Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Openbaring 18
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

Oorsig van Openbaring

      • Val van “Babilon die Grote” (1-8)

        • “Gaan uit haar uit, my volk” (4)

      • Getreur oor Babilon se val (9-19)

      • Vreugde in die hemel oor Babilon se val (20)

      • Babilon sal neergegooi word, soos ’n klip in die see (21-24)

Openbaring 18:2

Voetnote

  • *

    Of moontlik “asem; geïnspireerde stelling”.

Kantlynverwysings

  • +Jes 21:9; Jer 51:8; Op 14:8
  • +Jes 13:21; Jer 50:39

Openbaring 18:3

Voetnote

  • *

    Of “woede”.

  • *

    Grieks: por·neiʹa. Sien Woordelys.

  • *

    Of “reisende koopmanne”.

Kantlynverwysings

  • +Jer 51:7
  • +Op 17:1, 2

Openbaring 18:4

Kantlynverwysings

  • +Jes 48:20; 52:11; Jer 50:8
  • +Jer 51:6, 45; 2Kor 6:17

Indekse

  • Navorsingsgids

    God se Koninkryk, bl. 16-17

    Die Wagtoring,

    2006/3/15, bl. 28-29

    2005/10/1, bl. 24

Openbaring 18:5

Voetnote

  • *

    Of “haar misdade”.

Kantlynverwysings

  • +Jer 51:9
  • +Op 16:19

Openbaring 18:6

Kantlynverwysings

  • +Jer 50:29; 2Te 1:6
  • +Ps 137:8; Jer 50:15
  • +Ps 75:8
  • +Op 16:19

Openbaring 18:7

Kantlynverwysings

  • +Jes 47:7-9

Indekse

  • Navorsingsgids

    Jesaja se profesie II, bl. 119

Openbaring 18:8

Voetnote

  • *

    Sien Aanh. A5.

Kantlynverwysings

  • +Le 21:9
  • +Jer 50:34

Indekse

  • Navorsingsgids

    Jesaja se profesie II, bl. 119

Openbaring 18:9

Voetnote

  • *

    Sien Woordelys.

  • *

    Of “hulleself in droefheid oor haar slaan”.

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2009/2/15, bl. 4-5

Openbaring 18:10

Kantlynverwysings

  • +Da 4:30

Openbaring 18:12

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2009/1/1, bl. 23

Openbaring 18:13

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2009/1/1, bl. 23

Openbaring 18:16

Kantlynverwysings

  • +Op 17:4

Openbaring 18:19

Kantlynverwysings

  • +Jes 47:11

Openbaring 18:20

Kantlynverwysings

  • +Jer 51:48
  • +Op 14:12
  • +De 32:43; Ro 12:19; Op 6:9, 10; 19:1, 2

Openbaring 18:21

Kantlynverwysings

  • +Jer 51:63, 64

Openbaring 18:23

Kantlynverwysings

  • +Jes 47:9; Ga 5:19, 20

Openbaring 18:24

Kantlynverwysings

  • +Op 6:9, 10; 16:5, 6
  • +Ge 9:6; Jer 51:49

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2006/3/15, bl. 28

Parallelle vertalings

Klik op ’n vers om parallelle Bybelverse te vertoon.

Algemeen

Op. 18:2Jes 21:9; Jer 51:8; Op 14:8
Op. 18:2Jes 13:21; Jer 50:39
Op. 18:3Jer 51:7
Op. 18:3Op 17:1, 2
Op. 18:4Jes 48:20; 52:11; Jer 50:8
Op. 18:4Jer 51:6, 45; 2Kor 6:17
Op. 18:5Jer 51:9
Op. 18:5Op 16:19
Op. 18:6Jer 50:29; 2Te 1:6
Op. 18:6Ps 137:8; Jer 50:15
Op. 18:6Ps 75:8
Op. 18:6Op 16:19
Op. 18:7Jes 47:7-9
Op. 18:8Le 21:9
Op. 18:8Jer 50:34
Op. 18:10Da 4:30
Op. 18:16Op 17:4
Op. 18:19Jes 47:11
Op. 18:20Jer 51:48
Op. 18:20Op 14:12
Op. 18:20De 32:43; Ro 12:19; Op 6:9, 10; 19:1, 2
Op. 18:21Jer 51:63, 64
Op. 18:23Jes 47:9; Ga 5:19, 20
Op. 18:24Op 6:9, 10; 16:5, 6
Op. 18:24Ge 9:6; Jer 51:49
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
  • Lees in Nuwe Wêreld-vertaling (bi12-AF)
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
  • 6
  • 7
  • 8
  • 9
  • 10
  • 11
  • 12
  • 13
  • 14
  • 15
  • 16
  • 17
  • 18
  • 19
  • 20
  • 21
  • 22
  • 23
  • 24
Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
Openbaring 18:1-24

’n Openbaring aan Johannes

18 Hierna het ek ’n ander engel uit die hemel sien neerdaal met groot gesag, en die aarde is deur sy heerlikheid verlig. 2 En hy het met ’n sterk stem uitgeroep en gesê: “Sy het geval! Babilon die Grote het geval,+ en sy het ’n woonplek van demone geword en ’n skuilplek vir elke onrein gees* en elke onrein en haatlike voël!+ 3 Want weens die wyn van die passie* van haar seksuele onsedelikheid* het al die nasies slagoffers geword,+ en die konings van die aarde het seksuele onsedelikheid met haar gepleeg,+ en die handelaars* van die aarde het ryk geword as gevolg van die mag van haar skaamtelose weelde.”

4 En ek het ’n ander stem uit die hemel hoor sê: “Gaan uit haar uit, my volk,+ as julle nie met haar in haar sondes wil deel nie en as julle nie deel van haar plae wil ontvang nie.+ 5 Want haar sondes het so hoog soos die hemel opgehoop,+ en God het haar dade van ongeregtigheid* onthou.+ 6 Betaal haar terug op die manier waarop sy ander behandel het,+ ja, betaal haar twee keer soveel terug vir wat sy gedoen het.+ Meng vir haar twee keer soveel van die mengsel in die beker+ waarin sy ’n mengsel gemaak het.+ 7 Laat haar net soveel pyn en droefheid hê as die eer wat sy aan haarself gegee het en die skaamtelose weelde wat sy gehad het. Want in haar hart bly sy sê: ‘Ek sit as koningin, en ek is nie ’n weduwee nie, en ek sal nooit treur nie.’+ 8 Daarom sal haar plae in een dag kom: dood en getreur en hongersnood, en sy sal heeltemal met vuur verbrand word,+ want Jehovah* God, wat haar geoordeel het, is sterk.+

9 “En die konings van die aarde wat seksuele onsedelikheid* met haar gepleeg het en saam met haar in skaamtelose weelde gelewe het, sal huil en oor haar treur* wanneer hulle die rook sien terwyl sy verbrand word. 10 Omdat hulle bang is dat hulle soos sy gepynig sal word, sal hulle op ’n afstand staan en sê: ‘Hoe jammer, hoe jammer, o groot stad,+ Babilon, die sterk stad, want in een uur het jou oordeel gekom!’

11 “Die handelaars van die aarde huil en treur ook oor haar, omdat daar nie meer iemand is om al hulle goedere te koop nie. 12 Niemand koop hulle goud, silwer, edelstene, pêrels, fyn linne, pers materiaal, sy en helderrooi materiaal nie. Niemand koop enigiets wat gemaak is van hout wat lekker ruik, ivoor, kosbare hout, koper, yster of marmer nie. 13 Ja, niemand koop hulle kaneel, Indiese speserye, reukwerk, lekkerruik-olie, wierook, wyn, olyfolie, fynmeel, koring, beeste, skape, perde, koetse, slawe of menselewens nie. 14 Ja, die goeie vrugte wat jy begeer het, is weg, en al die lekkernye en skitterende dinge het verlore gegaan en sal nooit weer gevind word nie.

15 “Die handelaars wat hierdie dinge verkoop het, wat ryk geword het as gevolg van haar, sal op ’n afstand staan omdat hulle bang is dat hulle soos sy gepynig sal word, en hulle sal huil en treur 16 en sê: ‘Hoe jammer, hoe jammer, die groot stad, wat klere van fyn linne en pers en helderrooi materiaal aangehad het en wat ryklik versier was met goue versierings, edelstene en pêrels,+ 17 want in een uur het hierdie groot rykdom verdwyn!’

“En elke skeepskaptein en elkeen wat op die see vaar, en matrose en almal wat ’n bestaan uit die see maak, het op ’n afstand gestaan 18 en uitgeroep toe hulle die rook sien terwyl sy verbrand word, en hulle het gesê: ‘Watter stad is soos die groot stad?’ 19 Hulle het stof op hulle koppe gegooi en met ’n gehuil en ’n getreur uitgeroep en gesê: ‘Hoe jammer, hoe jammer, die groot stad, waarin almal wat skepe op see het, ryk geword het weens haar rykdom, want in een uur is sy verwoes!’+

20 “Wees bly oor haar, o hemel,+ ook julle, heiliges+ en apostels en profete, want God het sy oordeel oor haar uitgespreek vir die dinge wat sy aan julle gedoen het!”+

21 En ’n sterk engel het ’n klip soos ’n groot meulsteen opgetel en dit in die see gegooi en gesê: “So sal Babilon, die groot stad, met ’n vinnige beweging neergegooi word, en sy sal nooit weer gevind word nie.+ 22 En die geluid van sangers wat hulleself op die harp begelei, en die geluid van musikante, fluitspelers en trompetblasers sal nooit weer in jou gehoor word nie. Geen soort ambagsman sal ooit weer in jou gevind word nie, en geen geluid van ’n meulsteen sal ooit weer in jou gehoor word nie. 23 Geen lig van ’n lamp sal ooit weer in jou skyn nie, en geen stem van ’n bruidegom en van ’n bruid sal ooit weer in jou gehoor word nie, want jou handelaars was die belangrikste mense van die aarde, en al die nasies is deur jou spiritistiese gebruike+ mislei. 24 Ja, in haar is die bloed van profete en van heiliges gevind,+ en van almal wat op die aarde doodgemaak is.”+

Afrikaanse publikasies (1975-2021)
Teken af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2021 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel