5 Hy het hom toe na buite gebring en gesê: “Kyk asseblief op na die hemel en tel die sterre, as jy hulle enigsins kan tel.”+ En hy het verder vir hom gesê: “So sal jou saad word.”+
3 En hy het gesê: “Ek is die ware God,+ die God van jou vader.+ Moenie bang wees om na Egipte af te trek nie, want ek sal jou daar ’n groot nasie maak.+
7 En die kinders van Israel het vrugbaar geword en die land het van hulle begin wemel; en hulle het bly vermeerder en buitengewoon vinnig magtiger geword, sodat die land vol van hulle geword het.+
26 Die halfsikkel vir ’n persoon was die helfte van ’n sikkel volgens die sikkel van die heiligdom, vir elke man wat na die geregistreerdes oorgegaan het, van twintig jaar en ouer,+ altesaam seshonderd-en-drieduisend-vyfhonderd-en-vyftig.+
32 Dit was die geregistreerdes van die kinders van Israel volgens die huis van hulle vaders; al die geregistreerdes van die kampe volgens hulle leërs was seshonderd-en-drieduisend-vyfhonderd-en-vyftig.+
21 Toe het Moses gesê: “Die volk onder wie ek is, is seshonderdduisend man+ te voet, en tog het u, ja u, gesê: ‘Vleis sal ek vir hulle gee, en hulle sal beslis ’n hele maand lank eet’!