14 Maar in reaksie hierop het die presiderende beampte van die sinagoge, wat verontwaardig was omdat Jesus die genesing op die sabbat verrig het, vir die skare begin sê: “Daar is ses dae waarop werk gedoen behoort te word;+ kom dan daarop om genees te word, en nie op die sabbatdag nie.”+