Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Esegiël 36
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

Oorsig van Esegiël

      • Profesie oor berge van Israel (1-15)

      • Herstel van Israel (16-38)

        • ‘Ek sal my groot naam heilig’ (23)

        • “Soos die tuin van Eden” (35)

Esegiël 36:2

Kruisverwysings

  • +Jer 49:1; Ese 35:10

Esegiël 36:3

Voetnote

  • *

    Lett. “oorblyfsel; oorblywendes”.

Kruisverwysings

  • +De 28:37; 1Kn 9:7; Klg 2:15; Da 9:16

Esegiël 36:4

Kruisverwysings

  • +Jer 25:9
  • +Ps 79:4; Ese 34:28

Esegiël 36:5

Kruisverwysings

  • +Sef 3:8
  • +Ob 12
  • +Ese 25:12, 13; 35:10, 11; Am 1:11

Esegiël 36:6

Kruisverwysings

  • +Ps 74:10; 123:4

Esegiël 36:7

Kruisverwysings

  • +Jer 25:9; 49:17

Esegiël 36:8

Kruisverwysings

  • +Jes 44:23; 51:3; Ese 36:30

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    1988/9/15, bl. 24

Esegiël 36:10

Kruisverwysings

  • +Sag 8:4
  • +Jes 51:3; Jer 30:18, 19; Am 9:14

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    1988/9/15, bl. 24

Esegiël 36:11

Kruisverwysings

  • +Jer 31:27
  • +Jes 54:7; Jer 30:18
  • +Hag 2:9
  • +Ho 2:20; Jl 3:17

Esegiël 36:12

Kruisverwysings

  • +Jer 32:44; Ob 17
  • +Jes 65:23

Esegiël 36:15

Kruisverwysings

  • +Jes 54:4; 60:14; Mi 7:8; Sef 2:8; 3:19

Esegiël 36:17

Kruisverwysings

  • +Ps 106:38; Jes 24:5; Jer 2:7; 16:18
  • +Le 12:2; Jes 64:6

Esegiël 36:18

Voetnote

  • *

    Die Hebreeuse uitdrukking vir “walglike afgode” is moontlik verwant aan ’n woord vir “ontlasting” en word gebruik om veragting aan te dui.

Kruisverwysings

  • +Jes 42:24, 25
  • +Ese 23:37

Esegiël 36:19

Kruisverwysings

  • +Le 26:38; Ese 22:15

Esegiël 36:20

Kruisverwysings

  • +Jes 52:5; Ro 2:24

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    1988/9/15, bl. 24

Esegiël 36:21

Kruisverwysings

  • +Ps 74:18; Jes 48:9; Ese 20:9

Esegiël 36:22

Kruisverwysings

  • +Ps 106:7, 8

Esegiël 36:23

Kruisverwysings

  • +Jes 5:16; Ese 20:41
  • +Ps 102:13-15

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2007/8/1, bl. 11

    “Hele Skrif”, bl. 137

Esegiël 36:24

Kruisverwysings

  • +De 30:3; Jes 43:5; Jer 23:3; Ese 34:13; Ho 1:11

Esegiël 36:25

Kruisverwysings

  • +Nu 19:13; Ps 51:7
  • +Jes 4:4; Jer 33:8
  • +Ese 6:4

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    1988/9/15, bl. 24

Esegiël 36:26

Voetnote

  • *

    D.w.s. ’n hart wat gevoelig is vir God se leiding.

Kruisverwysings

  • +Jer 32:39
  • +Ps 51:10; Ese 11:19, 20
  • +Sag 7:12

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    1988/9/15, bl. 24

Esegiël 36:27

Kruisverwysings

  • +Jer 31:33

Esegiël 36:28

Kruisverwysings

  • +Jer 30:22; Ese 37:25, 27

Esegiël 36:29

Kruisverwysings

  • +Ese 34:29

Esegiël 36:30

Kruisverwysings

  • +Ese 34:27

Indekse

  • Navorsingsgids

    Rein aanbidding, bl. 100-101

    Die Wagtoring,

    1988/9/15, bl. 24

Esegiël 36:31

Kruisverwysings

  • +Esr 9:6; Ne 9:26; Jer 31:18; Ese 6:9

Esegiël 36:32

Kruisverwysings

  • +De 9:5; Da 9:19

Esegiël 36:33

Kruisverwysings

  • +Sag 8:8
  • +Jes 58:12; Jer 33:10, 11; Am 9:14

Esegiël 36:35

Kruisverwysings

  • +Ge 2:8
  • +Jes 51:3

Indekse

  • Navorsingsgids

    Rein aanbidding, bl. 109

    Die Wagtoring,

    1988/9/15, bl. 24

    Ware vrede, bl. 97

Esegiël 36:36

Kruisverwysings

  • +Ese 28:26; 37:14

Esegiël 36:38

Voetnote

  • *

    Of moontlik “Soos die kuddes offerskape in Jerusalem”.

Kruisverwysings

  • +Eks 23:17
  • +Jer 30:18, 19

Parallelle vertalings

Kliek op ’n vers om parallelle Bybelverse te vertoon.

Algemeen

Eseg. 36:2Jer 49:1; Ese 35:10
Eseg. 36:3De 28:37; 1Kn 9:7; Klg 2:15; Da 9:16
Eseg. 36:4Jer 25:9
Eseg. 36:4Ps 79:4; Ese 34:28
Eseg. 36:5Sef 3:8
Eseg. 36:5Ob 12
Eseg. 36:5Ese 25:12, 13; 35:10, 11; Am 1:11
Eseg. 36:6Ps 74:10; 123:4
Eseg. 36:7Jer 25:9; 49:17
Eseg. 36:8Jes 44:23; 51:3; Ese 36:30
Eseg. 36:10Sag 8:4
Eseg. 36:10Jes 51:3; Jer 30:18, 19; Am 9:14
Eseg. 36:11Jer 31:27
Eseg. 36:11Jes 54:7; Jer 30:18
Eseg. 36:11Hag 2:9
Eseg. 36:11Ho 2:20; Jl 3:17
Eseg. 36:12Jer 32:44; Ob 17
Eseg. 36:12Jes 65:23
Eseg. 36:15Jes 54:4; 60:14; Mi 7:8; Sef 2:8; 3:19
Eseg. 36:17Ps 106:38; Jes 24:5; Jer 2:7; 16:18
Eseg. 36:17Le 12:2; Jes 64:6
Eseg. 36:18Jes 42:24, 25
Eseg. 36:18Ese 23:37
Eseg. 36:19Le 26:38; Ese 22:15
Eseg. 36:20Jes 52:5; Ro 2:24
Eseg. 36:21Ps 74:18; Jes 48:9; Ese 20:9
Eseg. 36:22Ps 106:7, 8
Eseg. 36:23Jes 5:16; Ese 20:41
Eseg. 36:23Ps 102:13-15
Eseg. 36:24De 30:3; Jes 43:5; Jer 23:3; Ese 34:13; Ho 1:11
Eseg. 36:25Nu 19:13; Ps 51:7
Eseg. 36:25Jes 4:4; Jer 33:8
Eseg. 36:25Ese 6:4
Eseg. 36:26Jer 32:39
Eseg. 36:26Ps 51:10; Ese 11:19, 20
Eseg. 36:26Sag 7:12
Eseg. 36:27Jer 31:33
Eseg. 36:28Jer 30:22; Ese 37:25, 27
Eseg. 36:29Ese 34:29
Eseg. 36:30Ese 34:27
Eseg. 36:31Esr 9:6; Ne 9:26; Jer 31:18; Ese 6:9
Eseg. 36:32De 9:5; Da 9:19
Eseg. 36:33Sag 8:8
Eseg. 36:33Jes 58:12; Jer 33:10, 11; Am 9:14
Eseg. 36:35Ge 2:8
Eseg. 36:35Jes 51:3
Eseg. 36:36Ese 28:26; 37:14
Eseg. 36:38Eks 23:17
Eseg. 36:38Jer 30:18, 19
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
  • Lees in Nuwe Wêreld-vertaling (bi12-AF)
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
  • 6
  • 7
  • 8
  • 9
  • 10
  • 11
  • 12
  • 13
  • 14
  • 15
  • 16
  • 17
  • 18
  • 19
  • 20
  • 21
  • 22
  • 23
  • 24
  • 25
  • 26
  • 27
  • 28
  • 29
  • 30
  • 31
  • 32
  • 33
  • 34
  • 35
  • 36
  • 37
  • 38
Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
Esegiël 36:1-38

Esegiël

36 “En jy, mensekind, profeteer oor die berge van Israel en sê: ‘Berge van Israel, hoor die woord van Jehovah. 2 Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê: “Die vyand het teen julle gesê: ‘Aha! Selfs die offerhoogtes van die ou tyd het ons besitting geword!’”’+

3 “Profeteer dus en sê: ‘Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê: “Hulle het julle verwoes en van alle kante af aangeval, en julle het ’n besitting van die oorlewendes* van die nasies geword, en mense het heeltyd oor julle gepraat en lasterlike dinge teen julle gesê.+ 4 Daarom, berge van Israel, hoor die woord van die Soewereine Heer Jehovah! Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê vir die berge en die heuwels, vir die strome en die valleie, vir die plekke wat verwoes is+ en vir die verlate stede wat deur die oorlewendes van die omliggende nasies beroof en bespot is.+ 5 Die Soewereine Heer Jehovah sê vir hulle: ‘Ek sal in my brandende ywer+ praat teen die oorlewendes van die nasies en teen die hele Edom, dié wat my land met groot blydskap en gespot+ in besit geneem het om dit te beroof en die weivelde oor te neem.’”’+

6 “Profeteer dus oor die land van Israel, en sê vir die berge en die heuwels, die strome en die valleie: ‘Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê: “Ek sal in my ywer en in my woede praat omdat julle deur die nasies verneder is.”’+

7 “Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê: ‘Ek lig my hand op in ’n eed dat die nasies wat rondom julle is, self verneder sal word.+ 8 Maar julle, berge van Israel, sal takke voortbring en julle vrugte vir my volk Israel dra,+ want hulle sal binnekort terugkeer. 9 Want ek is met julle, en ek sal na julle kyk, en julle sal bewerk word en met saad besaai word. 10 Ek sal julle vermeerder – die hele huis van Israel, julle almal – en die stede sal bewoon word,+ en die verwoeste plekke sal herbou word.+ 11 Ja, ek sal julle en julle diere vermeerder,+ en hulle sal meer word en vrugbaar word. Ek sal sorg dat julle bewoon word soos voorheen+ en dat dit met julle beter gaan as in die verlede,+ en julle sal moet weet dat ek Jehovah is.+ 12 Ek sal sorg dat mense – my volk Israel – op julle loop, en hulle sal julle in besit neem.+ Julle sal hulle erfdeel word, en julle sal hulle nooit weer kinderloos maak nie.’”+

13 “Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê: ‘Hulle sê vir julle: “Julle is ’n land wat mense verslind en wat julle nasies van kinders beroof.”’ 14 ‘Daarom sal julle nie meer mense verslind of julle nasies kinderloos maak nie,’ sê die Soewereine Heer Jehovah. 15 ‘Ek sal nie meer toelaat dat die nasies jou beledig of dat jy die gespot van volke moet verdra nie,+ en jy sal nie meer ’n struikelblok vir jou nasies wees nie,’ sê die Soewereine Heer Jehovah.”

16 En Jehovah het weer met my gepraat en gesê: 17 “Mensekind, toe die huis van Israel in hulle land gewoon het, het hulle dit onrein gemaak deur hulle gedrag en hulle dade.+ Hulle gedrag was so onrein vir my soos ’n vrou wat menstrueer.+ 18 Ek het dus met woede teen hulle opgetree weens die bloed wat hulle in die land uitgestort het+ en omdat hulle die land met hulle walglike afgode* onrein gemaak het.+ 19 Ek het hulle dus onder die nasies verstrooi en hulle onder die lande versprei.+ Ek het hulle geoordeel volgens hulle gedrag en hulle dade. 20 Maar toe hulle by daardie nasies gekom het, het mense my heilige naam+ ontheilig deur van hulle te sê: ‘Dit is die volk van Jehovah, maar hulle moes sy land verlaat.’ 21 Ek sal dus wys dat ek besorg is oor my heilige naam, wat deur die huis van Israel ontheilig is onder die nasies waarheen hulle gegaan het.”+

22 “Sê dus vir die huis van Israel: ‘Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê: “Ek doen dit nie ter wille van julle nie, o huis van Israel, maar ter wille van my heilige naam, wat julle ontheilig het onder die nasies waarheen julle gegaan het.”’+ 23 ‘Ek sal beslis my groot naam heilig,+ wat onder die nasies ontheilig is, wat julle onder hulle ontheilig het, en die nasies sal moet weet dat ek Jehovah is,’+ sê die Soewereine Heer Jehovah, ‘wanneer ek voor hulle oë onder julle geheilig word. 24 Ek sal julle uit die nasies neem en julle uit al die lande bymekaarmaak en julle na julle land neem.+ 25 Ek sal rein water op julle sprinkel, en julle sal rein word.+ Ek sal julle reinig van al julle onreinhede+ en van al julle walglike afgode.+ 26 Ek sal julle ’n nuwe hart gee+ en ’n nuwe gees in julle sit.+ Ek sal die hart van klip+ uit julle liggaam verwyder en julle ’n hart van vlees* gee. 27 Ek sal my gees in julle sit en sorg dat julle my wetsvoorskrifte volg en my regterlike bevele gehoorsaam.+ 28 Dan sal julle in die land woon wat ek aan julle voorvaders gegee het, en julle sal my volk wees, en ek sal julle God wees.’+

29 “‘Ek sal julle van al julle onreinheid red en die graan beveel om oorvloedig te word, en ek sal nie hongersnood oor julle bring nie.+ 30 Ek sal die vrugte van die bome en die opbrengs van die veld oorvloedig maak sodat julle nooit weer die skande van hongersnood onder die nasies hoef te verduur nie.+ 31 Dan sal julle dink aan julle slegte gedrag en julle dade wat nie goed was nie, en julle sal skaam kry as gevolg van julle skuld en julle afskuwelike gebruike.+ 32 Maar weet dít: Ek doen dit nie ter wille van julle nie,’+ sê die Soewereine Heer Jehovah. ‘Julle moet julle eerder skaam en verneder voel as gevolg van julle gedrag, huis van Israel.’

33 “Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê: ‘Op die dag dat ek julle van al julle sondes reinig, sal ek die stede bewoon laat word+ en die verwoeste plekke herbou laat word.+ 34 Die verwoeste land wat verlate was en gesien kon word deur almal wat verbygegaan het, sal bewerk word. 35 En mense sal sê: “Die verwoeste land het soos die tuin van Eden+ geword, en die stede wat verwoes was en wat verlate en afgebreek was, is nou versterk en word bewoon.”+ 36 En die nasies wat rondom julle oorbly, sal moet weet dat ek, Jehovah, opgebou het wat afgebreek was, en dat ek bome geplant het in die land wat verwoes was. Ek, Jehovah, het gepraat, en ek het dit gedoen.’+

37 “Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê: ‘Ek sal ook toelaat dat die huis van Israel my vra om hulle soos ’n kudde te vermeerder. 38 Soos die kudde heilige mense, soos die kudde van Jerusalem* gedurende die feeste,+ so sal die stede wat verwoes was, vol word van kuddes mense,+ en hulle sal moet weet dat ek Jehovah is.’”

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel