Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Esegiël 34
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

Oorsig van Esegiël

      • Profesie teen Israel se herders (1-10)

      • Jehovah se sorg vir sy skape (11-31)

        • “My kneg Dawid” sal vir hulle sorg (23)

        • “Vredesverbond” (25)

Esegiël 34:2

Voetnote

  • *

    Of “net hulleself voed”.

Kruisverwysings

  • +Jer 23:1; Mi 3:1, 11; Sef 3:3; Sag 11:17; Mt 23:13
  • +Jes 40:11; Joh 21:15

Esegiël 34:3

Kruisverwysings

  • +2Kn 21:16; Jer 22:17; Mi 3:3; Sag 11:4, 5
  • +Jes 56:11

Esegiël 34:4

Kruisverwysings

  • +Lu 15:4
  • +Jer 22:13

Esegiël 34:5

Kruisverwysings

  • +Jer 23:2; 50:6; Mt 9:36

Esegiël 34:10

Voetnote

  • *

    Of “ek sal my skape van hulle hand terugeis”.

Kruisverwysings

  • +Jer 52:24-27

Esegiël 34:11

Kruisverwysings

  • +1Sa 17:34, 35; Ps 80:1; Jes 56:8

Indekse

  • Navorsingsgids

    Keer terug na Jehovah, bl. 4

Esegiël 34:12

Kruisverwysings

  • +Jes 40:11
  • +Jl 2:1, 2; Sef 1:14, 15

Esegiël 34:13

Kruisverwysings

  • +Jer 23:3; Ese 11:17; Am 9:14; Mi 7:14

Esegiël 34:14

Kruisverwysings

  • +Jes 25:6; 30:23; Jer 31:12
  • +Jer 33:12

Indekse

  • Navorsingsgids

    Keer terug na Jehovah, bl. 5

Esegiël 34:15

Kruisverwysings

  • +Jer 3:15
  • +Sef 3:13

Esegiël 34:16

Kruisverwysings

  • +Mi 4:6; Mt 15:24; Lu 15:4

Indekse

  • Navorsingsgids

    Keer terug na Jehovah, bl. 5

Esegiël 34:17

Kruisverwysings

  • +Sag 10:3

Esegiël 34:22

Kruisverwysings

  • +Jes 40:11; Jer 23:3

Esegiël 34:23

Kruisverwysings

  • +Joh 10:11; Heb 13:20; 1Pe 5:4; Op 7:17
  • +Jes 11:1; Jer 30:9
  • +Ese 37:24; Ho 3:5

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2007/4/1, bl. 26

Esegiël 34:24

Kruisverwysings

  • +Eks 29:45; Jer 31:1
  • +Ps 2:6; Jes 9:6; Jer 23:5; Mi 5:2; Lu 1:32; Han 5:31

Esegiël 34:25

Kruisverwysings

  • +Ese 37:26
  • +Le 26:6; Jes 11:6-9; 35:9; 65:25; Ho 2:18
  • +Jer 23:6; 33:16

Esegiël 34:26

Kruisverwysings

  • +Jes 56:7; Ese 20:40; Mi 4:1
  • +Ge 12:2, 3; De 28:12; Sag 8:13

Esegiël 34:27

Kruisverwysings

  • +Le 26:4; Ps 85:12; Jes 35:2; Ese 36:30
  • +Le 26:13

Esegiël 34:28

Kruisverwysings

  • +Jer 30:10; 46:27

Esegiël 34:29

Kruisverwysings

  • +Ese 36:29
  • +Ese 36:15

Esegiël 34:30

Kruisverwysings

  • +Ese 37:27

Esegiël 34:31

Kruisverwysings

  • +Ps 78:52; 100:3; Jes 40:11

Parallelle vertalings

Kliek op ’n vers om parallelle Bybelverse te vertoon.

Algemeen

Eseg. 34:2Jer 23:1; Mi 3:1, 11; Sef 3:3; Sag 11:17; Mt 23:13
Eseg. 34:2Jes 40:11; Joh 21:15
Eseg. 34:32Kn 21:16; Jer 22:17; Mi 3:3; Sag 11:4, 5
Eseg. 34:3Jes 56:11
Eseg. 34:4Lu 15:4
Eseg. 34:4Jer 22:13
Eseg. 34:5Jer 23:2; 50:6; Mt 9:36
Eseg. 34:10Jer 52:24-27
Eseg. 34:111Sa 17:34, 35; Ps 80:1; Jes 56:8
Eseg. 34:12Jes 40:11
Eseg. 34:12Jl 2:1, 2; Sef 1:14, 15
Eseg. 34:13Jer 23:3; Ese 11:17; Am 9:14; Mi 7:14
Eseg. 34:14Jes 25:6; 30:23; Jer 31:12
Eseg. 34:14Jer 33:12
Eseg. 34:15Jer 3:15
Eseg. 34:15Sef 3:13
Eseg. 34:16Mi 4:6; Mt 15:24; Lu 15:4
Eseg. 34:17Sag 10:3
Eseg. 34:22Jes 40:11; Jer 23:3
Eseg. 34:23Joh 10:11; Heb 13:20; 1Pe 5:4; Op 7:17
Eseg. 34:23Jes 11:1; Jer 30:9
Eseg. 34:23Ese 37:24; Ho 3:5
Eseg. 34:24Eks 29:45; Jer 31:1
Eseg. 34:24Ps 2:6; Jes 9:6; Jer 23:5; Mi 5:2; Lu 1:32; Han 5:31
Eseg. 34:25Ese 37:26
Eseg. 34:25Le 26:6; Jes 11:6-9; 35:9; 65:25; Ho 2:18
Eseg. 34:25Jer 23:6; 33:16
Eseg. 34:26Jes 56:7; Ese 20:40; Mi 4:1
Eseg. 34:26Ge 12:2, 3; De 28:12; Sag 8:13
Eseg. 34:27Le 26:4; Ps 85:12; Jes 35:2; Ese 36:30
Eseg. 34:27Le 26:13
Eseg. 34:28Jer 30:10; 46:27
Eseg. 34:29Ese 36:29
Eseg. 34:29Ese 36:15
Eseg. 34:30Ese 37:27
Eseg. 34:31Ps 78:52; 100:3; Jes 40:11
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
  • Lees in Nuwe Wêreld-vertaling (bi12-AF)
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
  • 6
  • 7
  • 8
  • 9
  • 10
  • 11
  • 12
  • 13
  • 14
  • 15
  • 16
  • 17
  • 18
  • 19
  • 20
  • 21
  • 22
  • 23
  • 24
  • 25
  • 26
  • 27
  • 28
  • 29
  • 30
  • 31
Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
Esegiël 34:1-31

Esegiël

34 Jehovah het weer met my gepraat en gesê: 2 “Mensekind, profeteer teen die herders van Israel. Profeteer, en sê vir die herders: ‘Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê: “Dit sal sleg gaan met die herders van Israel,+ wat net vir hulleself sorg!* Behoort die herders nie vir die kudde te sorg nie?+ 3 Julle eet die vet en maak vir julle klere met die wol. Julle slag die vetste dier,+ maar julle sorg nie vir die kudde nie.+ 4 Julle het nie die swakkes versterk of die siekes gesond gemaak nie. Julle het nie die een verbind wat beseer is of die een teruggebring wat weggedwaal het of na die een gesoek wat verlore is nie.+ Julle het hulle eerder hard en wreed behandel.+ 5 Hulle is dus verstrooi omdat daar geen herder was nie.+ Hulle is verstrooi en het kos geword vir al die wilde diere van die veld. 6 My skape het op al die berge en op elke hoë heuwel rondgedwaal. My skape is oor die hele oppervlak van die aarde verstrooi, en niemand het na hulle gesoek of hulle probeer vind nie.

7 “‘“Daarom, herders, hoor die woord van Jehovah: 8 ‘“So waar as wat ek lewe,” sê die Soewereine Heer Jehovah, “my skape het prooi geword en kos vir al die wilde diere van die veld, want daar was geen herder nie, en my herders het nie na my skape gesoek nie. Hulle het eerder net vir hulleself gesorg en nie vir my skape nie.”’ 9 Daarom, herders, hoor die woord van Jehovah. 10 Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê: ‘Ek is teen die herders, en ek sal hulle verantwoordelik hou vir my skape,* en ek sal hulle nie meer toelaat om vir my skape te sorg nie,+ en die herders sal nie meer net vir hulleself sorg nie. Ek sal my skape uit hulle mond red, en hulle sal nie meer vir hulle kos wees nie.’”

11 “‘Want dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê: “Hier is ek, en ek sal self na my skape soek, en ek sal vir hulle sorg.+ 12 Ek sal vir my skape sorg soos ’n herder wat sy verdwaalde skape gevind het en vir hulle sorg.+ Ek sal hulle red uit al die plekke waarheen hulle op die dag van digte, donker wolke verstrooi is.+ 13 Ek sal hulle uit die volke uitlei en hulle uit die lande bymekaarmaak en hulle in hulle land inbring en vir hulle sorg op die berge van Israel,+ by die strome en by al die woonplekke van die land. 14 Op ’n goeie weiveld sal ek vir hulle sorg, en hulle sal op Israel se hoë berge wei.+ Hulle sal daar in ’n goeie weiplek gaan lê,+ en hulle sal op die beste weivelde op die berge van Israel wei.”

15 “‘“Ek sal my skape laat wei,+ en ek sal hulle laat lê en rus,”+ sê die Soewereine Heer Jehovah. 16 “Die een wat verlore is, sal ek soek+ en die een wat weggedwaal het, sal ek terugbring en die een wat beseer is, sal ek verbind en die sieke sal ek versterk, maar die vette en die sterke sal ek vernietig. My oordele sal sy voedsel wees.”

17 “‘My skape, dít is wat die Soewereine Heer Jehovah vir julle sê: “Ek gaan oordeel tussen een skaap en ’n ander skaap, tussen die skaapramme en die bokramme.+ 18 Is dit nie genoeg dat julle op die allerbeste weivelde wei nie? Moet julle ook nog die res van julle weivelde met julle pote vertrap? En nadat julle die helderste water gedrink het, moet julle die water met die gestamp van julle pote laat vuil word? 19 Moet my skape nou op die weiveld wei wat julle met julle pote vertrap het en die water drink wat julle met die gestamp van julle pote laat vuil word het?”

20 “‘Daarom sê die Soewereine Heer Jehovah vir hulle: “Hier is ek, en ek sal beslis tussen ’n vet skaap en ’n maer skaap oordeel, 21 omdat julle al die siekes bly wegdruk het met julle sy en met julle skouer en hulle bly stoot het met julle horings totdat julle hulle oral verstrooi het. 22 En ek sal my skape red, en hulle sal nie meer prooi word nie,+ en ek sal tussen ’n skaap en ’n skaap oordeel. 23 Ek sal een herder oor hulle aanstel,+ my kneg Dawid,+ en hy sal vir hulle sorg. Hy sal vir hulle sorg en hulle herder word.+ 24 En ek, Jehovah, sal hulle God word,+ en my kneg Dawid ’n hoofman onder hulle.+ Ek, Jehovah, het gepraat.

25 “‘“En ek sal ’n vredesverbond met hulle maak,+ en ek sal die gevaarlike wilde diere uit die land laat verdwyn,+ sodat hulle veilig in die wildernis kan woon en in die woude kan slaap.+ 26 Ek sal hulle en die omgewing om my heuwel ’n seën maak,+ en ek sal die reën op die regte tyd laat val. Daar sal soveel seëninge soos die reën wees.+ 27 Die bome van die veld sal hulle vrugte gee, en die land sal sy opbrengs gee,+ en hulle sal veilig in die land woon. En hulle sal moet weet dat ek Jehovah is wanneer ek hulle jukke breek+ en hulle red van dié wat hulle slawe gemaak het. 28 Hulle sal nie meer vir die nasies prooi word nie, en die wilde diere van die aarde sal hulle nie verslind nie, en hulle sal in veiligheid woon, en daar sal niemand wees wat hulle bang maak nie.+

29 “‘“Ek sal vir hulle ’n plantasie gee wat beroemd sal wees, en hulle sal nie meer deur hongersnood in die land sterf nie,+ en hulle sal nie meer deur die nasies verneder word nie.+ 30 ‘Dan sal hulle moet weet dat ek, Jehovah hulle God, met hulle is en dat hulle, die huis van Israel, my volk is,’+ sê die Soewereine Heer Jehovah.”’

31 “‘En julle, my skape,+ die skape vir wie ek sorg, julle is maar net mense, en ek is julle God,’ sê die Soewereine Heer Jehovah.”

Afrikaanse publikasies (1975-2022)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2022 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel