Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Jeremia 46
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

Oorsig van Jeremia

      • Profesie teen Egipte (1-26)

        • Nebukadnesar sal Egipte verower (13, 26)

      • Beloftes aan Israel (27, 28)

Jeremia 46:1

Kruisverwysings

  • +Jer 1:10

Jeremia 46:2

Voetnote

  • *

    Lett. “Nebukadresar”, ’n wisselvorm van die naam.

Kruisverwysings

  • +Jer 25:15, 19; Ese 29:2; 32:2
  • +2Kr 35:20
  • +2Kn 23:36; Jer 25:1; 36:1

Jeremia 46:3

Voetnote

  • *

    Klein skilde is gewoonlik deur boogskutters gedra.

Jeremia 46:4

Voetnote

  • *

    ’n Pantser is ’n beskermende kledingstuk wat deur ’n vegter gedra is.

Jeremia 46:6

Kruisverwysings

  • +2Kn 24:7

Jeremia 46:8

Kruisverwysings

  • +Ese 29:3; 32:2

Jeremia 46:9

Voetnote

  • *

    Lett. “trap”.

Kruisverwysings

  • +Ese 27:2, 10
  • +Ge 10:6, 13; Ese 30:4, 5
  • +Jes 66:19

Jeremia 46:10

Voetnote

  • *

    Of “slagting”.

Kruisverwysings

  • +2Kn 24:7

Jeremia 46:11

Kruisverwysings

  • +Ge 37:25; Jer 8:22
  • +Ese 30:21

Jeremia 46:12

Kruisverwysings

  • +Ese 32:9

Jeremia 46:13

Voetnote

  • *

    Lett. “Nebukadresar”, ’n wisselvorm van die naam.

Kruisverwysings

  • +Jer 43:10; Ese 29:19; 30:10

Jeremia 46:14

Voetnote

  • *

    Of “Memfis”.

Kruisverwysings

  • +Jer 44:1; Ese 29:10; 30:6
  • +Jer 43:4, 7; Ese 30:18

Jeremia 46:17

Voetnote

  • *

    Lett. “vasgestelde tyd”.

Kruisverwysings

  • +Ese 29:3

Jeremia 46:18

Voetnote

  • *

    D.w.s. Egipte se oorwinnaar.

Kruisverwysings

  • +Jos 19:17, 22; Rig 4:6; Ps 89:12
  • +1Kn 18:42

Jeremia 46:19

Voetnote

  • *

    Of “Memfis”.

  • *

    Of moontlik “Dit sal ’n wildernis word”.

Kruisverwysings

  • +Ese 32:15

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2003/7/1, bl. 32

Jeremia 46:21

Kruisverwysings

  • +Jer 46:5, 15

Jeremia 46:22

Voetnote

  • *

    Of “hout bymekaarmaak”.

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2007/3/15, bl. 11

Jeremia 46:24

Kruisverwysings

  • +Ese 30:10

Jeremia 46:25

Voetnote

  • *

    D.w.s. Tebe.

Kruisverwysings

  • +Na 3:8
  • +Ese 30:14
  • +Eks 12:12; Jes 19:1; Jer 43:12, 13
  • +Jer 17:5; 42:14

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2003/7/1, bl. 32

Jeremia 46:26

Voetnote

  • *

    Lett. “Nebukadresar”, ’n wisselvorm van die naam.

Kruisverwysings

  • +Jer 43:10, 11; Ese 32:11
  • +Ese 29:13, 14

Jeremia 46:27

Voetnote

  • *

    Lett. “saad”.

Kruisverwysings

  • +Jes 41:13; 43:1, 2; 44:2
  • +Jes 11:11; Jer 50:19; Ese 39:27; Am 9:14; Sef 3:20
  • +Jer 23:3, 6; 30:10, 11

Jeremia 46:28

Voetnote

  • *

    Of “teregwys”.

Kruisverwysings

  • +Jer 25:9
  • +Jer 5:10; Am 9:8
  • +Jer 10:24

Parallelle vertalings

Kliek op ’n vers om parallelle Bybelverse te vertoon.

Algemeen

Jer. 46:1Jer 1:10
Jer. 46:2Jer 25:15, 19; Ese 29:2; 32:2
Jer. 46:22Kr 35:20
Jer. 46:22Kn 23:36; Jer 25:1; 36:1
Jer. 46:62Kn 24:7
Jer. 46:8Ese 29:3; 32:2
Jer. 46:9Ese 27:2, 10
Jer. 46:9Ge 10:6, 13; Ese 30:4, 5
Jer. 46:9Jes 66:19
Jer. 46:102Kn 24:7
Jer. 46:11Ge 37:25; Jer 8:22
Jer. 46:11Ese 30:21
Jer. 46:12Ese 32:9
Jer. 46:13Jer 43:10; Ese 29:19; 30:10
Jer. 46:14Jer 44:1; Ese 29:10; 30:6
Jer. 46:14Jer 43:4, 7; Ese 30:18
Jer. 46:17Ese 29:3
Jer. 46:18Jos 19:17, 22; Rig 4:6; Ps 89:12
Jer. 46:181Kn 18:42
Jer. 46:19Ese 32:15
Jer. 46:21Jer 46:5, 15
Jer. 46:24Ese 30:10
Jer. 46:25Na 3:8
Jer. 46:25Ese 30:14
Jer. 46:25Eks 12:12; Jes 19:1; Jer 43:12, 13
Jer. 46:25Jer 17:5; 42:14
Jer. 46:26Jer 43:10, 11; Ese 32:11
Jer. 46:26Ese 29:13, 14
Jer. 46:27Jes 41:13; 43:1, 2; 44:2
Jer. 46:27Jes 11:11; Jer 50:19; Ese 39:27; Am 9:14; Sef 3:20
Jer. 46:27Jer 23:3, 6; 30:10, 11
Jer. 46:28Jer 25:9
Jer. 46:28Jer 5:10; Am 9:8
Jer. 46:28Jer 10:24
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
  • Lees in Nuwe Wêreld-vertaling (bi12-AF)
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
  • 6
  • 7
  • 8
  • 9
  • 10
  • 11
  • 12
  • 13
  • 14
  • 15
  • 16
  • 17
  • 18
  • 19
  • 20
  • 21
  • 22
  • 23
  • 24
  • 25
  • 26
  • 27
  • 28
Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
Jeremia 46:1-28

Jeremia

46 Die profeet Jeremia het die volgende boodskap van Jehovah ontvang oor die nasies:+ 2 Aan Egipte,+ in verband met die leërmag van farao Nego,+ die koning van Egipte, wat in die vierde jaar van Jojaʹkim,+ die seun van Josiʹa, die koning van Juda, langs die Eufraatrivier by Karʹkemis deur koning Nebukadneʹsar* van Babilon verslaan is:

 3 “Berei julle klein skilde* en julle groot skilde voor,

en gaan uit na die geveg.

 4 Span die perde in en klim op, o ruiters.

Neem julle posisies in en sit julle helms op.

Vryf die spiese blink en trek julle pantsers* aan.

 5 ‘Hoekom lyk hulle vir my so bang?

Hulle trek terug, hulle vegters word verslaan.

Hulle het paniekbevange gevlug, hulle vegters het nie omgedraai nie.

Oral is daar vrees,’ sê Jehovah.

 6 ‘Die vinniges kan nie vlug nie, en die vegters kan nie ontsnap nie.

In die noorde, by die oewer van die Eufraatrivier,

het hulle gestruikel en geval.’+

 7 Wie is dit wat soos die Nylrivier opkom,

soos die onstuimige water van riviere?

 8 Egipte kom op net soos die Nylrivier,+

soos die onstuimige water van riviere,

en sê: ‘Ek sal uitgaan en die aarde bedek.

Ek sal die stad en sy inwoners vernietig.’

 9 Trek op, o perde!

Jaag, o strydwaens!

Laat die vegters uitgaan,

Kus en Put, wat die skild hanteer,+

en die Ludiete,+ wat die boog hanteer en span.*+

10 “Daardie dag behoort aan die Soewereine Heer, Jehovah van die leërmagte, die dag van wraak, waarop hy wraak sal neem op sy vyande. En die swaard sal verslind en hom versadig en hom vol drink aan hulle bloed, want die Soewereine Heer, Jehovah van die leërmagte, het ’n offerande* in die land van die noorde by die Eufraatrivier.+

11 Gaan op na Giʹlead om balsem te gaan haal,+

o maagdelike dogter van Egipte.

Jy het verniet baie geneesmiddels bymekaargemaak,

want daar is geen genesing vir jou nie.+

12 Die nasies het van jou skande gehoor,+

en jou geskree het die land gevul.

Want die een vegter struikel oor die ander,

en hulle al twee val saam neer.”

13 Die profeet Jeremia het die volgende boodskap van Jehovah ontvang oor die koms van koning Nebukadneʹsar* van Babilon, om Egipte te verslaan:+

14 “Vertel dit in Egipte, verkondig dit in Migdol.+

Verkondig dit in Nof* en in Tagpanʹhes.+

Sê: ‘Neem julle posisies in en berei julle voor,

want ’n swaard sal reg rondom julle verslind.

15 Hoekom is jou magtige manne weggespoel?

Hulle het nie vasgestaan nie,

want Jehovah het hulle omgestoot.

16 Hulle struikel en val in groot getalle.

Hulle sê vir mekaar:

“Staan op! Laat ons terugkeer na ons volk en na ons tuisland

as gevolg van die wrede swaard.”’

17 Daar het hulle uitgeroep:

‘Farao die koning van Egipte is net ’n grootprater

wat die geleentheid* deur sy vingers laat glip het.’+

18 ‘So waar as wat ek lewe,’ sê die Koning, wie se naam Jehovah van die leërmagte is,

‘hy* sal inkom soos Tabor+ onder die berge

en soos Karmel+ by die see.

19 Kry vir jou goed bymekaar vir ballingskap,

o dogter wat in Egipte woon.

Want Nof* sal iets skokkends word.

Dit sal aan die brand gesteek word* en sal sonder ’n enkele inwoner wees.+

20 Egipte is soos ’n mooi jong koei,

maar steekvlieë sal uit die noorde teen haar kom.

21 Selfs haar huursoldate is soos vetgemaakte kalwers,

maar hulle het ook teruggedraai en saam gevlug.

Hulle kon nie vasstaan nie,+

want die dag van hulle rampspoed het oor hulle gekom,

hulle tyd van afrekening.’

22 ‘Die geluid wat sy maak, is soos dié van ’n seilende slang,

want hulle kom met mag en mening agter haar aan, met byle,

soos manne wat bome afkap.*

23 Hulle sal haar woud afkap,’ sê Jehovah, ‘al lyk dit ondeurdringbaar.

Want daar is meer van hulle as sprinkane, en hulle kan nie getel word nie.

24 Die dogter van Egipte sal verneder word.

Sy sal aan die volk van die noorde oorgelewer word.’+

25 “Jehovah van die leërmagte, die God van Israel, sê: ‘Nou rig ek my aandag op Amon+ uit No,*+ op Farao, op Egipte, op haar gode+ en op haar konings – ja, op Farao en op almal wat op hom vertrou.’+

26 “‘Ek sal hulle oorlewer aan dié wat hulle wil doodmaak, aan koning Nebukadneʹsar* van Babilon+ en sy knegte. Maar daarna sal sy bewoon word soos in die verlede,’ sê Jehovah.+

27 ‘En jy, my kneg Jakob, moenie bang wees nie,

en moenie vrees nie, o Israel.+

Want ek sal jou van ver af red,

en jou nageslag* uit die land van hulle gevangenskap.+

Jakob sal terugkeer en rus en vrede hê,

en daar sal niemand wees wat hulle bang maak nie.+

28 Moet dus nie bang wees nie, my kneg Jakob,’ sê Jehovah, ‘want ek is met jou.

Ek sal al die nasies vernietig waarheen ek jou verstrooi het,+

maar ek sal jou nie vernietig nie.+

Ek sal jou in die regte mate dissiplineer,*+

en ek sal jou beslis nie ongestraf laat bly nie.’”

Afrikaanse publikasies (1975-2023)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2023 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel