28“En wat jou betref, laat jou broer Aäron en sy seuns saam met hom uit die midde van die kinders van Israel nader kom na jou toe, sodat hy my as priester kan dien:+ Aäron,+ Nadab en Abiʹhu,+ Eleaʹsar en Iʹtamar,+ die seuns van Aäron.
43 En Aäron en sy seuns moet dit aanhê wanneer hulle in die tent van samekoms ingaan of wanneer hulle nader gaan na die altaar om in die heiligdom te dien, sodat hulle hulle aan geen oortreding skuldig maak en beslis sterf nie. Dit is ’n insetting tot onbepaalde tyd vir hom en sy nageslag ná hom.+
15 En jy moet hulle salf net soos jy hulle vader gesalf het,+ en so moet hulle my as priesters dien, en hulle salwing sal voortdurend vir hulle dien as ’n priesterskap tot onbepaalde tyd in hulle geslagte.”+