Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Matteus 20
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

Oorsig van Matteus

      • Gelyke betaling vir werkers in die wingerd (1-16)

      • Jesus se dood weer voorspel (17-19)

      • Versoek om posisies in Koninkryk (20-28)

        • Jesus ’n losprys vir baie (28)

      • Twee blinde mans word genees (29-34)

Matteus 20:1

Kruisverwysings

  • +Mt 21:33

Indekse

  • Navorsingsgids

    Grootste mens, hfst. 97

Matteus 20:2

Voetnote

  • *

    Sien Aanh. B14.

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2001/12/15, bl. 10

    Grootste mens, hfst. 97

Matteus 20:3

Voetnote

  • *

    D.w.s. omtrent 09:00.

Indekse

  • Navorsingsgids

    Grootste mens, hfst. 97

Matteus 20:5

Voetnote

  • *

    D.w.s. omtrent 12:00.

  • *

    D.w.s. omtrent 15:00.

Indekse

  • Navorsingsgids

    Grootste mens, hfst. 97

Matteus 20:6

Voetnote

  • *

    D.w.s. omtrent 17:00.

Indekse

  • Navorsingsgids

    Grootste mens, hfst. 97

Matteus 20:7

Indekse

  • Navorsingsgids

    Grootste mens, hfst. 97

Matteus 20:8

Kruisverwysings

  • +Le 19:13; De 24:14, 15

Matteus 20:9

Voetnote

  • *

    Sien Aanh. B14.

Matteus 20:10

Voetnote

  • *

    Sien Aanh. B14.

Indekse

  • Navorsingsgids

    ’n Studiegids vir God se Woord, bl. 62

    Grootste mens, hfst. 97

Matteus 20:13

Voetnote

  • *

    Sien Aanh. B14.

Kruisverwysings

  • +Mt 20:2

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2010/8/1, bl. 30

Matteus 20:15

Voetnote

  • *

    Lett. “is jou oog goddeloos”.

  • *

    Of “vrygewig is”.

Kruisverwysings

  • +Mt 6:23

Matteus 20:16

Kruisverwysings

  • +Mt 19:30; Mr 10:31; Lu 13:30

Matteus 20:17

Kruisverwysings

  • +Mr 10:32; Lu 18:31

Indekse

  • Navorsingsgids

    Grootste mens, hfst. 98

Matteus 20:18

Kruisverwysings

  • +Mt 16:21; Mr 10:33, 34; Lu 9:22; 18:32, 33

Indekse

  • Navorsingsgids

    Grootste mens, hfst. 98

Matteus 20:19

Voetnote

  • *

    Sien Woordelys.

Kruisverwysings

  • +Mt 27:31; Joh 19:1
  • +Mt 17:22, 23; 28:6; Han 10:40; 1Kor 15:4

Matteus 20:20

Voetnote

  • *

    Of “voor hom neergebuig”.

Kruisverwysings

  • +Mt 4:21; 27:55, 56
  • +Mr 10:35-40

Indekse

  • Navorsingsgids

    “My volgeling”, bl. 31

    Grootste mens, hfst. 98

Matteus 20:21

Kruisverwysings

  • +Mt 19:28

Indekse

  • Navorsingsgids

    “My volgeling”, bl. 31

    Die Wagtoring,

    2004/8/1, bl. 15

    Grootste mens, hfst. 98

Matteus 20:22

Kruisverwysings

  • +Mt 26:39; Mr 10:38; 14:36; Joh 18:11

Indekse

  • Navorsingsgids

    Grootste mens, hfst. 98

Matteus 20:23

Kruisverwysings

  • +Han 12:2; Ro 8:17; 2Kor 1:7; Op 1:9
  • +Mr 10:39, 40

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2010/4/1, bl. 14

Matteus 20:24

Kruisverwysings

  • +Mr 10:41-45; Lu 22:24

Indekse

  • Navorsingsgids

    Grootste mens, hfst. 98

Matteus 20:25

Kruisverwysings

  • +Mr 10:42

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2013/11/15, bl. 28

    2006/4/1, bl. 19-20

Matteus 20:26

Kruisverwysings

  • +2Kor 1:24; 1Pe 5:3
  • +Mt 18:4; 23:11; Mr 10:43, 44; Lu 22:26

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2013/11/15, bl. 28

    2006/4/1, bl. 19-20

    2004/8/1, bl. 15-16

Matteus 20:27

Kruisverwysings

  • +Mr 9:35

Indekse

  • Navorsingsgids

    Onderwyser, bl. 110-111

Matteus 20:28

Kruisverwysings

  • +Lu 22:27; Joh 13:14; Flp 2:7
  • +Jes 53:11; Mr 10:45; 1Ti 2:5, 6; Tit 2:13, 14; Heb 9:28

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2014/7/15, bl. 30

    2002/8/15, bl. 13-14

    2000/3/15, bl. 3-4

    Grootste mens, hfst. 98

Matteus 20:29

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2008/5/1, bl. 31

    Grootste mens, hfst. 99

Matteus 20:30

Kruisverwysings

  • +Mt 9:27; Mr 10:46-52; Lu 18:35-43

Indekse

  • Navorsingsgids

    Grootste mens, hfst. 99

Matteus 20:32

Indekse

  • Navorsingsgids

    Grootste mens, hfst. 99

Matteus 20:34

Kruisverwysings

  • +Mt 9:29

Indekse

  • Navorsingsgids

    “My volgeling”, bl. 150-152

Parallelle vertalings

Kliek op ’n vers om parallelle Bybelverse te vertoon.

Algemeen

Matt. 20:1Mt 21:33
Matt. 20:8Le 19:13; De 24:14, 15
Matt. 20:13Mt 20:2
Matt. 20:15Mt 6:23
Matt. 20:16Mt 19:30; Mr 10:31; Lu 13:30
Matt. 20:17Mr 10:32; Lu 18:31
Matt. 20:18Mt 16:21; Mr 10:33, 34; Lu 9:22; 18:32, 33
Matt. 20:19Mt 27:31; Joh 19:1
Matt. 20:19Mt 17:22, 23; 28:6; Han 10:40; 1Kor 15:4
Matt. 20:20Mt 4:21; 27:55, 56
Matt. 20:20Mr 10:35-40
Matt. 20:21Mt 19:28
Matt. 20:22Mt 26:39; Mr 10:38; 14:36; Joh 18:11
Matt. 20:23Han 12:2; Ro 8:17; 2Kor 1:7; Op 1:9
Matt. 20:23Mr 10:39, 40
Matt. 20:24Mr 10:41-45; Lu 22:24
Matt. 20:25Mr 10:42
Matt. 20:262Kor 1:24; 1Pe 5:3
Matt. 20:26Mt 18:4; 23:11; Mr 10:43, 44; Lu 22:26
Matt. 20:27Mr 9:35
Matt. 20:28Lu 22:27; Joh 13:14; Flp 2:7
Matt. 20:28Jes 53:11; Mr 10:45; 1Ti 2:5, 6; Tit 2:13, 14; Heb 9:28
Matt. 20:30Mt 9:27; Mr 10:46-52; Lu 18:35-43
Matt. 20:34Mt 9:29
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
  • Lees in Nuwe Wêreld-vertaling (bi12-AF)
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
  • 6
  • 7
  • 8
  • 9
  • 10
  • 11
  • 12
  • 13
  • 14
  • 15
  • 16
  • 17
  • 18
  • 19
  • 20
  • 21
  • 22
  • 23
  • 24
  • 25
  • 26
  • 27
  • 28
  • 29
  • 30
  • 31
  • 32
  • 33
  • 34
Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
Matteus 20:1-34

Volgens Matteus

20 “Want die Koninkryk van die hemel is soos die meester van ’n huis wat vroeg in die oggend uitgegaan het om werkers vir sy wingerd te huur.+ 2 Nadat hy met die werkers ooreengekom het om hulle ’n denaʹrius* per dag te betaal, het hy hulle in sy wingerd uitgestuur. 3 Hy het weer omtrent die derde uur* uitgegaan en ander op die markplein sien staan wat werkloos is. 4 Hy het vir hulle gesê: ‘Gaan ook in die wingerd in, en ek sal julle betaal wat redelik is.’ 5 Toe het hulle gegaan. Hy het omtrent die sesde uur* en die negende uur* weer uitgegaan en dieselfde gedoen. 6 Laastens het hy omtrent die 11de uur* uitgegaan en ander gesien wat daar rondstaan, en hy het vir hulle gevra: ‘Hoekom staan julle al die hele dag hier sonder werk?’ 7 Hulle het hom geantwoord: ‘Omdat niemand ons gehuur het nie.’ Hy het vir hulle gesê: ‘Gaan ook in die wingerd in.’

8 “Toe dit aand word, het die meester van die wingerd vir die man wat oor die werkers toesig gehou het, gesê: ‘Roep die werkers en betaal hulle.+ Begin by die laastes en eindig by die eerstes.’ 9 Toe die manne kom wat van die 11de uur af gewerk het, het hulle elkeen ’n denaʹrius* gekry. 10 Toe die eerstes kom, het hulle dus aangeneem dat hulle meer sou kry, maar hulle het ook ’n denaʹrius* as betaling gekry. 11 Nadat hulle betaal is, het hulle teen die meester van die huis begin kla 12 en gesê: ‘Hierdie laaste manne het net een uur gewerk, en tog het u hulle net soveel betaal as vir ons, wat die hele dag hard gewerk het in die warm son!’ 13 Maar hy het vir een van hulle gesê: ‘Vriend, ek behandel jou nie onregverdig nie. Het ek nie met jou ooreengekom dat ek jou ’n denaʹrius* sou betaal nie?+ 14 Neem wat joune is en gaan. Ek wil vir hierdie laaste een dieselfde gee as vir jou. 15 Het ek nie die reg om met my eie goed te doen wat ek wil nie? Of is jy jaloers* omdat ek goed vir hulle was?’*+ 16 So sal die laastes eerste wees, en die eerstes, laaste.”+

17 Terwyl Jesus op pad Jerusalem toe was, het hy die 12 dissipels eenkant geneem en vir hulle gesê:+ 18 “Ons is op pad na Jerusalem, en die Seun van die mens sal aan die hoofpriesters en die skrifgeleerdes oorgelewer word. Hulle sal hom tot die dood veroordeel+ 19 en hom aan mense van die nasies oorlewer om bespot en met ’n gésel* geslaan en aan ’n paal gehang te word,+ en op die derde dag sal hy opgewek word.”+

20 Toe het die ma van die seuns van Sebedeʹus+ saam met haar seuns na hom toe gekom en aan hom eer bewys* en iets van hom gevra.+ 21 Hy het vir haar gevra: “Wat wil jy hê?” Sy het vir hom gesê: “Sê dat hierdie twee seuns van my in u Koninkryk mag sit, een aan u regterhand en een aan u linkerhand.”+ 22 Jesus het geantwoord: “Julle weet nie waarvoor julle vra nie. Kan julle die beker drink wat ek binnekort gaan drink?”+ Hulle het vir hom gesê: “Ons kan.” 23 Hy het vir hulle gesê: “Julle sal beslis my beker drink,+ maar om aan my regterhand en aan my linkerhand te sit, is nie myne om te gee nie, maar dit behoort aan dié vir wie my Vader dit voorberei het.”+

24 Toe die tien ander hiervan hoor, het hulle kwaad geword vir die twee broers.+ 25 Maar Jesus het hulle na hom toe geroep en gesê: “Julle weet dat die heersers van die nasies oor die mense baasspeel en dat die leiers hulle gesag gebruik om mense te oorheers.+ 26 Dit moenie so onder julle wees nie.+ As iemand onder julle groot wil wees, moet hy julle dienaar wees,+ 27 en as iemand onder julle die eerste wil wees, moet hy julle slaaf wees.+ 28 Net so het die Seun van die mens gekom, nie om gedien te word nie, maar om te dien+ en om sy lewe te gee as ’n losprys in ruil vir baie.”+

29 Terwyl hulle uit Jeʹrigo uitgegaan het, het ’n groot skare hom gevolg. 30 En twee blinde mans wat langs die pad gesit het, het gehoor dat Jesus verbygaan en het uitgeroep: “Here, betoon genade aan ons, Seun van Dawid!”+ 31 Die skare het hulle streng beveel om stil te bly, maar hulle het al hoe harder uitgeroep: “Here, betoon genade aan ons, Seun van Dawid!” 32 Toe het Jesus stilgestaan, hulle geroep en gevra: “Wat wil julle hê moet ek vir julle doen?” 33 Hulle het vir hom gesê: “Here, laat ons asseblief sien.” 34 Jesus het baie jammer vir hulle gevoel. Hy het aan hulle oë geraak,+ en onmiddellik kon hulle weer sien, en hulle het hom gevolg.

Afrikaanse publikasies (1975-2021)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2021 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel