Hooglied van Salomo
6 “Waarheen het jou geliefde gegaan,
o pragtigste onder die vroue?
In watter rigting het jou geliefde gegaan?
Laat ons hom saam met jou soek.”
2 “My geliefde het afgegaan na sy tuin,
na die speserybeddings,
om in die tuine skape op te pas
en om lelies te pluk.+
Hy pas skape op tussen die lelies.”+
4 “Jy is so pragtig soos Tirsa,*+ my liefling,+
so lieflik soos Jerusalem,+
so indrukwekkend soos leërmagte wat om hulle baniere staan.+
Jou hare is soos ’n trop bokke
wat teen die hange van Giʹlead afhuppel.+
6 Jou tande is soos ’n trop skape
wat nou net skoon gewas is.
Elkeen het ’n tweeling,
en nie een het ’n lammetjie verloor nie.
Sy is spesiaal vir haar ma.
Sy is die gunsteling van die een wat aan haar geboorte gegee het.
Die dogters sien haar, en hulle noem haar gelukkig.
Koninginne en byvrouens prys haar.
10 ‘Wie is sy wat skyn soos die dagbreek,
wat so pragtig is soos die volmaan,
so rein soos die sonlig,
so indrukwekkend soos leërmagte wat om hulle baniere staan?’”+
11 “Ek het afgegaan na die neuteboord,+
om te sien of die bome in die vallei* bot,
om te sien of die wingerdstok uitgespruit het,
of die granaatbome se bloeisels uitgekom het.
12 Voordat ek dit geweet het,
het my verlange my
tot by die strydwaens van my gewillige volk gebring.”
13 “Kom terug, kom terug, o Sulammitiese meisie!
Kom terug, kom terug,
sodat ons jou kan sien!”
“Hoekom kyk julle vir die Sulammitiese meisie?”+
“Sy is soos die gedans van twee groepe!”*