Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Jeremia 39
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

Oorsig van Jeremia

      • Val van Jerusalem (1-10)

        • Sedekia vlug en word gevang (4-7)

      • Jeremia sal beskerm word (11-14)

      • Ebed-Meleg se lewe sal gespaar word (15-18)

Jeremia 39:1

Voetnote

  • *

    Lett. “Nebukadresar”, ’n wisselvorm van die naam.

Kruisverwysings

  • +2Kn 25:1, 2; Jer 52:4, 5; Ese 24:1, 2

Jeremia 39:2

Kruisverwysings

  • +2Kn 25:3, 4; Jer 52:6, 7; Ese 33:21

Jeremia 39:3

Voetnote

  • *

    Of, volgens ’n ander woordverdeling van die Hebreeuse teks: “Nergal-Sareser, Samgar-Nebo, Sarsegim, Rabsaris”.

  • *

    Of “die hooftowenaar (hoofsterrevoorspeller)”.

Kruisverwysings

  • +Jer 1:15

Indekse

  • Navorsingsgids

    Ontwaak!,

    2009/5, bl. 11

Jeremia 39:4

Kruisverwysings

  • +De 28:25
  • +2Kn 25:4-7; Jer 52:7-11

Jeremia 39:5

Voetnote

  • *

    Lett. “Nebukadresar”, ’n wisselvorm van die naam.

Kruisverwysings

  • +Jer 32:4; 38:18
  • +2Kn 23:31, 33
  • +2Kn 17:24

Jeremia 39:6

Kruisverwysings

  • +Jer 21:7; 34:18-20

Jeremia 39:7

Kruisverwysings

  • +Ese 12:13

Jeremia 39:8

Voetnote

  • *

    Lett. “huis”.

Kruisverwysings

  • +Jes 5:9; Jer 38:18
  • +2Kn 25:9-11; 2Kr 36:17, 19; Ne 1:3; Jer 52:13-15

Jeremia 39:9

Kruisverwysings

  • +2Kn 25:20; Jer 40:1; 52:12

Jeremia 39:10

Voetnote

  • *

    Of moontlik “wingerde gegee en verpligte diens opgelê”.

Kruisverwysings

  • +2Kn 25:12; Jer 52:16

Jeremia 39:11

Voetnote

  • *

    Lett. “Nebukadresar”, ’n wisselvorm van die naam.

Jeremia 39:12

Kruisverwysings

  • +Jer 40:2, 4

Jeremia 39:13

Voetnote

  • *

    Of “die hoofhofbeampte”.

  • *

    Of “die hooftowenaar (hoofsterrevoorspeller)”.

Jeremia 39:14

Kruisverwysings

  • +Jer 38:28
  • +2Kn 25:22; Jer 40:5; 41:2
  • +2Kr 34:20, 21; Jer 26:24
  • +2Kn 22:8

Jeremia 39:15

Kruisverwysings

  • +Jer 32:2; 37:21

Jeremia 39:16

Kruisverwysings

  • +Jer 38:7

Jeremia 39:17

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2012/5/1, bl. 31

Jeremia 39:18

Kruisverwysings

  • +Jer 45:2, 5
  • +Ps 37:39, 40; Jer 17:7

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2012/5/1, bl. 31

Parallelle vertalings

Kliek op ’n vers om parallelle Bybelverse te vertoon.

Algemeen

Jer. 39:12Kn 25:1, 2; Jer 52:4, 5; Ese 24:1, 2
Jer. 39:22Kn 25:3, 4; Jer 52:6, 7; Ese 33:21
Jer. 39:3Jer 1:15
Jer. 39:4De 28:25
Jer. 39:42Kn 25:4-7; Jer 52:7-11
Jer. 39:5Jer 32:4; 38:18
Jer. 39:52Kn 23:31, 33
Jer. 39:52Kn 17:24
Jer. 39:6Jer 21:7; 34:18-20
Jer. 39:7Ese 12:13
Jer. 39:8Jes 5:9; Jer 38:18
Jer. 39:82Kn 25:9-11; 2Kr 36:17, 19; Ne 1:3; Jer 52:13-15
Jer. 39:92Kn 25:20; Jer 40:1; 52:12
Jer. 39:102Kn 25:12; Jer 52:16
Jer. 39:12Jer 40:2, 4
Jer. 39:14Jer 38:28
Jer. 39:142Kn 25:22; Jer 40:5; 41:2
Jer. 39:142Kr 34:20, 21; Jer 26:24
Jer. 39:142Kn 22:8
Jer. 39:15Jer 32:2; 37:21
Jer. 39:16Jer 38:7
Jer. 39:18Jer 45:2, 5
Jer. 39:18Ps 37:39, 40; Jer 17:7
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
  • Lees in Nuwe Wêreld-vertaling (bi12-AF)
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
  • 6
  • 7
  • 8
  • 9
  • 10
  • 11
  • 12
  • 13
  • 14
  • 15
  • 16
  • 17
  • 18
Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
Jeremia 39:1-18

Jeremia

39 In die negende jaar van koning Sedekiʹa van Juda, in die tiende maand, het koning Nebukadneʹsar* van Babilon en sy hele leërmag na Jerusalem toe gekom en dit beleër.+

2 In die 11de jaar van Sedekiʹa, in die vierde maand, op die negende dag van die maand, het hulle deur die stad se muur gebreek.+ 3 En al die bevelvoerders van die koning van Babilon het ingegaan en in die Middelpoort+ gaan sit, naamlik Nerʹgal-Sareʹser, die Samgar, Nebo-Sarʹsegim, die Rabʹsaris,* Nerʹgal-Sareʹser, die Rabmag,* en die res van die bevelvoerders van die koning van Babilon.

4 Toe koning Sedekiʹa van Juda en al die soldate hulle sien, het hulle gevlug+ en in die nag deur die koning se tuin gegaan en deur die poort tussen die twee mure uit die stad uitgegaan, en hulle het gebly op die pad van die Aʹraba.+ 5 Maar die leërmag van die Galdeërs het hulle agternagesit, en hulle het Sedekiʹa in die woestynvlaktes van Jeʹrigo ingehaal.+ Hulle het hom gevang en hom gebring na koning Nebukadneʹsar* van Babilon, in Ribla,+ in die land Hamat,+ waar hy hom gevonnis het. 6 Die koning van Babilon het die seuns van Sedekiʹa voor sy oë daar in Ribla laat doodmaak, en die koning van Babilon het al die belangrike mense van Juda laat doodmaak.+ 7 Toe het hy Sedekiʹa se oë verblind, en daarna het hy sy voete in koperboeie gesit om hom na Babilon te neem.+

8 Die Galdeërs het toe die koning se paleis* en die huise van die volk afgebrand,+ en hulle het die mure van Jerusalem afgebreek.+ 9 Nebusaraʹdan,+ die hoof van die wagte, het die res van die volk wat in die stad oorgebly het, die mense wat na hom oorgeloop het en almal wat agtergebly het, in ballingskap na Babilon weggeneem.

10 Maar Nebusaraʹdan, die hoof van die wagte, het van die armste mense, dié wat niks gehad het nie, in die land van Juda agtergelaat. Op daardie dag het hy ook vir hulle wingerde en landerye gegee om te bewerk.*+

11 Koning Nebukadneʹsar* van Babilon het toe vir Nebusaraʹdan, die hoof van die wagte, hierdie bevele in verband met Jeremia gegee: 12 “Neem hom en sorg vir hom. Moet hom geen kwaad aandoen nie, en gee vir hom wat hy ook al van jou vra.”+

13 Nebusaraʹdan, die hoof van die wagte, Nebusasʹban, die Rabʹsaris,* Nerʹgal-Sareʹser, die Rabmag,* en al die belangrikste manne van die koning van Babilon het 14 Jeremia uit die Voorhof van die Wagte+ laat haal en hom in die sorg geplaas van Gedalʹja,+ die seun van Ahiʹkam,+ die seun van Safan,+ om na Gedalʹja se huis geneem te word. Hy het dus onder die volk gewoon.

15 Terwyl Jeremia in die Voorhof van die Wagte opgesluit was,+ het Jehovah met hom gepraat en gesê: 16 “Gaan sê vir Ebed-Meleg,+ die Etiopiër: ‘Dít is wat Jehovah van die leërmagte, die God van Israel, sê: “Ek laat my woorde teen hierdie stad waar word, sodat rampspoed sal kom in plaas van iets goeds, en op daardie dag sal jy dit sien gebeur.”’

17 “‘Maar ek sal jou op daardie dag red,’ sê Jehovah, ‘en jy sal nie oorgelewer word aan die manne vir wie jy bang is nie.’

18 “‘Want ek sal jou beslis laat wegkom, en jy sal nie deur die swaard val nie. Jou lewe sal gespaar word+ omdat jy op my vertrou het,’+ sê Jehovah.”

Afrikaanse publikasies (1975-2023)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2023 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel