22 “‘En julle moet al my insettinge+ en al my regterlike beslissings+ onderhou en dit nakom, sodat die land waarheen ek julle bring om daarin te woon, julle nie uitbraak nie.+
4“Luister dan nou, o Israel, na die voorskrifte en die regterlike beslissings wat ek julle leer om na te kom, sodat julle kan lewe+ en inderdaad kan ingaan en die land in besit kan neem wat Jehovah, die God van julle voorvaders, aan julle gee.
40 En jy moet sy voorskrifte+ en sy gebooie onderhou wat ek jou vandag beveel, sodat dit met jou en jou kinders ná jou goed mag gaan,+ en sodat jy jou dae mag verleng in die land wat Jehovah jou God aan jou gee,+ vir altyd.”
12 Almal wat byvoorbeeld sonder wet gesondig het, sal ook sonder wet vergaan;+ maar almal wat onder die wet gesondig het,+ sal deur die wet geoordeel word.+