Hosea
12 “Eʹfraim voed homself met wind.
Hy sit die hele dag die oostewind agterna.
Hy laat leuens en geweld meer word.
Hulle maak ’n verbond met Assiʹrië+ en neem olie na Egipte.+
2 Jehovah het ’n regsaak teen Juda.+
Hy sal Jakob oordeel volgens sy optrede,
en hy sal hom terugbetaal vir sy dade.+
3 In die baarmoeder het hy sy broer aan die hakskeen gegryp,+
en met al sy krag het hy met God ’n stryd gevoer.+
4 Hy het met ’n engel bly stoei* en die oorhand gekry.
Hy het gehuil en hom gesmeek om hom te seën.”+
Hy het hom by Bet-El gevind, en daar het Hy met ons gepraat.+
7 Maar die handelaar het ’n bedrieglike weegskaal in sy hand.
Hy hou daarvan om te bedrieg.+
8 Eʹfraim bly sê: ‘Ja, ek het ryk geword.+
Ek het waardevolle dinge gevind.+
En in al my harde werk sal hulle niks vind wat verkeerd is of sonde is nie.’
9 Maar ek is Jehovah jou God van die tyd van Egipte af.+
Ek sal jou weer in tente laat woon
soos in die dae van ’n vasgestelde tyd.*
10 Ek het met die profete gepraat.+
Ek het hulle meer visioene laat sien,
en ek het deur die profete gelykenisse gegee.
11 In Giʹlead was daar leuens en bedrog.*+
12 Jakob het na die gebied van Aram* gevlug.+
14 Eʹfraim het God grootliks aanstoot gegee.+
Hy bly bloedskuldig.
Sy Heer sal hom terugbetaal vir die skande wat hy oor Hom gebring het.”+