Josua
13 Josua was al baie oud.+ Toe het Jehovah vir hom gesê: “Jy is nou al baie oud, maar ’n groot deel van die land moet nog in besit geneem* word. 2 Dít is die gebied wat nog oorbly:+ al die gebiede van die Filistyne en van die Gesuriete+ 3 (van die tak van die Nyl* af wat oos van* Egipte is tot by die grens van Ekron in die noorde, wat voorheen as Kanaänitiese gebied beskou is),+ insluitende die gebied van die vyf leiers van die Filistyne+ – die Gasiete, die Asdodiete,+ die Askeloniete,+ die Gittiete+ en die Ekroniete+ – en die gebied van die Awwiete+ 4 in die suide, die hele land van die Kanaäniete, Meʹara, wat aan die Sidoniërs+ behoort, tot by Afek, tot by die grens van die Amoriete, 5 die land van die Gebaliete+ en die hele Liʹbanon in die ooste, vanaf Baäl-Gad aan die voet van die berg Hermon tot by Lebo-Hamat,*+ 6 al die inwoners van die bergstreek, van die Liʹbanon+ af tot by Misʹrefot-Maʹim,+ en al die Sidoniërs.+ Ek sal hulle voor die Israeliete uit verdryf.+ Jy moet dit net aan Israel as ’n erfdeel toewys, net soos ek jou beveel het.+ 7 Jy moet hierdie land as ’n erfdeel verdeel onder die nege stamme en die halwe stam van Manasʹse.”+
8 Die Rubeniete en die Gadiete het hulle erfdeel saam met die ander halwe stam van Manasʹse ontvang. Dit was die erfdeel wat Moses vir hulle aan die oostekant van die Jordaanrivier gegee het, net soos Moses, die kneg van Jehovah, aan hulle toegewys het:+ 9 van Aʹroër+ af, aan die oewer van die Arnon-vallei,*+ en die stad wat in die middel van die vallei is, en die hele plato* van Medeʹba tot by Dibon, 10 en al die stede van koning Sihon van die Amoriete, wat in Hesbon regeer het, tot by die grens van die Ammoniete.+ 11 Dit het ook Giʹlead ingesluit, sowel as die gebied van die Gesuriete en die Maägatiete+ en die hele berg Hermon en die hele Basan+ tot by Salka,+ 12 asook die hele koninkryk van Og in Basan, wat in Asʹtarot en in Edreʹï regeer het. (Og was een van die laaste Refaïete.)+ Moses het hulle verslaan en hulle verdryf.+ 13 Maar die Israeliete het nie die Gesuriete en die Maägatiete verdryf nie.+ Die bevolking van Gesur en Maʹägat woon vandag nog in die gebied van Israel.
14 Dit was net die stam van die Leviete wat nie ’n erfdeel by hom ontvang het nie.+ Die vuuroffers van Jehovah, die God van Israel, is hulle erfdeel,+ net soos hy hulle belowe het.+
15 Toe het Moses ’n erfdeel aan elke familie van die stam van die Rubeniete gegee, 16 en hulle het die gebied ontvang van Aʹroër af, wat aan die oewer van die Arnon-vallei* is, en die stad in die middel van die vallei en die hele plato by Medeʹba, 17 sowel as Hesbon en al sy stede+ op die plato, Dibon, Bamot-Baäl, Bet-Baäl-Meon,+ 18 Jahas,+ Kedeʹmot,+ Mefaʹät,+ 19 Kirjataʹim, Sibma+ en Seret-Sahar op die berg van die vallei, 20 Bet-Peor, die hange van Pisga,+ Bet-Jeʹsimot,+ 21 al die stede van die plato en die hele koninkryk van koning Sihon van die Amoriete, wat in Hesbon+ regeer het. Moses het hom verslaan,+ sowel as die Midianitiese hoofmanne Ewi, Rekem, Sur, Hur en Reba,+ konings wat aan Sihon onderworpe was en in die land gewoon het. 22 Biʹleam,+ die waarsêer,+ die seun van Beor, was een van dié wat deur die Israeliete met die swaard doodgemaak is. 23 Die grens van die Rubeniete was die Jordaanrivier, en hierdie gebied was die erfdeel van die families van die Rubeniete, met die stede en die omliggende dorpies.
24 Verder het Moses ’n erfdeel aan die stam van Gad gegee, aan elke familie van die Gadiete, 25 en hulle gebied het Jaser+ en al die stede van Giʹlead ingesluit, sowel as die helfte van die land van die Ammoniete+ tot by Aʹroër, wat oorkant Rabba+ is. 26 Dit het ook die gebied van Hesbon+ tot by Ramat-Mispe en Beʹtonim ingesluit, en van Mahanaʹim+ tot by die grens van Debir, 27 en Bet-Haram, Bet-Nimra,+ Sukkot+ en Safon, wat in die vallei is, die res van die koninkryk van koning Sihon van Hesbon,+ naamlik die oostekant van die Jordaanrivier tot aan die Kinneʹret-see.*+ 28 Dit was die erfdeel van die families van die Gadiete, met die stede en die omliggende dorpies.
29 Moses het ook ’n erfdeel aan elke familie van die halwe stam van Manasʹse gegee.+ 30 Hulle gebied het gestrek van Mahanaʹim+ af en het die hele Basan ingesluit, die hele koninkryk van koning Og van Basan, en al die tentdorpe van Jaïr+ in Basan, 60 plekke. 31 En die helfte van Giʹlead, sowel as Asʹtarot en Edreʹï,+ die stede van die koninkryk van Og in Basan, is gegee aan die kinders van Magir,+ die seun van Manasʹse, aan die helfte van die kinders van Magir, volgens hulle families.
32 Dit is die erfdele wat Moses aan hulle gegee het in die woestynvlaktes van Moab, aan die ander kant van die Jordaanrivier, oos van Jeʹrigo.+
33 Maar Moses het nie aan die stam van die Leviete ’n erfdeel gegee nie.+ Jehovah, die God van Israel, is hulle erfdeel, net soos hy hulle belowe het.+