Josua
19 Die tweede lot+ was vir Siʹmeon, vir die families van die stam van Siʹmeon.+ Hulle erfdeel was binne-in die erfdeel van Juda.+ 2 Hulle erfdeel was: Berseʹba+ met Seba, Moʹlada,+ 3 Hasar-Sual,+ Bala, Esem,+ 4 Elʹtolad,+ Betul, Horma, 5 Siklag,+ Bet-Markaʹbot, Hasar-Susa, 6 Bet-Lebaʹot+ en Saruʹhen – 13 stede en die omliggende dorpies. 7 Daar was ook Ajin, Rimmon, Eter en Asan+ – vier stede en die omliggende dorpies – 8 en al die dorpies om hierdie stede tot by Baʹälat-Beʹër (Rama van die suide). Dit was die erfdeel van die families van die stam van Siʹmeon. 9 Die erfdeel van die nakomelinge van Siʹmeon is uit Juda se toegewese deel geneem, want Juda se deel was te groot vir hulle. Daarom het die nakomelinge van Siʹmeon ’n besitting binne-in hulle erfdeel ontvang.+
10 Die derde lot+ was vir die families van die stam van Seʹbulon,+ en die grens van hulle erfdeel het tot by Sarid gestrek. 11 Hulle grens het weswaarts na Maʹreal opgegaan en gestrek tot by Dabbeʹset, en daarna het dit gegaan tot by die vallei* voor Jokʹneam. 12 En dit het van Sarid af ooswaarts gegaan in die rigting van die sonsopkoms, na die grens van Kislot-Tabor en na Daʹberat+ en toe na Jaʹfia. 13 En van daar af het dit ooswaarts geloop in die rigting van die sonsopkoms na Gat-Hefer,+ na Et-Kasin, na Rimmon en verder na Nea. 14 En die grens het met ’n draai noordwaarts gegaan na Hannaʹton, en dit het by die Vallei van Jiftag-El geëindig. 15 Daar was ook Kattat, Naʹhalal, Simron,+ Jiʹdala en Betlehem+ – 12 stede en die omliggende dorpies. 16 Dit was die erfdeel van die families van die stam van Seʹbulon,+ die stede en die omliggende dorpies.
17 Die vierde lot+ was vir Isʹsaskar,+ vir die families van die stam van Isʹsaskar. 18 En hulle grens was tot by Jisʹreël,+ Kesulʹlot, Sunem,+ 19 Hafaraʹim, Sjion, Anahaʹrat, 20 Rabbit, Kisjon, Ebes, 21 Remet, En-Gannim,+ En-Hadda en Bet-Passes. 22 En die grens het tot by Tabor+ en Sahasuʹma en Bet-Semes gestrek, en hulle grens het by die Jordaanrivier geëindig – 16 stede en die omliggende dorpies. 23 Dit was die erfdeel van die families van die stam van Isʹsaskar,+ die stede en die omliggende dorpies.
24 Die vyfde lot+ was vir die families van die stam van Aser.+ 25 En hulle grens was: Helkat,+ Hali, Beten, Agsaf, 26 Allammeʹleg, Amad en Misal. En dit het weswaarts tot by die berg Karmel+ en tot by Sihor-Libnat gestrek 27 en ooswaarts teruggegaan na Bet-Dagon en toe na Seʹbulon en die Vallei van Jiftag-El in die noorde. Toe het dit na Bet-Emek en Neïel geloop, en dit het tot by Kabul aan die linkerkant gestrek, 28 en na Ebron, Rehob, Hammon, Kana en tot by Groot-Sidon.+ 29 Die grens het teruggegaan na Rama en tot by die versterkte stad Tirus.+ Toe het die grens teruggegaan na Hosa, en dit het geëindig by die see in die streek van Agsib, 30 Umma, Afek+ en Rehob+ – 22 stede en die omliggende dorpies. 31 Dit was die erfdeel van die stam van Aser volgens hulle families,+ die stede en die omliggende dorpies.
32 Die sesde lot+ was vir die nakomelinge van Nafʹtali, vir die families van die stam van Nafʹtali. 33 Hulle grens het geloop van Helef, van die groot boom in Saänanʹnim+ af, deur Adaʹmi-Neʹkeb en Jabʹneël tot by Lakkum, en dit het geëindig by die Jordaanrivier. 34 Die grens het weswaarts na Asnot-Tabor teruggegaan en het daarvandaan gestrek na Hukkok tot by Seʹbulon in die suide en tot by Aser in die weste en tot by Juda by die Jordaanrivier in die ooste. 35 En die versterkte stede was: Tsiddim, Ser, Hammat,+ Rakkat, Kinneʹret, 36 Adaʹma, Rama, Hasor,+ 37 Kedes,+ Edreʹï, En-Hasor, 38 Jiron, Migdal-El, Horem, Bet-Anat en Bet-Semes+ – 19 stede en die omliggende dorpies. 39 Dit was die erfdeel van die families van die stam van Nafʹtali,+ die stede en die omliggende dorpies.
40 Die sewende lot+ was vir die families van die stam van Dan.+ 41 En die grens van hulle erfdeel was: Sora,+ Estaʹol, Ir-Semes, 42 Saälabʹbin,+ Aʹjalon,+ Jitla, 43 Elon, Timna,+ Ekron,+ 44 Elʹteke, Gibʹbeton,+ Baʹälat, 45 Jehud, Beneʹ-Berak, Gat-Rimmon,+ 46 Meʹ-Jarkon en Rakkon, en die grens het voor Joppe+ geloop. 47 Maar die gebied van Dan was te klein vir hulle.+ Daarom het hulle gegaan en teen Lesem+ geveg en dit ingeneem en die inwoners daarvan met die swaard doodgemaak. Toe het hulle dit in besit geneem en daarin gaan woon, en hulle het die naam van Lesem na Dan verander, na die naam van hulle voorvader Dan.+ 48 Dit was die erfdeel van die stam van Dan volgens hulle families, die stede en die omliggende dorpies.
49 So het hulle die land volgens die gebiede as ’n erfenis verdeel. Toe het die Israeliete ook ’n erfdeel aan Josua, die seun van Nun, gegee. 50 Op Jehovah se bevel het hulle vir hom die stad gegee waarvoor hy gevra het, naamlik Timnat-Serag,+ in die bergstreek van Eʹfraim, en hy het die stad opgebou en daarin gaan woon.
51 Dit was die erfdele wat die priester Eleaʹsar, Josua, die seun van Nun, en die hoofde van die vaderhuise van die stamme van Israel in Silo+ voor Jehovah, by die ingang van die tent van samekoms,+ deur middel van die lot verdeel het.+ So het hulle die verdeling van die land voltooi.