Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Matteus 10
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

Oorsig van Matteus

      • Die 12 apostels (1-4)

      • Instruksies vir die bediening (5-15)

      • Dissipels sal vervolg word (16-25)

      • Vrees God, nie mense nie (26-31)

      • Nie vrede nie, maar ’n swaard (32-39)

      • Ontvang Jesus se dissipels (40-42)

Matteus 10:1

Kruisverwysings

  • +Mr 3:14, 15; 6:7; Lu 9:1, 2

Matteus 10:2

Kruisverwysings

  • +Mr 3:16-19; Lu 6:13-16; Han 1:13
  • +Joh 1:42; Han 15:14
  • +Mr 1:16; Joh 1:40
  • +Mt 4:21

Matteus 10:3

Voetnote

  • *

    Iemand wat belasting vir die regering invorder.

Kruisverwysings

  • +Joh 1:45
  • +Joh 11:16; 20:27
  • +Mr 2:14; Lu 5:27

Matteus 10:4

Voetnote

  • *

    Of “die ywerige”.

Kruisverwysings

  • +Mt 26:47; Joh 13:18

Matteus 10:5

Kruisverwysings

  • +Mr 6:7; Lu 9:1, 2
  • +2Kn 17:24

Matteus 10:6

Kruisverwysings

  • +Jes 53:6; Ese 34:6; Han 13:45, 46

Matteus 10:7

Kruisverwysings

  • +Mt 4:17; Lu 10:9

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2002/1/1, bl. 9

    Grootste mens, hfst. 49

Matteus 10:8

Kruisverwysings

  • +Lu 9:2

Indekse

  • Navorsingsgids

    Ontwaak!,

    2010/6, bl. 22-23

    Die Wagtoring,

    2003/8/1, bl. 20-22

    2001/2/15, bl. 28

    Grootste mens, hfst. 49

Matteus 10:9

Kruisverwysings

  • +Mr 6:8, 9

Indekse

  • Navorsingsgids

    Koninkryksbediening,

    2013/6, bl. 1

    Die Wagtoring,

    2011/3/15, bl. 6

    “My volgeling”, bl. 91

    Grootste mens, hfst. 49

Matteus 10:10

Voetnote

  • *

    Of “ekstra klere”.

Kruisverwysings

  • +Lu 9:3
  • +Lu 10:7; 1Kor 9:7, 14

Indekse

  • Navorsingsgids

    Koninkryksbediening,

    2013/6, bl. 1

    Die Wagtoring,

    2011/3/15, bl. 6

    “My volgeling”, bl. 91

    Grootste mens, hfst. 49

Matteus 10:11

Kruisverwysings

  • +Mr 6:10; Lu 9:4

Indekse

  • Navorsingsgids

    Georganiseer, bl. 84

    Die Wagtoring,

    2007/11/15, bl. 28-29

    2001/7/15, bl. 11-13

    Koninkryksbediening,

    2003/12, bl. 1

Matteus 10:13

Kruisverwysings

  • +Lu 10:5

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2001/7/15, bl. 13

Matteus 10:14

Kruisverwysings

  • +Mr 6:11; Lu 9:5; 10:6, 11; Han 13:50, 51

Matteus 10:15

Kruisverwysings

  • +Ge 19:4, 5; 2Pe 2:6; Jud 7

Matteus 10:16

Kruisverwysings

  • +Flp 2:14, 15

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring (Studie-uitgawe),

    2016/4, bl. 23

Matteus 10:17

Voetnote

  • *

    Sien Woordelys.

Kruisverwysings

  • +Mt 24:9
  • +Mt 23:34; Mr 13:9; Lu 21:12, 13; Han 5:40; 2Kor 11:24

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2003/3/1, bl. 12

Matteus 10:18

Kruisverwysings

  • +Han 4:8; 24:10; 25:23; 26:25; 27:23, 24
  • +Mt 24:14

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring (Studie-uitgawe),

    2016/9, bl. 16

    Die Wagtoring,

    2003/3/1, bl. 12

    Grootste mens, hfst. 50

Matteus 10:19

Kruisverwysings

  • +Mr 13:11; Lu 12:11, 12; 21:14, 15

Matteus 10:20

Kruisverwysings

  • +Joh 14:26

Matteus 10:21

Kruisverwysings

  • +Mi 7:6; Mt 10:36

Matteus 10:22

Kruisverwysings

  • +Mt 24:9; Lu 21:17; Joh 15:21
  • +Mt 24:13; Lu 21:19; Op 2:10

Indekse

  • Navorsingsgids

    Grootste mens, hfst. 50

Matteus 10:23

Kruisverwysings

  • +Mt 23:34; Han 8:1

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2002/4/15, bl. 32

    Grootste mens, hfst. 50

Matteus 10:24

Kruisverwysings

  • +Joh 15:20

Indekse

  • Navorsingsgids

    Grootste mens, hfst. 50

Matteus 10:25

Voetnote

  • *

    ’n Naam vir Satan, die leier, of heerser, van die demone.

Kruisverwysings

  • +1Pe 2:21
  • +Mt 12:24; Mr 3:22; Lu 11:15; Joh 8:48

Matteus 10:26

Kruisverwysings

  • +Mr 4:22; Lu 8:17

Matteus 10:27

Kruisverwysings

  • +Lu 12:3

Matteus 10:28

Voetnote

  • *

    Of “lewe”, d.w.s. die vooruitsig op toekomstige lewe.

  • *

    Sien Woordelys.

Kruisverwysings

  • +Spr 29:25; Op 2:10
  • +Lu 12:4, 5; Heb 10:31

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2007/5/15, bl. 30

    2001/12/1, bl. 23

    Grootste mens, hfst. 50

Matteus 10:29

Voetnote

  • *

    Lett. “’n assarion”. Sien Aanh. B14.

Kruisverwysings

  • +Lu 12:6, 7

Indekse

  • Navorsingsgids

    Nader aan Jehovah, bl. 241-242

    ’n Studiegids vir God se Woord, bl. 62

    Die Wagtoring,

    2008/4/1, bl. 9

    2008/3/1, bl. 12

    2005/8/1, bl. 4-5, 22-23

    2005/2/1, bl. 5-6

    2003/7/1, bl. 16-17

    Ontwaak!,

    2005/5/8, bl. 15

Matteus 10:30

Indekse

  • Navorsingsgids

    Nader aan Jehovah, bl. 241-242

    Die Wagtoring,

    2005/8/1, bl. 4-5, 22-23

    2005/2/1, bl. 5-6

    2003/7/1, bl. 16-17

Matteus 10:31

Kruisverwysings

  • +Mt 6:26

Indekse

  • Navorsingsgids

    Nader aan Jehovah, bl. 241-242

    Die Wagtoring,

    2006/5/1, bl. 15

    2005/8/1, bl. 4-5

    2005/2/1, bl. 5-6

    2003/7/1, bl. 16-17

Matteus 10:32

Kruisverwysings

  • +Ro 10:9
  • +Lu 12:8, 9; Op 3:5

Matteus 10:33

Kruisverwysings

  • +Mr 8:38; Lu 9:26; 2Ti 2:12

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2006/3/1, bl. 6

Matteus 10:34

Kruisverwysings

  • +Lu 12:51-53

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring (Studie-uitgawe),

    2017/10, bl. 12-16

    Die Wagtoring,

    2008/1/15, bl. 29

Matteus 10:35

Kruisverwysings

  • +Mi 7:6

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2013/11/15, bl. 11

    2008/1/15, bl. 29

Matteus 10:36

Voetnote

  • *

    Of “huismense”.

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2013/11/15, bl. 11

Matteus 10:37

Kruisverwysings

  • +Mt 19:29; Lu 14:26

Matteus 10:38

Voetnote

  • *

    Sien Woordelys.

Kruisverwysings

  • +Mt 16:24, 25; Mr 8:34, 35; Lu 9:23; 14:27

Matteus 10:39

Voetnote

  • *

    Of “siel”.

  • *

    Of “siel”.

Kruisverwysings

  • +Lu 17:33; Joh 12:25

Matteus 10:40

Kruisverwysings

  • +Mt 25:40; Lu 10:16; Joh 12:44; 13:20

Matteus 10:41

Kruisverwysings

  • +1Kn 17:9, 10, 20-23; 2Kn 4:8, 13-17

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2003/11/1, bl. 12

Matteus 10:42

Kruisverwysings

  • +Mt 25:40; Mr 9:41; Heb 6:10

Parallelle vertalings

Kliek op ’n vers om parallelle Bybelverse te vertoon.

Algemeen

Matt. 10:1Mr 3:14, 15; 6:7; Lu 9:1, 2
Matt. 10:2Mr 3:16-19; Lu 6:13-16; Han 1:13
Matt. 10:2Joh 1:42; Han 15:14
Matt. 10:2Mr 1:16; Joh 1:40
Matt. 10:2Mt 4:21
Matt. 10:3Joh 1:45
Matt. 10:3Joh 11:16; 20:27
Matt. 10:3Mr 2:14; Lu 5:27
Matt. 10:4Mt 26:47; Joh 13:18
Matt. 10:5Mr 6:7; Lu 9:1, 2
Matt. 10:52Kn 17:24
Matt. 10:6Jes 53:6; Ese 34:6; Han 13:45, 46
Matt. 10:7Mt 4:17; Lu 10:9
Matt. 10:8Lu 9:2
Matt. 10:9Mr 6:8, 9
Matt. 10:10Lu 9:3
Matt. 10:10Lu 10:7; 1Kor 9:7, 14
Matt. 10:11Mr 6:10; Lu 9:4
Matt. 10:13Lu 10:5
Matt. 10:14Mr 6:11; Lu 9:5; 10:6, 11; Han 13:50, 51
Matt. 10:15Ge 19:4, 5; 2Pe 2:6; Jud 7
Matt. 10:16Flp 2:14, 15
Matt. 10:17Mt 24:9
Matt. 10:17Mt 23:34; Mr 13:9; Lu 21:12, 13; Han 5:40; 2Kor 11:24
Matt. 10:18Han 4:8; 24:10; 25:23; 26:25; 27:23, 24
Matt. 10:18Mt 24:14
Matt. 10:19Mr 13:11; Lu 12:11, 12; 21:14, 15
Matt. 10:20Joh 14:26
Matt. 10:21Mi 7:6; Mt 10:36
Matt. 10:22Mt 24:9; Lu 21:17; Joh 15:21
Matt. 10:22Mt 24:13; Lu 21:19; Op 2:10
Matt. 10:23Mt 23:34; Han 8:1
Matt. 10:24Joh 15:20
Matt. 10:251Pe 2:21
Matt. 10:25Mt 12:24; Mr 3:22; Lu 11:15; Joh 8:48
Matt. 10:26Mr 4:22; Lu 8:17
Matt. 10:27Lu 12:3
Matt. 10:28Spr 29:25; Op 2:10
Matt. 10:28Lu 12:4, 5; Heb 10:31
Matt. 10:29Lu 12:6, 7
Matt. 10:31Mt 6:26
Matt. 10:32Ro 10:9
Matt. 10:32Lu 12:8, 9; Op 3:5
Matt. 10:33Mr 8:38; Lu 9:26; 2Ti 2:12
Matt. 10:34Lu 12:51-53
Matt. 10:35Mi 7:6
Matt. 10:37Mt 19:29; Lu 14:26
Matt. 10:38Mt 16:24, 25; Mr 8:34, 35; Lu 9:23; 14:27
Matt. 10:39Lu 17:33; Joh 12:25
Matt. 10:40Mt 25:40; Lu 10:16; Joh 12:44; 13:20
Matt. 10:411Kn 17:9, 10, 20-23; 2Kn 4:8, 13-17
Matt. 10:42Mt 25:40; Mr 9:41; Heb 6:10
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
  • Lees in Nuwe Wêreld-vertaling (bi12-AF)
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
  • 6
  • 7
  • 8
  • 9
  • 10
  • 11
  • 12
  • 13
  • 14
  • 15
  • 16
  • 17
  • 18
  • 19
  • 20
  • 21
  • 22
  • 23
  • 24
  • 25
  • 26
  • 27
  • 28
  • 29
  • 30
  • 31
  • 32
  • 33
  • 34
  • 35
  • 36
  • 37
  • 38
  • 39
  • 40
  • 41
  • 42
Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
Matteus 10:1-42

Volgens Matteus

10 Toe het hy sy 12 dissipels na hom toe geroep en vir hulle gesag oor onrein geeste gegee,+ om hulle uit te dryf en om elke soort siekte en elke soort kwaal te genees.

2 Hier volg die name van die 12 apostels:+ Eerstens, Simon, wat Petrus genoem word,+ en sy broer Andreʹas,+ Jakobus, die seun van Sebedeʹus, en sy broer Johannes,+ 3 Filippus en Bartolomeʹus,+ Tomas+ en Matteʹus,+ die belastinggaarder,* Jakobus, die seun van Alfeʹus, en Taddeʹus, 4 Simon, die Kananeër,* en Judas Iskaʹriot, wat hom later verraai het.+

5 Jesus het hierdie 12 uitgestuur en hulle die volgende instruksies gegee:+ “Moenie afdraai en ’n pad volg wat na die nasies lei nie, en moenie in enige Samaritaanse stad ingaan nie,+ 6 maar hou eerder aan om na die verlore skape van die huis van Israel te gaan.+ 7 Gaan preek en sê: ‘Die Koninkryk van die hemel het naby gekom.’+ 8 Genees siek mense,+ wek dooies op, maak melaatses rein, dryf demone uit. Julle het verniet ontvang, verniet moet julle gee. 9 Moenie goud of silwer of koper in julle geldsakke saamvat nie,+ 10 en moenie ’n voedselsak vir die reis of twee kledingstukke* of sandale of ’n staf saamvat nie,+ want die werker verdien om sy kos te ontvang.+

11 “As julle in ’n stad of dorpie ingaan, moet julle die mense daar soek wat julle boodskap waardig is, en bly daar totdat julle vertrek.+ 12 Wanneer julle in die huis ingaan, groet die huismense. 13 As die huis julle boodskap waardig is, laat die vrede wat julle dit toewens, daaroor kom,+ maar as dit nie julle boodskap waardig is nie, laat julle vrede na julle toe terugkeer. 14 En waar iemand julle nie ontvang of nie na julle woorde luister nie, moet julle die stof van julle voete afskud wanneer julle uit daardie huis of daardie stad uitgaan.+ 15 Ek verseker julle: Dit sal op die Oordeelsdag beter gaan met die land van Sodom en Gomorʹra+ as met daardie stad.

16 “Kyk! Ek stuur julle uit soos skape onder wolwe. Wees dus versigtig soos slange en tog onskuldig soos duiwe.+ 17 Julle moet oppas, want mense sal julle aan plaaslike howe oorlewer,+ en hulle sal julle in hulle sinagoges met gésels* slaan.+ 18 Julle sal voor goewerneurs en konings gebring word+ ter wille van my, as ’n getuienis vir hulle en die nasies.+ 19 Maar wanneer hulle julle oorlewer, moet julle nie bekommerd wees oor wat julle moet sê of hoe julle dit moet sê nie, want wat julle moet sê, sal op daardie tyd aan julle gegee word,+ 20 want dit is nie net julle wat praat nie, maar dit is die gees van julle Vader wat deur julle praat.+ 21 Verder sal die een broer die ander broer aan die dood oorlewer, en ’n pa sy kind, en kinders sal teen ouers opstaan en hulle laat doodmaak.+ 22 En julle sal deur alle mense gehaat word as gevolg van my naam,+ maar die een wat tot die einde toe volhard, sal gered word.+ 23 Wanneer hulle julle in een stad vervolg, vlug na ’n ander,+ want ek verseker julle dat julle beslis nie die kring van die stede van Israel sal voltooi voordat die Seun van die mens kom nie.

24 “’n Leerling is nie bo sy leermeester nie, en ’n slaaf is ook nie bo sy meester nie.+ 25 Die leerling moet tevrede daarmee wees om soos sy leermeester te word, en die slaaf soos sy meester.+ As mense die meester van die huis Beëlʹsebub* genoem het,+ hoeveel te meer sal hulle sy huismense so noem? 26 Moet dus nie vir hulle bang wees nie, want daar is niks wat bedek is wat nie openbaar gemaak sal word nie, en geen geheim wat nie bekend sal word nie.+ 27 Wat ek vir julle in die donker vertel, moet julle in die lig sê, en wat ek vir julle fluister, moet julle van die dakke af verkondig.+ 28 En moenie dié vrees wat die liggaam doodmaak maar nie die siel* kan doodmaak nie.+ Vrees eerder die Een wat die siel sowel as die liggaam in Gehenʹna* kan vernietig.+ 29 Twee mossies word vir ’n muntstuk van min waarde* verkoop, nie waar nie? Tog sal nie een van hulle op die grond val sonder dat julle Vader daarvan weet nie.+ 30 Maar selfs die hare op julle kop is almal getel. 31 Moet dus nie bang wees nie. Julle is meer werd as baie mossies.+

32 “As iemand dan voor mense sê dat hy my ken,+ sal ek voor my Vader wat in die hemel is, sê dat ek hom ook ken.+ 33 Maar as iemand voor mense sê dat hy my nie ken nie, sal ek voor my Vader wat in die hemel is, sê dat ek hom ook nie ken nie.+ 34 Moenie dink dat ek gekom het om vrede op die aarde te bring nie. Ek het nie gekom om vrede te bring nie, maar ’n swaard.+ 35 Want ek het gekom om verdeeldheid te veroorsaak: ’n man teen sy pa, en ’n dogter teen haar ma, en ’n skoondogter teen haar skoonma.+ 36 Ja, ’n mens se eie familielede* sal sy vyande wees. 37 Enigiemand wat meer geheg is aan sy pa of sy ma as aan my, verdien nie om my dissipel te wees nie, en enigiemand wat meer geheg is aan sy seun of sy dogter as aan my, verdien nie om my dissipel te wees nie.+ 38 En enigiemand wat nie sy folterpaal* aanvaar en my volg nie, verdien nie om my dissipel te wees nie.+ 39 Enigiemand wat sy lewe* probeer red, sal dit verloor, en enigiemand wat sy lewe* ter wille van my verloor, sal dit vind.+

40 “Enigiemand wat julle ontvang, ontvang my ook, en enigiemand wat my ontvang, ontvang ook die Een wat my gestuur het.+ 41 Enigiemand wat ’n profeet ontvang omdat hy ’n profeet is, sal ’n profeet se beloning kry,+ en enigiemand wat ’n regverdige man ontvang omdat hy ’n regverdige man is, sal ’n regverdige man se beloning kry. 42 En ek verseker julle dat enigiemand wat een van hierdie kleintjies net ’n beker koue water gee om te drink omdat hy ’n dissipel is, sy beloning beslis nie sal verloor nie.”+

Afrikaanse publikasies (1975-2023)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2023 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privacy Settings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel