lof wat hy ontvang.

22 Graan word met ’n stamper fyngemaal.

Maar al doen jy dit met ’n dwaas,

sal jy nie sy dwaasheid uit hom kry nie.

23 Jy moet weet hoe dit met jou kudde gaan.*

Sorg goed vir* jou skape,+

24 want rykdom hou nie vir ewig nie,+

en ’n kroon ook nie tot in alle geslagte nie.

25 Die groen gras verdwyn, nuwe gras verskyn

en voer word uit die berge ingebring.

26 Die jong ramme voorsien wol vir jou klere,

en die bokramme wat jy verkoop, voorsien geld vir ’n stuk grond.

27 En daar sal genoeg bokmelk vir jou,

jou huisgesin en jou diensmeisies wees.

Afrikaanse publikasies (1975-2024)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2023 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel