Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Johannes 14
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

Oorsig van Johannes

      • Jesus, die enigste weg tot die Vader (1-14)

        • ‘Ek is die weg, die waarheid, die lewe’ (6)

      • Jesus belowe heilige gees (15-31)

        • “Die Vader is groter as ek” (28)

Johannes 14:1

Kantlynverwysings

  • +Joh 14:27
  • +Mr 11:22; 1Pe 1:21

Johannes 14:2

Kantlynverwysings

  • +Lu 12:32; 1Pe 1:3, 4

Indekse

  • Navorsingsgids

    God se Koninkryk, bl. 35-36

    Die Wagtoring,

    2010/2/1, bl. 6

    2009/8/15, bl. 11

    2008/4/15, bl. 32

Johannes 14:3

Kantlynverwysings

  • +Joh 17:24; Ro 8:17; Flp 1:23; 1Te 4:16, 17

Johannes 14:5

Kantlynverwysings

  • +Joh 11:16

Indekse

  • Navorsingsgids

    Grootste mens, hfst. 116

Johannes 14:6

Kantlynverwysings

  • +Joh 10:9; Ef 2:18; Heb 10:19, 20
  • +Joh 1:17; Ef 4:21
  • +Joh 1:4; 6:63; 17:3; Ro 6:23
  • +Han 4:12

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2009/7/15, bl. 4

    2009/5/15, bl. 31-32

    2005/11/1, bl. 25

    “My volgeling”, bl. 15-22

    Koninkryksbediening,

    2002/11, bl. 1

    Grootste mens, hfst. 116

Johannes 14:7

Kantlynverwysings

  • +Mt 11:27; Joh 1:18

Johannes 14:8

Indekse

  • Navorsingsgids

    Grootste mens, hfst. 116

Johannes 14:9

Kantlynverwysings

  • +Joh 12:45; Kol 1:15; Heb 1:3

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2015/2/15, bl. 3-8

    Nader aan Jehovah, bl. 22

    “My volgeling”, bl. 18

    Grootste mens, hfst. 116

Johannes 14:10

Kantlynverwysings

  • +Joh 10:38; 17:21
  • +Joh 7:16; 8:28; 12:49

Johannes 14:11

Kantlynverwysings

  • +Joh 5:36

Johannes 14:12

Kantlynverwysings

  • +Mt 21:21; Han 1:8; 2:41
  • +Han 2:32, 33

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2011/1/15, bl. 32

    “My volgeling”, bl. 88-89

    Grootste mens, hfst. 116

Johannes 14:13

Kantlynverwysings

  • +Joh 15:16; 16:23

Indekse

  • Navorsingsgids

    “Hele Skrif”, bl. 198

Johannes 14:14

Indekse

  • Navorsingsgids

    “Hele Skrif”, bl. 198

Johannes 14:15

Kantlynverwysings

  • +Joh 13:34; 15:10; Jak 1:22

Johannes 14:16

Voetnote

  • *

    Of “vertrooster”.

Kantlynverwysings

  • +Lu 24:49; Joh 15:26; 16:7; Han 1:5; 2:1, 4; Ro 8:26

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2003/5/1, bl. 17

    2003/3/15, bl. 6

    2002/2/1, bl. 19-20

Johannes 14:17

Kantlynverwysings

  • +Mt 10:19, 20; Joh 16:13; 1Kor 2:12; 1Jo 2:27
  • +1Kor 2:14

Johannes 14:18

Kantlynverwysings

  • +Mt 28:20

Johannes 14:19

Kantlynverwysings

  • +Han 10:40, 41

Indekse

  • Navorsingsgids

    Grootste mens, hfst. 116

Johannes 14:20

Kantlynverwysings

  • +Joh 10:38; 17:21

Johannes 14:21

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2002/2/1, bl. 16

Johannes 14:22

Kantlynverwysings

  • +Lu 6:13, 16; Han 1:13

Indekse

  • Navorsingsgids

    Grootste mens, hfst. 116

Johannes 14:23

Kantlynverwysings

  • +Joh 15:10
  • +1Jo 2:24; Op 3:20

Indekse

  • Navorsingsgids

    God se Koninkryk, bl. 197

    Die Wagtoring,

    2002/2/1, bl. 16

    Grootste mens, hfst. 116

Johannes 14:24

Kantlynverwysings

  • +Joh 5:19; 7:16; 12:49

Indekse

  • Navorsingsgids

    Grootste mens, hfst. 116

Johannes 14:26

Kantlynverwysings

  • +Lu 24:49; Joh 15:26; 16:13; 1Jo 2:27

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring (Studie-uitgawe),

    2017/6, bl. 13

    Die Wagtoring (Publieke uitgawe),

    nr. 1 2017 bl. 15

    Die Wagtoring,

    2011/12/15, bl. 14-15

    2010/10/1, bl. 27-28

    2010/7/15, bl. 20-21

    2008/4/15, bl. 32

    2003/5/1, bl. 17

    2002/2/1, bl. 19-20

    2000/10/15, bl. 21-22

    2000/4/1, bl. 8-9

    Bedieningskool, bl. 19-20

Johannes 14:27

Kantlynverwysings

  • +Joh 16:33; Ef 2:14; Flp 4:6, 7; Kol 3:15; 2Te 3:16

Johannes 14:28

Kantlynverwysings

  • +Joh 20:17; 1Kor 11:3; 15:28; Flp 2:5, 6

Johannes 14:29

Kantlynverwysings

  • +Joh 13:19; 16:4

Johannes 14:30

Voetnote

  • *

    Of “houvas op”.

Kantlynverwysings

  • +Joh 12:31; 16:11
  • +Joh 16:33

Indekse

  • Navorsingsgids

    Grootste mens, hfst. 116

Johannes 14:31

Kantlynverwysings

  • +Joh 10:18; 12:49; 15:10; Flp 2:8

Indekse

  • Navorsingsgids

    “My volgeling”, bl. 129, 136-137

    Die Wagtoring,

    2002/12/15, bl. 4-5

    2002/2/1, bl. 14-15

    Grootste mens, hfst. 116

Parallelle vertalings

Klik op ’n vers om parallelle Bybelverse te vertoon.

Algemeen

Joh. 14:1Joh 14:27
Joh. 14:1Mr 11:22; 1Pe 1:21
Joh. 14:2Lu 12:32; 1Pe 1:3, 4
Joh. 14:3Joh 17:24; Ro 8:17; Flp 1:23; 1Te 4:16, 17
Joh. 14:5Joh 11:16
Joh. 14:6Joh 10:9; Ef 2:18; Heb 10:19, 20
Joh. 14:6Joh 1:17; Ef 4:21
Joh. 14:6Joh 1:4; 6:63; 17:3; Ro 6:23
Joh. 14:6Han 4:12
Joh. 14:7Mt 11:27; Joh 1:18
Joh. 14:9Joh 12:45; Kol 1:15; Heb 1:3
Joh. 14:10Joh 10:38; 17:21
Joh. 14:10Joh 7:16; 8:28; 12:49
Joh. 14:11Joh 5:36
Joh. 14:12Mt 21:21; Han 1:8; 2:41
Joh. 14:12Han 2:32, 33
Joh. 14:13Joh 15:16; 16:23
Joh. 14:15Joh 13:34; 15:10; Jak 1:22
Joh. 14:16Lu 24:49; Joh 15:26; 16:7; Han 1:5; 2:1, 4; Ro 8:26
Joh. 14:17Mt 10:19, 20; Joh 16:13; 1Kor 2:12; 1Jo 2:27
Joh. 14:171Kor 2:14
Joh. 14:18Mt 28:20
Joh. 14:19Han 10:40, 41
Joh. 14:20Joh 10:38; 17:21
Joh. 14:22Lu 6:13, 16; Han 1:13
Joh. 14:23Joh 15:10
Joh. 14:231Jo 2:24; Op 3:20
Joh. 14:24Joh 5:19; 7:16; 12:49
Joh. 14:26Lu 24:49; Joh 15:26; 16:13; 1Jo 2:27
Joh. 14:27Joh 16:33; Ef 2:14; Flp 4:6, 7; Kol 3:15; 2Te 3:16
Joh. 14:28Joh 20:17; 1Kor 11:3; 15:28; Flp 2:5, 6
Joh. 14:29Joh 13:19; 16:4
Joh. 14:30Joh 12:31; 16:11
Joh. 14:30Joh 16:33
Joh. 14:31Joh 10:18; 12:49; 15:10; Flp 2:8
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
  • Lees in Nuwe Wêreld-vertaling (bi12-AF)
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
  • 6
  • 7
  • 8
  • 9
  • 10
  • 11
  • 12
  • 13
  • 14
  • 15
  • 16
  • 17
  • 18
  • 19
  • 20
  • 21
  • 22
  • 23
  • 24
  • 25
  • 26
  • 27
  • 28
  • 29
  • 30
  • 31
Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
Johannes 14:1-31

Volgens Johannes

14 “Moenie dat julle harte ontsteld word nie.+ Beoefen geloof in God,+ en beoefen ook geloof in my. 2 In die huis van my Vader is daar baie wonings. As dit nie so was nie, sou ek dit vir julle gesê het, maar ek gaan om vir julle ’n plek voor te berei.+ 3 En as ek vir julle ’n plek gaan voorberei, sal ek weer kom en julle saam met my neem, sodat julle ook kan wees waar ek is.+ 4 Julle ken die weg na die plek waarheen ek gaan.”

5 Tomas+ het vir hom gesê: “Here, ons weet nie waarheen u gaan nie. Hoe kan ons die weg ken?”

6 Jesus het vir hom gesê: “Ek is die weg+ en die waarheid+ en die lewe.+ Niemand kom na die Vader behalwe deur my nie.+ 7 As julle my geken het, sou julle ook my Vader geken het. Van nou af ken julle hom en het julle hom gesien.”+

8 Filippus het vir hom gesê: “Here, wys vir ons die Vader, en dit sal vir ons genoeg wees.”

9 Jesus het vir hom gesê: “Ek is nou al so lank by julle, Filippus. Hoe is dit dat jy my nog nie leer ken het nie? Enigiemand wat my gesien het, het ook die Vader gesien.+ Hoekom sê jy dan: ‘Wys vir ons die Vader’? 10 Glo jy nie dat ek in eenheid met die Vader is en die Vader in eenheid met my nie?+ Die dinge wat ek vir julle sê, sê ek nie uit my eie nie,+ maar die Vader wat in eenheid met my bly, doen sy werke. 11 Glo my wanneer ek sê dat ek in eenheid met die Vader en die Vader in eenheid met my is. Of glo dan as gevolg van my werke.+ 12 Ek sê vir julle: Enigiemand wat geloof in my beoefen, sal ook self die werke doen wat ek doen, en hy sal nog groter werke doen,+ want ek gaan na die Vader toe.+ 13 En enigiets wat julle in my naam vra, sal ek doen, sodat die Vader as gevolg van die Seun geëer kan word.+ 14 As julle enigiets in my naam vra, sal ek dit doen.

15 “As julle my liefhet, sal julle aan my gebooie gehoorsaam wees.+ 16 En ek sal die Vader vra, en hy sal julle ’n ander helper* gee om vir ewig by julle te wees.+ 17 Dit is die gees van die waarheid,+ wat die wêreld nie kan ontvang nie, want die wêreld sien dit nie en ken dit ook nie.+ Julle ken dit, omdat dit by julle bly en in julle is. 18 Ek sal julle nie soos weeskinders agterlaat nie. Ek kom na julle toe.+ 19 Oor ’n rukkie sal die wêreld my nie meer sien nie, maar julle sal my sien,+ omdat ek lewe en julle sal lewe. 20 In daardie dag sal julle weet dat ek in eenheid met my Vader is en julle in eenheid met my en ek in eenheid met julle.+ 21 Enigiemand wat my gebooie aanvaar en dit gehoorsaam, is lief vir my. En my Vader sal lief wees vir enigiemand wat lief is vir my, en ek sal lief wees vir daardie persoon en my duidelik aan hom openbaar.”

22 Judas+ (nie Judas Iskaʹriot nie) het vir hom gevra: “Here, hoekom wil u uself duidelik aan ons openbaar en nie aan die wêreld nie?”

23 Jesus het vir hom gesê: “As iemand my liefhet, sal hy my woord gehoorsaam,+ en my Vader sal lief wees vir hom, en ons sal na hom toe kom en ons woning by hom maak.+ 24 Enigiemand wat nie lief is vir my nie, gehoorsaam nie my woorde nie. Die woord wat julle hoor, is nie myne nie, maar behoort aan die Vader wat my gestuur het.+

25 “Ek het hierdie dinge vir julle gesê terwyl ek nog by julle is. 26 Maar die helper, die heilige gees, wat die Vader in my naam sal stuur, sal julle alles leer en julle aan alles herinner wat ek julle vertel het.+ 27 Terwyl ek nog by julle is, sal ek aanhou om julle die vrede te gee wat julle nou geniet.+ Die vrede wat ek julle gee, is anders as die vrede wat die wêreld julle gee. Moenie dat julle harte bekommerd of bang word nie. 28 Julle het gehoor dat ek vir julle gesê het: ‘Ek gaan weg en ek kom terug na julle toe. As julle lief was vir my, sou julle bly wees dat ek na die Vader toe gaan, want die Vader is groter as ek.+ 29 En nou het ek dit vir julle vertel voordat dit gebeur, sodat julle kan glo wanneer dit wel gebeur.+ 30 Ek sal nie meer baie met julle praat nie, want die heerser van die wêreld kom,+ en hy het geen mag oor* my nie.+ 31 Maar sodat die wêreld kan weet dat ek lief is vir die Vader, doen ek alles wat die Vader my beveel het om te doen.+ Staan op, laat ons hier weggaan.

Afrikaanse publikasies (1975-2021)
Teken af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2021 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel