Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Romeine 15
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

Oorsig van Romeine

      • Verwelkom mekaar, soos Christus gedoen het (1-13)

      • Paulus, kneg van die nasies (14-21)

      • Paulus se reisplanne (22-33)

Romeine 15:1

Kruisverwysings

  • +Ro 14:1; 1Te 5:14
  • +1Kor 10:24

Indekse

  • Navorsingsgids

    Geniet die lewe vir ewig!, les 35

    Bly in God se liefde, bl. 22

    Die Wagtoring,

    2014/6/15, bl. 24

    2004/9/1, bl. 11-13

    2000/9/1, bl. 6-7

    1998/3/1, bl. 29

    ‘God se liefde’, bl. 20

Romeine 15:2

Kruisverwysings

  • +1Kor 9:22; Flp 2:4

Indekse

  • Navorsingsgids

    Geniet die lewe vir ewig!, les 52

    Die Wagtoring,

    2000/9/1, bl. 6-8

Romeine 15:3

Kruisverwysings

  • +Mr 10:45; Joh 5:30
  • +Ps 69:9

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2008/10/15, bl. 26-27

    2004/9/1, bl. 12-13

    2000/9/1, bl. 6-8

    Bedieningskool, bl. 133

Romeine 15:4

Kruisverwysings

  • +1Kor 10:11; 2Ti 3:16, 17; 2Pe 1:19
  • +Ro 5:3, 4
  • +Ps 119:49, 50; Heb 3:6; 1Pe 1:10

Indekse

  • Navorsingsgids

    Geniet die lewe vir ewig!, les 1

    Die Wagtoring (Studie-uitgawe),

    2017/7, bl. 14

    Die Wagtoring,

    2015/3/15, bl. 16

    2006/6/15, bl. 25

    2000/9/1, bl. 9

    1996/11/1, bl. 10-11

    1991/11/1, bl. 16

    1986/2/1, bl. 19-20

Romeine 15:5

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring (Studie-uitgawe),

    2016/4, bl. 10

    Die Wagtoring,

    2004/9/1, bl. 12-13

    2000/9/1, bl. 6-11

    1986/12/1, bl. 10-14

Romeine 15:6

Voetnote

  • *

    Lett. “mond”.

Kruisverwysings

  • +1Kor 1:10; 2Kor 13:11; Flp 2:2; 1Pe 3:8

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2004/9/1, bl. 8-13

Romeine 15:7

Voetnote

  • *

    Of “Aanvaar”.

Kruisverwysings

  • +Flm 10, 17
  • +Joh 6:37

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2009/11/15, bl. 21

    2008/6/15, bl. 31

    2000/8/15, bl. 28

Romeine 15:8

Kruisverwysings

  • +Mt 15:24; Joh 1:11
  • +Ge 22:16-18; Ps 89:3

Romeine 15:9

Kruisverwysings

  • +Ro 9:23, 24
  • +2Sa 22:50; Ps 18:49

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    1997/7/1, bl. 18-19

Romeine 15:10

Kruisverwysings

  • +De 32:43

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    1997/7/1, bl. 18-19

Romeine 15:11

Voetnote

  • *

    Sien Aanh. A5.

Kruisverwysings

  • +Ps 117:1

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    1997/7/1, bl. 18-19

Romeine 15:12

Kruisverwysings

  • +Op 5:5
  • +Ge 49:10
  • +Jes 11:1, 10; Mt 12:21

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2008/10/1, bl. 4-5

Romeine 15:13

Kruisverwysings

  • +Jes 40:31

Indekse

  • Navorsingsgids

    Verduidelikings van Bybelverse, bl. 23

    Die Wagtoring,

    2014/6/15, bl. 14

    2006/10/1, bl. 27

    1990/12/15, bl. 18

Romeine 15:14

Voetnote

  • *

    Of “onderrig”.

Romeine 15:16

Kruisverwysings

  • +Ro 11:13; Ga 2:7, 8
  • +Han 20:24

Indekse

  • Navorsingsgids

    Koninkryksbediening,

    2011/9, bl. 1

Romeine 15:19

Kruisverwysings

  • +Han 15:12; 2Kor 12:12
  • +Han 21:18, 19

Indekse

  • Navorsingsgids

    2010 Jaarboek, bl. 128

    Die Wagtoring,

    2005/10/15, bl. 16-17

Romeine 15:21

Kruisverwysings

  • +Jes 52:15

Romeine 15:23

Voetnote

  • *

    Of moontlik “’n paar jaar lank”.

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring (Studie-uitgawe),

    2020/11, bl. 17

    “Hele Skrif”, bl. 206-207

Romeine 15:24

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2014/3/1, bl. 12

Romeine 15:25

Kruisverwysings

  • +Han 19:21; 20:22

Romeine 15:26

Kruisverwysings

  • +1Kor 16:1; 2Kor 8:1-4; 9:2, 12

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    1986/10/15, bl. 14

Romeine 15:27

Kruisverwysings

  • +Ga 6:6; Heb 13:16

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    1989/12/1, bl. 24

Romeine 15:28

Voetnote

  • *

    Lett. “vrug”.

Indekse

  • Navorsingsgids

    Getuig, bl. 214

Romeine 15:30

Kruisverwysings

  • +2Kor 1:11; Ef 6:18; Kol 4:3; 1Te 5:25

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2002/9/15, bl. 4-5

    2001/3/15, bl. 31

Romeine 15:31

Kruisverwysings

  • +2Te 3:1, 2
  • +Ro 15:26

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2001/3/15, bl. 31

Romeine 15:33

Kruisverwysings

  • +1Kor 14:33; Flp 4:9

Parallelle vertalings

Kliek op ’n vers om parallelle Bybelverse te vertoon.

Algemeen

Rom. 15:1Ro 14:1; 1Te 5:14
Rom. 15:11Kor 10:24
Rom. 15:21Kor 9:22; Flp 2:4
Rom. 15:3Mr 10:45; Joh 5:30
Rom. 15:3Ps 69:9
Rom. 15:41Kor 10:11; 2Ti 3:16, 17; 2Pe 1:19
Rom. 15:4Ro 5:3, 4
Rom. 15:4Ps 119:49, 50; Heb 3:6; 1Pe 1:10
Rom. 15:61Kor 1:10; 2Kor 13:11; Flp 2:2; 1Pe 3:8
Rom. 15:7Flm 10, 17
Rom. 15:7Joh 6:37
Rom. 15:8Mt 15:24; Joh 1:11
Rom. 15:8Ge 22:16-18; Ps 89:3
Rom. 15:9Ro 9:23, 24
Rom. 15:92Sa 22:50; Ps 18:49
Rom. 15:10De 32:43
Rom. 15:11Ps 117:1
Rom. 15:12Op 5:5
Rom. 15:12Ge 49:10
Rom. 15:12Jes 11:1, 10; Mt 12:21
Rom. 15:13Jes 40:31
Rom. 15:16Ro 11:13; Ga 2:7, 8
Rom. 15:16Han 20:24
Rom. 15:19Han 15:12; 2Kor 12:12
Rom. 15:19Han 21:18, 19
Rom. 15:21Jes 52:15
Rom. 15:25Han 19:21; 20:22
Rom. 15:261Kor 16:1; 2Kor 8:1-4; 9:2, 12
Rom. 15:27Ga 6:6; Heb 13:16
Rom. 15:302Kor 1:11; Ef 6:18; Kol 4:3; 1Te 5:25
Rom. 15:312Te 3:1, 2
Rom. 15:31Ro 15:26
Rom. 15:331Kor 14:33; Flp 4:9
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
  • Lees in Nuwe Wêreld-vertaling (bi12-AF)
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
  • 6
  • 7
  • 8
  • 9
  • 10
  • 11
  • 12
  • 13
  • 14
  • 15
  • 16
  • 17
  • 18
  • 19
  • 20
  • 21
  • 22
  • 23
  • 24
  • 25
  • 26
  • 27
  • 28
  • 29
  • 30
  • 31
  • 32
  • 33
Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
Romeine 15:1-33

Aan die Romeine

15 Maar ons wat sterk is, behoort die swakhede te dra van dié wat nie sterk is nie,+ en ons moenie net aan onsself dink nie.+ 2 Laat elkeen van ons doen wat ons kan om ons naaste te bevoordeel sodat ons hom kan opbou.+ 3 Want selfs die Christus het nie sy eie voordeel gesoek nie,+ soos daar geskryf is: “Die beledigings van dié wat u beledig, het op my neergekom.”+ 4 Want alles wat vroeër geskryf is, is geskryf sodat ons daaruit kan leer,+ sodat ons deur ons volharding+ en deur die vertroosting uit die Skrif hoop kan hê.+ 5 Mag die God wat volharding en vertroosting gee, sorg dat julle almal dieselfde denkwyse en gesindheid het as wat Christus Jesus gehad het. 6 Dan sal julle die God en Vader van ons Here Jesus Christus in eenheid+ en met een stem* kan verheerlik.

7 Verwelkom* mekaar dus,+ net soos die Christus ons ook verwelkom het,+ sodat God verheerlik kan word. 8 Want ek sê vir julle dat Christus ’n dienaar geword het van dié wat besny is+ om te bewys dat God betroubaar is en om die beloftes te bevestig wat Hy aan hulle voorvaders gemaak het.+ 9 Dit was ook sodat die nasies God vir sy genade sou verheerlik.+ Net soos daar geskryf is: “Daarom sal ek u openlik onder die nasies prys, en ek sal liedere sing om u naam te loof.”+ 10 En hy sê ook: “Wees bly, o nasies, saam met sy volk.”+ 11 En ook: “Loof Jehovah,* alle nasies, en laat al die volke hom loof.”+ 12 En Jesaja sê ook: “Daar sal die wortel van Isai wees,+ die een wat kom om oor nasies te regeer.+ In hom sal nasies hulle hoop stel.”+ 13 Mag die God wat hoop gee, julle met alle vreugde en vrede vul omdat julle op hom vertrou, sodat julle hoop oorvloedig kan wees met die krag van die heilige gees.+

14 Ek is oortuig, my broers, dat julle ook vol goedheid en kennis is en dat julle mekaar kan raad gee.* 15 Maar oor sommige punte het ek baie reguit aan julle geskryf om julle weer daaraan te herinner. Ek het dit gedoen omdat God onverdiende goedheid aan my betoon het 16 sodat ek ’n openbare dienaar van Christus Jesus vir die nasies kan wees.+ Ek doen die heilige werk van die goeie nuus van God+ sodat hierdie nasies ’n aanvaarbare offer kan wees wat met heilige gees geheilig is.

17 Daarom het ek as ’n volgeling van Christus Jesus rede om bly te wees oor my diens aan God. 18 Want ek sal dit nie waag om oor enigiets te praat behalwe oor wat Christus deur my gedoen het sodat die nasies hom kan gehoorsaam nie. Hy het dit gedoen deur my woorde en my dade, 19 met die krag van tekens en wonderwerke+ en met die krag van God se gees. Dit was sodat ek die goeie nuus oor die Christus deeglik kon verkondig+ van Jerusalem af en in ’n kring tot by Illiʹrikum. 20 Op hierdie manier het ek dit my doel gemaak om nie die goeie nuus bekend te maak waar die naam van Christus reeds bekend gemaak is nie, sodat ek nie op iemand anders se fondament bou nie. 21 Want daar is geskryf: “Dié aan wie niks oor hom verkondig is nie, sal sien, en dié wat nie gehoor het nie, sal verstaan.”+

22 Dit is ook hoekom ek dit nie reggekry het om na julle toe te kom nie, al wou ek dit baie keer doen. 23 Maar nou het ek oral in hierdie streke gepreek, en ek wil al baie jare lank* na julle toe kom. 24 Daarom hoop ek om julle te sien wanneer ek na Spanje reis. Ek sal graag julle geselskap ’n ruk lank wil geniet, en ek hoop dat julle daarna ’n ent saam met my sal gaan. 25 Maar nou staan ek op die punt om na Jerusalem te reis om die heiliges te gaan help.+ 26 Want dié in Masedoʹnië en Agaʹje was gretig om hulle goed te deel deur ’n bydrae aan die armes onder die heiliges in Jerusalem te gee.+ 27 Hulle het dit uit die hart gedoen, maar eintlik was hulle by die heiliges in die skuld. Want die heiliges het die dinge wat hulle van God ontvang het, met die nasies gedeel, en daarom is dit ook net reg dat die nasies hulle nou met hulle materiële dinge help.+ 28 Wanneer ek dan hiermee klaar is en hierdie bydrae* veilig by hulle afgelewer het, sal ek eers na julle toe kom voordat ek Spanje toe gaan. 29 En ek weet dat wanneer ek na julle toe kom, ek met die ryke seën van Christus sal kom.

30 Ek spoor julle dan nou aan, broers, deur ons Here Jesus Christus en deur die liefde van die gees, om saam met my intens tot God te bid vir my.+ 31 Bid dat ek van die ongelowiges in Judeʹa gered sal word+ en dat die heiliges in Jerusalem my hulp gretig sal aanvaar.+ 32 Dan kan ek deur God se wil met vreugde na julle toe kom en saam met julle opgebou word. 33 Mag die God wat vrede gee, met julle almal wees.+ Amen.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel