5 Hy het hom toe na buite gebring en gesê: “Kyk asseblief op na die hemel en tel die sterre, as jy hulle enigsins kan tel.”+ En hy het verder vir hom gesê: “So sal jou saad word.”+
26 Die halfsikkel vir ’n persoon was die helfte van ’n sikkel volgens die sikkel van die heiligdom, vir elke man wat na die geregistreerdes oorgegaan het, van twintig jaar en ouer,+ altesaam seshonderd-en-drieduisend-vyfhonderd-en-vyftig.+
21 Toe het Moses gesê: “Die volk onder wie ek is, is seshonderdduisend man+ te voet, en tog het u, ja u, gesê: ‘Vleis sal ek vir hulle gee, en hulle sal beslis ’n hele maand lank eet’!
29 In hierdie wildernis sal julle lyke val,+ ja, al julle geregistreerdes van julle volle getal, van twintig jaar en ouer, julle wat teen my gemurmureer het.+