Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Johannes 21
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

Oorsig van Johannes

      • Jesus verskyn aan sy dissipels (1-14)

      • Petrus bevestig sy liefde vir Jesus (15-19)

        • “Voed my skapies” (17)

      • Toekoms van Jesus se geliefde dissipel (20-23)

      • Slot (24, 25)

Johannes 21:1

Voetnote

  • *

    Of “hom weer aan die dissipels geopenbaar”.

Johannes 21:2

Kruisverwysings

  • +Joh 11:16; 20:24
  • +Joh 1:45
  • +Mt 4:21

Johannes 21:3

Kruisverwysings

  • +Lu 5:4, 5

Indekse

  • Navorsingsgids

    Volg hulle geloof na, bl. 202-203

    Die Wagtoring,

    2010/4/1, bl. 25

    1988/11/1, bl. 31

Johannes 21:4

Kruisverwysings

  • +Lu 24:15, 16; Joh 20:11, 14

Johannes 21:5

Voetnote

  • *

    Of “Kinders”.

  • *

    Of “enige vis”.

Johannes 21:6

Kruisverwysings

  • +Lu 5:4, 6

Johannes 21:7

Voetnote

  • *

    Of “het min klere aangehad”.

Kruisverwysings

  • +Joh 13:23; 19:26; 20:2

Johannes 21:8

Voetnote

  • *

    Lett. “ongeveer 200 el”. Sien Aanh. B14.

Johannes 21:12

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2009/8/1, bl. 20

Johannes 21:14

Kruisverwysings

  • +Joh 20:19, 26

Indekse

  • Navorsingsgids

    Jesus – Die weg, bl. 308

    Die Wagtoring,

    1991/4/15, bl. 8

Johannes 21:15

Kruisverwysings

  • +Lu 22:32; Han 20:28; 1Pe 5:2, 3

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring (Studie-uitgawe),

    2017/12, bl. 13

    2017/5, bl. 22-23, 26

    Leer uit die Bybel, bl. 215

    Jesus – Die weg, bl. 308

    Volg hulle geloof na, bl. 204

    Die Wagtoring,

    2010/4/1, bl. 25-26

    2008/6/1, bl. 23

    2008/4/15, bl. 32

    2007/4/15, bl. 25

    1992/2/15, bl. 16

    1991/4/15, bl. 8

    1988/11/1, bl. 31

    Getuig, bl. 30

Johannes 21:16

Kruisverwysings

  • +Han 1:15; Heb 13:20; 1Pe 2:25

Indekse

  • Navorsingsgids

    Volg hulle geloof na, bl. 204

    Die Wagtoring,

    2010/4/1, bl. 25-26

    2008/6/1, bl. 23

    2007/4/15, bl. 25

Johannes 21:17

Kruisverwysings

  • +Joh 10:14, 15

Indekse

  • Navorsingsgids

    Jesus – Die weg, bl. 308

    Die Wagtoring,

    2013/7/15, bl. 16

    2010/4/1, bl. 25-26

    2008/6/1, bl. 23

    2007/4/15, bl. 25

    1992/2/15, bl. 16

    1991/4/15, bl. 8

    Volg hulle geloof na, bl. 204

Johannes 21:18

Indekse

  • Navorsingsgids

    Jesus – Die weg, bl. 308

    Die Wagtoring,

    1991/4/15, bl. 8-9

Johannes 21:19

Kruisverwysings

  • +Mt 19:28; Joh 12:26; Op 14:4

Johannes 21:20

Kruisverwysings

  • +Joh 13:23; 20:2

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2015/7/1, bl. 15

Johannes 21:21

Indekse

  • Navorsingsgids

    Jesus – Die weg, bl. 308

Johannes 21:22

Indekse

  • Navorsingsgids

    Jesus – Die weg, bl. 308, 313

    Die Wagtoring,

    2005/1/15, bl. 13

    “Hele Skrif”, bl. 194

Johannes 21:24

Kruisverwysings

  • +Joh 13:23; 19:26; 20:2; 21:7

Johannes 21:25

Kruisverwysings

  • +Joh 20:30, 31

Parallelle vertalings

Kliek op ’n vers om parallelle Bybelverse te vertoon.

Algemeen

Joh. 21:2Joh 11:16; 20:24
Joh. 21:2Joh 1:45
Joh. 21:2Mt 4:21
Joh. 21:3Lu 5:4, 5
Joh. 21:4Lu 24:15, 16; Joh 20:11, 14
Joh. 21:6Lu 5:4, 6
Joh. 21:7Joh 13:23; 19:26; 20:2
Joh. 21:14Joh 20:19, 26
Joh. 21:15Lu 22:32; Han 20:28; 1Pe 5:2, 3
Joh. 21:16Han 1:15; Heb 13:20; 1Pe 2:25
Joh. 21:17Joh 10:14, 15
Joh. 21:19Mt 19:28; Joh 12:26; Op 14:4
Joh. 21:20Joh 13:23; 20:2
Joh. 21:24Joh 13:23; 19:26; 20:2; 21:7
Joh. 21:25Joh 20:30, 31
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
  • Lees in Nuwe Wêreld-vertaling (bi12-AF)
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
  • 6
  • 7
  • 8
  • 9
  • 10
  • 11
  • 12
  • 13
  • 14
  • 15
  • 16
  • 17
  • 18
  • 19
  • 20
  • 21
  • 22
  • 23
  • 24
  • 25
Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
Johannes 21:1-25

Volgens Johannes

21 Daarna het Jesus weer aan die dissipels verskyn,* by die See van Tibeʹrias. Dit is hoe dit gebeur het: 2 Simon Petrus, Tomas (wat die Tweeling genoem is),+ Nataʹnael+ uit Kana in Galileʹa, die seuns van Sebedeʹus+ en twee van sy ander dissipels was daar. 3 Simon Petrus het vir hulle gesê: “Ek gaan visvang.” Hulle het vir hom gesê: “Ons kom saam met jou.” Hulle het uitgegaan en in die boot geklim, maar gedurende daardie nag het hulle niks gevang nie.+

4 Toe dit oggend begin word, het Jesus op die strand gestaan, maar die dissipels het nie besef dat dit Jesus is nie.+ 5 Toe het Jesus vir hulle gevra: “Vriende,* het julle nie iets* om te eet nie?” Hulle het geantwoord: “Nee!” 6 Hy het vir hulle gesê: “Gooi die net aan die regterkant van die boot uit, en julle sal iets vind.” Toe het hulle dit uitgegooi, maar daar was so baie vis in die net dat hulle dit nie kon intrek nie.+ 7 Toe het die dissipel vir wie Jesus lief was,+ vir Petrus gesê: “Dit is die Here!” Toe Simon Petrus hoor dat dit die Here is, het hy sy bo-kleed aangetrek, want hy was kaal,* en hy het in die see gespring. 8 Maar die ander dissipels het in die bootjie gekom en die net vol vis gesleep, want hulle was nie ver van die land af nie, net sowat 90 meter* daarvandaan.

9 Toe hulle aan land kom, het hulle ’n vuur gesien met vis en brood wat daarop lê. 10 Jesus het vir hulle gesê: “Bring van die vis wat julle nou net gevang het.” 11 Toe het Simon Petrus aan boord gegaan en die net vol groot visse na die land toe getrek, 153 visse. En al was daar so baie vis, het die net nie geskeur nie. 12 Jesus het vir hulle gesê: “Kom, eet julle ontbyt.” Nie een van die dissipels het die moed gehad om vir hom te vra: “Wie is u?” nie, want hulle het geweet dat dit die Here is. 13 Jesus het gekom en die brood geneem en dit vir hulle gegee, en hy het dieselfde gedoen met die vis. 14 Dit was die derde keer+ dat Jesus aan die dissipels verskyn het nadat hy uit die dood opgewek is.

15 Toe hulle klaar ontbyt geëet het, het Jesus vir Simon Petrus gevra: “Simon, seun van Johannes, is jy liewer vir my as vir hulle?” Hy het vir hom gesê: “Ja, Here, u weet dat ek lief is vir u.” Hy het vir hom gesê: “Voed my lammers.”+ 16 Hy het ’n tweede keer vir hom gevra: “Simon, seun van Johannes, het jy my lief?” Hy het vir hom gesê: “Ja, Here, u weet dat ek lief is vir u.” Hy het vir hom gesê: “Hou as herder toesig oor my skapies.”+ 17 Hy het ’n derde keer vir hom gevra: “Simon, seun van Johannes, is jy lief vir my?” Petrus het hartseer geword omdat hy hom ’n derde keer gevra het: “Is jy lief vir my?” Daarom het hy vir hom gesê: “Here, u weet alles. U weet dat ek lief is vir u.” Jesus het vir hom gesê: “Voed my skapies.+ 18 Ek sê vir jou: Toe jy jonger was, het jy jouself aangetrek en rondgeloop waar jy ook al wou. Maar wanneer jy oud word, sal jy jou hande uitsteek, en iemand anders sal jou aantrek en jou dra waarheen jy nie wil gaan nie.” 19 Hy het dit gesê om aan te dui deur watter soort dood hy God sou verheerlik. Nadat hy dit gesê het, het hy vir hom gesê: “Hou aan om my te volg.”+

20 Petrus het omgedraai en gesien dat die dissipel vir wie Jesus lief was,+ hulle volg. Dit was die dissipel wat by die aandmaal teen Jesus se bors teruggeleun het en gevra het: “Here, wie is die een wat u gaan verraai?” 21 Toe Petrus hom sien, het hy vir Jesus gevra: “Here, wat van hierdie man?” 22 Jesus het vir hom gesê: “As dit my wil vir hom is om te bly totdat ek kom, hoekom bekommer jy jou daaroor? Hou jy aan om my te volg.” 23 Toe het die storie onder die broers versprei dat hierdie dissipel nie sou sterf nie. Jesus het egter nie vir hom gesê dat hy nie sou sterf nie. Hy het eerder gesê: “As dit my wil vir hom is om te bly totdat ek kom, hoekom bekommer jy jou daaroor?”

24 Dit is die dissipel+ wat hierdie getuienis oor hierdie dinge gee en wat hierdie dinge geskryf het, en ons weet dat sy getuienis waar is.

25 Daar is in werklikheid ook baie ander dinge wat Jesus gedoen het. As dit ooit in volle besonderhede opgeteken sou word, dink ek dat die wêreld self nie die boekrolle wat geskryf is, sou kon bevat nie.+

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel