Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Johannes 19
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

Oorsig van Johannes

      • Jesus met ’n gésel geslaan en bespot (1-7)

      • Pilatus ondervra Jesus weer (8-16a)

      • Jesus aan ’n paal gehang by Golgota (16b-24)

      • Jesus tref reëlings vir sy ma (25-27)

      • Jesus se dood (28-37)

      • Jesus word begrawe (38-42)

Johannes 19:1

Voetnote

  • *

    Sien Woordelys.

Kruisverwysings

  • +Jes 50:6; Mt 20:18, 19; 27:26; Mr 15:15

Indekse

  • Navorsingsgids

    Ontwaak!,

    2012/8, bl. 19

    “My volgeling”, bl. 68-69

    Grootste mens, hfst. 123

Johannes 19:2

Kruisverwysings

  • +Mt 27:27-29; Mr 15:16, 17; Lu 23:11

Indekse

  • Navorsingsgids

    Ontwaak!,

    2007/11, bl. 7

Johannes 19:3

Kruisverwysings

  • +Jes 53:3

Johannes 19:4

Kruisverwysings

  • +Lu 23:4; Joh 18:38

Indekse

  • Navorsingsgids

    Grootste mens, hfst. 123

Johannes 19:5

Indekse

  • Navorsingsgids

    Grootste mens, hfst. 123

Johannes 19:6

Kruisverwysings

  • +Mt 27:22; Mr 15:13; Lu 23:21
  • +Joh 18:31

Indekse

  • Navorsingsgids

    Grootste mens, hfst. 124

Johannes 19:7

Kruisverwysings

  • +Le 24:16
  • +Mt 26:63-65; Joh 5:18

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2008/6/1, bl. 27

    Grootste mens, hfst. 124

Johannes 19:8

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2008/6/1, bl. 27

    Grootste mens, hfst. 124

Johannes 19:9

Kruisverwysings

  • +Jes 53:7; Mt 27:12, 14

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2011/4/1, bl. 4

    Grootste mens, hfst. 124

Johannes 19:10

Indekse

  • Navorsingsgids

    Grootste mens, hfst. 124

Johannes 19:11

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2008/4/15, bl. 32

    Grootste mens, hfst. 124

Johannes 19:12

Kruisverwysings

  • +Lu 23:2; Han 17:6, 7

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2011/4/1, bl. 22

    2009/1/1, bl. 19

    Grootste mens, hfst. 124

Johannes 19:14

Voetnote

  • *

    D.w.s. omtrent 12:00.

Kruisverwysings

  • +Joh 19:31

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2011/11/15, bl. 21

Johannes 19:15

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2005/12/15, bl. 20

    Grootste mens, hfst. 124

Johannes 19:16

Kruisverwysings

  • +Da 9:26; Mt 27:26, 31; Mr 15:15; Lu 23:24, 25

Johannes 19:17

Voetnote

  • *

    Sien Woordelys.

Kruisverwysings

  • +Heb 13:12
  • +Mt 27:32, 33; Mr 15:22

Indekse

  • Navorsingsgids

    Grootste mens, hfst. 124

Johannes 19:18

Kruisverwysings

  • +Joh 3:14; Han 5:30; Ga 3:13
  • +Jes 53:9; Lu 23:33

Johannes 19:19

Voetnote

  • *

    Sien Woordelys.

Kruisverwysings

  • +Mt 27:37; Mr 15:26; Lu 23:38

Indekse

  • Navorsingsgids

    Grootste mens, hfst. 125

Johannes 19:22

Indekse

  • Navorsingsgids

    Grootste mens, hfst. 125

Johannes 19:23

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2009/7/1, bl. 22

Johannes 19:24

Kruisverwysings

  • +Mt 27:35; Mr 15:24; Lu 23:34
  • +Ps 22:18

Indekse

  • Navorsingsgids

    ’n Inleiding tot God se Woord, bl. 10

    Die Wagtoring,

    2011/8/15, bl. 15

Johannes 19:25

Voetnote

  • *

    Sien Woordelys.

Kruisverwysings

  • +Lu 2:34, 35
  • +Mt 27:55, 56, 61; Mr 15:40; Lu 23:49

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2010/9/1, bl. 15

Johannes 19:26

Kruisverwysings

  • +Joh 13:23; 21:7, 20

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2014/5/1, bl. 15

    Nader aan Jehovah, bl. 291-292

    “My volgeling”, bl. 165-167

Johannes 19:27

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2014/5/1, bl. 15

    Nader aan Jehovah, bl. 291-292

    “My volgeling”, bl. 165-167

Johannes 19:28

Kruisverwysings

  • +Ps 22:15

Johannes 19:29

Voetnote

  • *

    Sien Woordelys.

Kruisverwysings

  • +Ps 69:21; Mt 27:48; Mr 15:36; Lu 23:36

Johannes 19:30

Voetnote

  • *

    Of “sy laaste asem uitgeblaas; die gees gegee”.

Kruisverwysings

  • +Joh 17:4
  • +Jes 53:12; Mt 27:50; Mr 15:37; Lu 23:46

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2007/12/1, bl. 28

Johannes 19:31

Kruisverwysings

  • +Joh 19:14
  • +De 21:22, 23
  • +Le 23:5-7

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2014/5/1, bl. 11

    2013/12/15, bl. 19

Johannes 19:33

Indekse

  • Navorsingsgids

    ’n Inleiding tot God se Woord, bl. 10-11

    Die Wagtoring,

    2011/8/15, bl. 16

    2005/2/15, bl. 7

Johannes 19:34

Kruisverwysings

  • +Jes 53:5; Sag 12:10; Joh 20:25

Indekse

  • Navorsingsgids

    ’n Inleiding tot God se Woord, bl. 11

    Die Wagtoring,

    2011/8/15, bl. 16

    2005/2/15, bl. 7

    “Hele Skrif”, bl. 169

Johannes 19:35

Kruisverwysings

  • +Joh 20:31; 21:24

Johannes 19:36

Kruisverwysings

  • +Eks 12:46; Nu 9:12; Ps 34:20

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2011/8/15, bl. 16

    2007/3/1, bl. 20

    “Hele Skrif”, bl. 24

Johannes 19:37

Kruisverwysings

  • +Sag 12:10; Op 1:7

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2011/8/15, bl. 16

    “Hele Skrif”, bl. 169

Johannes 19:38

Kruisverwysings

  • +Joh 7:13; 9:22
  • +De 21:22, 23; Mt 27:57-60; Mr 15:43-46

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring (Studie-uitgawe),

    2017/10, bl. 18

    Ontwaak!,

    2002/3/22, bl. 10-11

Johannes 19:39

Voetnote

  • *

    Of moontlik “’n rol”.

  • *

    D.w.s. Romeinse ponde. Sien Aanh. B14.

Kruisverwysings

  • +Joh 3:1, 2; 7:50-52
  • +Lu 23:55, 56

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2002/2/1, bl. 10-11

Johannes 19:40

Kruisverwysings

  • +Joh 20:7

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring (Studie-uitgawe),

    2017/10, bl. 20

Johannes 19:41

Kruisverwysings

  • +Jes 53:9

Johannes 19:42

Kruisverwysings

  • +Joh 19:14

Parallelle vertalings

Kliek op ’n vers om parallelle Bybelverse te vertoon.

Algemeen

Joh. 19:1Jes 50:6; Mt 20:18, 19; 27:26; Mr 15:15
Joh. 19:2Mt 27:27-29; Mr 15:16, 17; Lu 23:11
Joh. 19:3Jes 53:3
Joh. 19:4Lu 23:4; Joh 18:38
Joh. 19:6Mt 27:22; Mr 15:13; Lu 23:21
Joh. 19:6Joh 18:31
Joh. 19:7Le 24:16
Joh. 19:7Mt 26:63-65; Joh 5:18
Joh. 19:9Jes 53:7; Mt 27:12, 14
Joh. 19:12Lu 23:2; Han 17:6, 7
Joh. 19:14Joh 19:31
Joh. 19:16Da 9:26; Mt 27:26, 31; Mr 15:15; Lu 23:24, 25
Joh. 19:17Heb 13:12
Joh. 19:17Mt 27:32, 33; Mr 15:22
Joh. 19:18Joh 3:14; Han 5:30; Ga 3:13
Joh. 19:18Jes 53:9; Lu 23:33
Joh. 19:19Mt 27:37; Mr 15:26; Lu 23:38
Joh. 19:24Mt 27:35; Mr 15:24; Lu 23:34
Joh. 19:24Ps 22:18
Joh. 19:25Lu 2:34, 35
Joh. 19:25Mt 27:55, 56, 61; Mr 15:40; Lu 23:49
Joh. 19:26Joh 13:23; 21:7, 20
Joh. 19:28Ps 22:15
Joh. 19:29Ps 69:21; Mt 27:48; Mr 15:36; Lu 23:36
Joh. 19:30Joh 17:4
Joh. 19:30Jes 53:12; Mt 27:50; Mr 15:37; Lu 23:46
Joh. 19:31Joh 19:14
Joh. 19:31De 21:22, 23
Joh. 19:31Le 23:5-7
Joh. 19:34Jes 53:5; Sag 12:10; Joh 20:25
Joh. 19:35Joh 20:31; 21:24
Joh. 19:36Eks 12:46; Nu 9:12; Ps 34:20
Joh. 19:37Sag 12:10; Op 1:7
Joh. 19:38Joh 7:13; 9:22
Joh. 19:38De 21:22, 23; Mt 27:57-60; Mr 15:43-46
Joh. 19:39Joh 3:1, 2; 7:50-52
Joh. 19:39Lu 23:55, 56
Joh. 19:40Joh 20:7
Joh. 19:41Jes 53:9
Joh. 19:42Joh 19:14
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
  • Lees in Nuwe Wêreld-vertaling (bi12-AF)
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
  • 6
  • 7
  • 8
  • 9
  • 10
  • 11
  • 12
  • 13
  • 14
  • 15
  • 16
  • 17
  • 18
  • 19
  • 20
  • 21
  • 22
  • 23
  • 24
  • 25
  • 26
  • 27
  • 28
  • 29
  • 30
  • 31
  • 32
  • 33
  • 34
  • 35
  • 36
  • 37
  • 38
  • 39
  • 40
  • 41
  • 42
Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
Johannes 19:1-42

Volgens Johannes

19 Toe het Pilatus Jesus laat wegneem en hom met ’n gésel* laat slaan.+ 2 En die soldate het ’n kroon van dorings gevleg en dit op sy kop gesit en vir hom ’n pers bo-kleed aangetrek,+ 3 en hulle het na hom toe bly kom en gesê: “Goeiedag, Koning van die Jode!” Hulle het hom ook heeltyd in die gesig geklap.+ 4 Pilatus het weer buitentoe gegaan en vir hulle gesê: “Kyk! Ek bring hom buitentoe vir julle sodat julle kan weet dat ek niks vind waaraan hy skuldig is nie.”+ 5 Toe het Jesus buitentoe gekom terwyl hy die kroon van dorings en die pers bo-kleed gedra het. En Pilatus het vir hulle gesê: “Kyk! Hier is die man!” 6 Maar toe die hoofpriesters en die beamptes hom sien, het hulle geskree: “Hang hom aan die paal! Hang hom aan die paal!”+ Pilatus het vir hulle gesê: “Vat julle hom en hang hom aan die paal, want ek vind niks waaraan hy skuldig is nie.”+ 7 Die Jode het hom geantwoord: “Ons het ’n wet, en volgens hierdie wet moet hy sterf+ omdat hy homself God se seun gemaak het.”+

8 Toe Pilatus hoor wat hulle sê, het hy nog banger geword, 9 en hy het weer in die goewerneur se woning ingegaan en vir Jesus gevra: “Waar kom jy vandaan?” Maar Jesus het hom nie geantwoord nie.+ 10 Pilatus het dus vir hom gevra: “Weier jy om met my te praat? Weet jy nie dat ek die gesag het om jou vry te laat en die gesag het om jou te laat doodmaak nie?” 11 Jesus het hom geantwoord: “U sou hoegenaamd geen gesag oor my hê as dit nie van bo aan u gegee was nie. Daarom het die man wat my aan u oorgelewer het, groter sonde.”

12 As gevolg hiervan het Pilatus na ’n manier bly soek om hom vry te laat, maar die Jode het geskree: “As u hierdie man vrylaat, is u nie ’n vriend van die keiser nie. Elkeen wat homself ’n koning maak, praat teen die keiser.”+ 13 Nadat Pilatus hierdie woorde gehoor het, het hy Jesus buitentoe gebring, en hy het op ’n regterstoel gaan sit op ’n plek wat die Klipplaveisel genoem word, maar in Hebreeus Gabʹbata. 14 Dit was die Voorbereidingsdag+ vir die Pasga, en dit was omtrent die sesde uur.* En hy het vir die Jode gesê: “Kyk! Julle koning!” 15 Hulle het egter geskree: “Vat hom weg! Vat hom weg! Hang hom aan die paal!” Pilatus het vir hulle gevra: “Moet ek julle koning laat doodmaak?” Die hoofpriesters het geantwoord: “Ons het geen ander koning as die keiser nie.” 16 Pilatus het hom toe aan hulle oorgelewer om aan ’n paal gehang te word.+

Toe het hulle Jesus weggeneem. 17 Terwyl Jesus self die folterpaal* gedra het, het hy uitgegaan na die sogenaamde Skedelplek,+ wat in Hebreeus Golʹgota genoem word.+ 18 Daar het hulle Jesus aan die paal gehang,+ tussen twee ander mans.+ 19 Pilatus het ook ’n opskrif geskryf en dit aan die folterpaal* gesit. Dit het gesê: “Jesus die Nasarener, die Koning van die Jode.”+ 20 Baie van die Jode het dus hierdie opskrif gelees, omdat die plek waar Jesus aan die paal gehang is, naby die stad was, en dit was in Hebreeus, in Latyn en in Grieks geskryf. 21 Die hoofpriesters van die Jode het egter vir Pilatus gesê: “Moenie ‘Die Koning van die Jode’ skryf nie. Skryf eerder wat hy gesê het: ‘Ek is Koning van die Jode.’” 22 Pilatus het geantwoord: “Wat ek geskryf het, het ek geskryf.”

23 En toe die soldate Jesus aan die paal gehang het, het hulle sy bo-klere gevat en in vier dele verdeel, een vir elke soldaat. Hulle het ook die onderkleed gevat, maar dit het nie ’n naat gehad nie, omdat dit van bo tot onder aaneen geweef was. 24 Daarom het hulle vir mekaar gesê: “Moet dit nie skeur nie. Kom ons werp die lot om te besluit wie dit sal kry.”+ Dit was sodat die volgende Skrifgedeelte vervul sou word: “Hulle het my klere onder mekaar verdeel, en hulle het die lot gewerp oor my klere.”+ En die soldate het hierdie dinge werklik gedoen.

25 Maar Jesus se ma+ en sy ma se suster, asook Maria, die vrou van Klopas, en Maria Magdaleʹna het by sy folterpaal* gestaan.+ 26 Toe Jesus sien dat sy ma en die dissipel wat hy liefgehad het,+ daar naby staan, het hy vir sy ma gesê: “Kyk, u seun!” 27 Hy het toe vir die dissipel gesê: “Kyk, jou ma!” En van daardie uur af het die dissipel haar na sy eie huis geneem en vir haar gesorg.

28 Jesus het geweet dat hy alles gedoen het wat hy moes doen, en om die Skrifgedeelte te vervul, het hy gesê: “Ek is dors.”+ 29 Daar het ’n houer vol suur wyn gestaan. Toe het hulle ’n spons vol suur wyn op ’n hisopstingel* gesit en dit by sy mond gehou.+ 30 Toe Jesus die suur wyn ontvang het, het hy gesê: “Dit is afgehandel!”+ En hy het sy kop gebuig en gesterf.*+

31 Omdat dit die Voorbereidingsdag+ was, het die Jode Pilatus gevra om die bene van die manne te laat breek en die liggame te laat wegneem, sodat die liggame nie op die Sabbat aan die folterpale sou bly hang nie.+ (Hulle het dit gevra omdat dit ’n groot Sabbat was.)+ 32 Toe het die soldate gekom en die bene van die twee manne gebreek wat langs hom aan pale gehang het. 33 Maar toe hulle by Jesus kom, het hulle gesien dat hy alreeds dood is, en daarom het hulle nie sy bene gebreek nie. 34 Maar een van die soldate het ’n spies in Jesus se sy gesteek,+ en onmiddellik het bloed en water uitgekom. 35 En die een wat dit gesien het, het daarvan getuig, en sy getuienis is waar, en hy weet dat wat hy sê, waar is, sodat julle ook kan glo.+ 36 Om die waarheid te sê, hierdie dinge het gebeur sodat die volgende Skrifgedeelte vervul sou word: “Nie een van sy bene sal gebreek word nie.”+ 37 En ’n ander Skrifgedeelte sê weer: “Hulle sal kyk na die een wat hulle met ’n spies deurboor het.”+

38 En ná hierdie dinge het Josef van Arimateʹa na Pilatus toe gekom. Josef was ’n dissipel van Jesus, maar net in die geheim, want hy was bang vir die Jode.+ Hy het vir Pilatus gevra of hy Jesus se liggaam kan wegneem, en Pilatus het hom toestemming gegee om dit te doen. Daarom het hy gekom en die liggaam weggeneem.+ 39 Nikodeʹmus,+ wat die eerste keer in die nag na hom toe gekom het, het ook gekom en ’n mengsel* van mirre en aalwyn gebring, wat omtrent 100 pond* geweeg het.+ 40 Toe het hulle Jesus se liggaam geneem en dit in linnedoeke saam met die speserye toegedraai,+ volgens die begrafnisgebruik van die Jode. 41 En daar was ’n tuin by die plek waar hy aan die paal gehang is, en in die tuin was daar ’n nuwe graf+ waarin niemand nog ooit neergelê is nie. 42 Omdat dit die Voorbereidingsdag+ van die Jode was en die graf daar naby was, het hulle Jesus daar neergelê.

Afrikaanse publikasies (1975-2021)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2021 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel